WAT VAN DIE UITVERKIESING?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

 

Hoofstuk 14

09 Januarie 2008 om 22h00

Kyk, Ek sê: “My genade en liefde sal in oorvloed op My uitverkorenes neerdaal. Jy moet My, Elohim, met alles en jou hele lewe vertrou. Wanneer julle, julle geheel en al aan My oorgee, ontdek julle Ek is nie ‘n tiran nie, maar ‘n verlosser; Ek is nie ‘n baas nie, maar ‘n Vader; nie ‘n diktator nie, maar ‘n vriend. ‘n Oorgawe aan My is geen passiewe gelatenheid, fatalisme of ‘n verskoning vir luiheid nie. Dit beteken juis die teenoorgestelde: Jy offer jou lewe op, of ly om te verander wat verander moet word. Ek, Elohim, vra mense wat hulle oorgegee het, dikwels om die strydperk namens My te betree. Oorgawe is nie vir lafaards of deurmatte nie.”

Ek het julle gered en julle geroep om aan My toegewy te wees. Dit het Ek gedoen, nie op grond van julle dade nie, maar op grond van My besluit en die genade wat Ek van ewigheid af in My aan julle geskenk het. Julle is ‘n uitverkore volk ... wat die verlossingsdade moet verkondig van My wat julle ... geroep het ... Wanneer jy ook al jou Godgegewe vermoëns gebruik om ander mense te help, vervul jy jou roeping. Julle behoort nou aan My wat uit die dood opgewek is. Daarom moet julle nou ‘n vrugbare lewe lei in diens van My, Elohim.

Vandag nooi Ek jou om aan die grootste, uiteenlopendste, belangrikste saak in die geskiedenis deel te hê, naamlik My Koninkryk. Ek is die geskiedenis. Ek bou My familie vir die ewigheid op. Niks is belangriker nie, en niks sal so lank hou nie. Uit die Openbaring weet julle dat My globale missie voltooi sal word. Eendag gaan die geskiedenis eindig, maar die ewigheid sal altyd bly bestaan. Kyk, die toekoms is so blink soos My beloftes. Onthou net jou beloning, wat vir ewig gaan hou.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205