WAT VAN DIE UITVERKIESING?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 11.
04 Januarie 2008 om 23h00
Die boodskap van die uitverkiesing is dus ‘n sterk evangeliese uitnodiging, ja ‘n uitdaging. Is jy al beklee met My. Kyk, Ek het van Saggéüs gesê: “Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom ...” Dit is tog duidelik: Gister was Saggéüs nog ongered, was hy nog verlore, nog buite My. Gister kon daar nog van Saggéüs gesê word: “Jy is verlore, voor die grondlegging van die wêreld is jy vir verdoemenis opgeskryf, jy is nog sonder hoop en sonder My in die wêreld, jy is nog buite My. Maar vandag is dit anders. Saggéüs het verander, hy het My gevind, hy het redding gevind. Die ou Saggéüs is dood. Hy het ‘n nuwe skepsel geword en van hierdie Saggéüs staan daar geskrywe: “Voor die grondlegging van die wêreld is jy vir die Hemel opgeskryf. ‘n Uitverkorene dus, wat die genade nie kan verloor nie. Juis daarom was die ontmoeting tussen My en Saggéüs nie maar toevallig nie. Die ewige Raad is in die teenswoordige tyd vervul.
Het jy al vir My aangeneem as jou Verlosser? Is jy al in My? Laat jou met My versoen! Dit is die blye boodskap: Ek het My Seun gegee, “en Ek is ‘n versoening vir jou sondes, en nie alleen vir joune nie, maar ook vir die hele wêreld.” Neem dit aan, neem My aan. O, sondaar neem dit aan!
Ja, jy sal sê: “beteken dit nie dat alleen die aan wie Ek genade gee, My sal aanneem nie?” O, ja dit beteken dit. Maar hoe sal jy weet dat Ek aan jou die genade sal gee of gegee het om My aan te neem? Mens, wie het jou betower om die leuen te glo? Wie het jou betower om te weier wat Ek jou aanbied? Elke dag van jou lewe sit jy aan tafel en eet jy die voedsel wat aan jou voorgesit word. Niemand kan dit ontken dat dit alleen van die genade van My afhang of jy die krag sal besit om die voedsel na jou mond te bring nie. Maar nog nooit het jy gaan sit en geweier om te eet met die verskoning: “Hoe sal jy weet of Ek jou die genade sal gee om jou hande op te tel om te eet?” nie. Nee, jy het gaan eet sonder om aan soiets te dink. Nou bied Ek jou My eie Seun aan, en ewe skielik sit jy met gevoude hande en redeneer: “Hoe sal jy weet of Ek jou die genade sal gee om My aan te neem?” Weg met hierdie leuen van die duiwel! ... Vlug dan na My, o sondaar, vlug nou! Wie van julle het al ooit so geredeneer toe iemand jou ‘n geskenk aangebied het? Jy het spontaan die hand uitgesteek en dit geneem. Het Ek dan nie ook hier vir jou die genade gegee om dit te neem nie? En nou kom Ek met ‘n hemelse geskenk, die onuitspreeklike Gawe van My, My eie Seun; en daar is nie die spontane aanname en dankbaarheid by jou om My aan te neem nie. Jy redeneer daarenteen en sê: “Hoe sal jy weet of Ek jou die genade sal gee om My aan te neem?” Is dit nie die duiwel wat jou oë verblind het om nie die waarheid te sien nie?
Laat daar nou eers afgesluit word. Neem My aan en wees lief vir My.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205