WAT VAN DIE UITVERKIESING?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 13.
07 Januarie 2008 om 22h00
Soos Ek julle in My uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor My in liefde te wees, deurdat Ek julle voorbeskik het om julle as My kinders vir Myself aan te neem deur die Messias, na die welbehae van My wil, tot lof van die heerlikheid van My genade waarmee Ek julle begenadig het in My, julle Geliefde. Waar Ek ook gesê het: “En Ek gee julle die ewige lewe, en julle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal julle uit My hand ruk nie.” Julle sekerheid is gegrond op My Woord. Ek het gespreek en dit is so. Julle sal nie vrees nie, maar vertrou.
Niemand sal my ooit kan verwyt voordat jy die aanbod van My aanvaar het nie. Niemand wat nou hier lees sal eendag die verskoning kan hê dat jy nie geweet het nie. Kyk, hoe dringend kom My uitnodiging nie tot julle nie. O, almal wat dors het, kom na die waters en wie geen geld het nie, kom! koop en eet; ja kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk ... Neig julle oor en kom na My toe, luister en julle siel sal lewe.
Hoe dit egter ookal sy: Die verkondiging van die evangelie, en die oproep tot bekering, die verduideliking van die weg tot saligheid, die persoonlike beslissing, die boodskapper, alles is ingesluit in die groot en wonderlike plan van My. En dit is vandag My heerlike taak om jou toe te roep: Ek het jou uitverkies in My voor die grondlegging van die wêreld! Neem My aan! Ja, versoen jou met My! Ek skenk jou My genade; Ek sterk jou daartoe.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205