WAT VAN DIE UITVERKIESING?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

 

Hoofstuk 17

10 Januarie 2008 om 22h20

Ja, kyk, Ek gaan weer my volk herstel. Ek herhaal weer; Ek, JaHWeH, het Israel uit al die volke van die aarde uitverkies om My eiendomsvolk te wees. Hulle sal die Blye Boodskap verkondig, julle is kinders van die lewende Elohim, ja, julle is My koninkryksvolk, ‘n aparte volk. Aan My koninkryk sal daar geen einde wees nie.

Maar julle is ‘n uitverkore volk en geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry. Kyk, My volk beklee ‘n sentrale plek in die visie van die profete aangaande die eindtyd en die raadsplan van My. Iemand wat dit nie verstaan, of wil verstaan nie, sal nie die profete, of die Woord verstaan nie. Raak My gesalfdes nie aan nie en doen My profete geen kwaad nie. Kyk, daar staan geskrywe: “My volk ... My uitverkorenes sal die werk van hulle hande self geniet ... want hulle is deur My geseën.” My volk is deur My geroep en toegerus met die Heilige Gees vir hulle taak op aarde. Ja, julle is my getuies en My kneg wat Ek uitverkies het.

Julle moet in hierdie dae bid. Ek stort My Gees weer oor julle uit! Hoe nodig het julle dit nie. In die koninkryk van My gaan julle ‘n volle manifestasie hiervan sien wanneer julle saam met My oor die aarde en sy volke sal regeer. Ja, elke belofte van My is vervul in julle, naamlik die ware volk en My – knegte van die Allerhoogste. So spreek Ek, julle Elohim, deur My profete. Wees lief vir My, julle hemelse Vader en Meester.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205