WAT VAN DIE UITVERKIESING?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

 

Hoofstuk 16

10 Januarie 2008 om 11h00

My volk is Israel. Ek, JaHWeH, is die Elohim van Israel. Kyk al die verbonde in die Skrif is met Israel gesluit. Ja al die beloftes in die Skrif is aan My volk Israel gegee. Daar staan geskrywe: “Want jy is ‘n volk heilig aan JaHWeH, jou Elohim: Vir jou het JaHWeH uitverkies om uit al die volke wat op aarde is, Sy eiendomsvolk te wees ... Julle alleen het Ek geken uit al die geslagte van die aarde ...” Ek JaHWeH het Israel uit al die volke van die aarde uitverkies om my eiendomsvolk te wees. Ek maak Israel ‘n seën op aarde vir die verlede, hede en toekoms.

Uitverkiesing in die Skrif het te doen met die uitverkiesing van ‘n volk, en Israel is My, Elohim, se uitverkorenes. Dit is die uitverkorenes wat tot bekering moet kom. Ek het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. Ja, die feit bly staan dat die uitverkorenes se name reeds van voor die grondlegging van die wêreld in die Boek van die Lewe geskryf is. Wanneer die uitverkorenes hulle nie bekeer as Ek hulle roep nie, of na herhaalde waarskuwings en uitnodigings nog volhard in hulle sonde, dan word hulle name uit die Boek van die Lewe uitgehaal. Julle uitverkorenes van My, Elohim, is die openbaring van My onveranderlike groot genade; as julle wat geroep is, My glo, sal julle gered word. Ja, jy wat jou egter verhard en op jou eie werke wil vertrou, jy bly verlore. Daar is baie geroepenes, maar dit, die uitverkiesing, is beperk net tot My volk.

Die dae gaan kort raak en terwille van die uitverkorenes sal hulle versamel word. So spreek Ek, Elohim, oor My volk. Neem My aan en bekeer jou!

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205