WAT VAN DIE UITVERKIESING?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 12.
06 Januarie 2008 om 03h00
Ek herhaal: “Die uitverkiesing roep die mens tot definitiewe beslissing.” Neem My aan! Om hierdie rede het niemand, wat nog nie tot bekering gekom het nie, die reg om hom op die uitverkiesende genade van My te beroep asof dit reeds sy eiendom is nie.
Hierdie voorafgaande woord bring sy probleme, want die Skrif is elders baie duidelik wat hierdie punt betref: “Want dit is goed en aangenaam voor My, julle Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word, en tot kennis van die waarheid kom.” Die woorde wat hier gebruik word, kan tog niemand uitsluit nie. Ook word dit op ‘n ander plek in die Skrifte so gestel asof die mense tog My wil kan weerstaan. Hoe dikwels wou Ek My kinders bymekaar maak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaar maak en julle wou nie. Die woorde: “Ek wou”, en dan weer: “Julle wou nie”, spreek vir sigself.
Julle wil vir My sê met alle erns tot beskikking: Die van julle wat My nog nie as jou Verlosser aangeneem het nie; maar die van julle wat My reeds gekies het as jou Verlosser en Vader, vir julle wil Ek die blye boodskap bring van My uitverkiesende liefde. Salig is die wat in My sterwe. Sekerlik, julle sal tel onder die uitverkorenes van My, julle sal die kroon van die lewe ontvang, want niks sal julle skei van My liefde nie.
My woorde is waar en gewis, ja, dink daaroor; My woorde is waar!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205