WAT VAN DIE UITVERKIESING?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

 

Hoofstuk 15

09 Januarie 2008 om 22h20

Om kind te wees in ‘n huis hou baie voorregte in. Julle kan met julle ouers praat net wanneer julle wil. Jy kan van enigiets neem om te eet of te gebruik. En as iemand jou wil kwaad aandoen, hoef jy net vir Pa te sê – hy sal jou saak verdedig. Om kind te wees om in ‘n spesiale verhouding met ouers te lewe – dit beteken vertroue, beskerming en standvastigheid.

Julle is vrygespreek, omdat julle skuld vir julle vergewe is. Hier gaan dit oor kindskap. Julle is nie van nature kinders van My nie. Nee, van nature is julle kinders van die verdoemenis. Maar Ek, Elohim, kom neem julle aan en maak julle My kinders. ‘n Kinderlose egpaar wil graag ‘n kindjie hê en nou neem hulle een aan. Al is hulle nie die biologiese ouers nie, maak hulle die kind groot en behandel hulle hom asof hy hulle eie kind is.

So ook met julle verlossing. Julle is mense wat elkeen afgedwaal het, nie een van julle het na My gesoek nie. En toe kom Ek en neem jou aan as Myne. Vir hulle wat niemand het om mee te praat nie, word Ek “julle Vader”. Van die wet wat verplig en verdoem, red Ek julle om erfgename te wees van My ewige heerlikheid. Om kind van My genoem te word, is die hoogste eer en die rykste gawe van My genade.

Laat jou verlossing ook vir jou kindskap beteken.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205