WAT VAN DIE UITVERKIESING?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 2.
18 Desember 2007 om 00h30
Hoe kan Ek die bloed van iemand van ‘n ander eis as Ek self dit so bepaal het dat die persoon tog verlore sal gaan? Dit skilder die lewe dan as ‘n speeltoneel, waarin Ek self die val van iemand bewerk, maar Myself tog vryspreek deur te verklaar dat so iemand deur sy eie ongeregtigheid gesterwe het. Hier sal Ek dan nie alleen die outeur van sonde wees nie, maar ook skuldig staan aan bedrog.
Verder staan daar geskrywe: “Hy wat glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in My Naam nie.” In Johannes 3:18 staan dit tog uitdruklik dat die mens veroordeel is, nie omdat hy daarvoor bepaal is nie, maar omdat hy nie glo nie. Nou hoe kan Ek dit bepaal dat iemand nie sal glo nie, en dan daaraan toevoeg dat so iemand veroordeel is omdat jy nie geglo het nie? Dit sal daarop neerkom dat Ek hier as ‘n skynheilige geteken word.
Dis tog die hoogste mate van onsin om by ‘n lyk te staan en skreeu: “Staan op!” as die lyk nie eers lewendig gemaak is nie. Ook hierdie skynbaar logiese beswaar hou nie rekening met die Skrif nie. As Ek spreek, word die dooie lewendig (dink aan Lasarus). Wie dan die Woord van My preek, kan die dooies toeroep: “Daarom sê Ek: Ontwaak jy wat slaap en staan op uit die dode, en Ek sal oor jou skyn.” Julle voel al dadelik dat julle hier met ‘n groot probleem te doen het, en dat daar iewers fout is. Albei groepe, waar hulle mekaar beveg, kan tog nie reg wees nie, en tog beroep albei hulle op die Skrif. Vir elke kant is daar veel uit die Skrif te sê. Juis hier lê dan die vraag wat om ‘n oplossing vra. Om dan mee te begin: Beide die absolute soewereiniteit of vrymag van My en die verantwoordelikheid van julle, word in die Bybel geleer.
Wat die vrymag van My betref, lees julle in Handelinge 13:48: “En daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe.” En Efesiërs 2:8: “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie, dit is die gawe van My; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.” Want aan Moses sê Ek: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. So is Ek dan barmhartig oor wie Ek wil, en Ek verhard wie Ek wil. Hier kan dit tog nie ontken word dat die Skrif die absolute vrymag van My leer nie. Veral ook in die volgende uitspraak word dit baie sterk gestel: “Alles het Ek gemaak vir My doel, ja ook die goddelose vir die dag van onheil.”
As ‘n vlieg julle hinder, sal julle hom doodmaak sonder dat dit julle die minste sal hinder. En julle het minder reg op ‘n vlieg as wat Ek reg het op julle. Julle het nie eers die vlieg gemaak of lewe gegee nie. Ek het julle nie alleen geskape nie, maar ook lewe en asem gegee. Sal julle dit dan waag om My te verwyt, asof julle kan besluit oor wat Ek mag en nie mag nie? Wat die verantwoordelikheid van julle betref, lees julle in die Bybel onder andere die volgende: “Ek vertraag nie die belofte soos sommige vertraging ag nie, maar Ek is lankmoedig oor julle en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat julle almal tot bekering moet kom.” Julle vraag is nou: “Wie is hierdie almal? Is dit alle mense?” As dit die bedoeling is, dan is dit duidelik dat baie die wil van My weerstaan, want die Skrif sê dit baie duidelik dat nie alle mense gered sal word nie.” Tog is dit uit die Skrif duidelik dat niemand My wil kan weerstaan nie. Dit wil dan voorkom asof hierdie woord “almal” nie alle mense bedoel nie, maar slegs almal wat tot die ewige lewe verordineer is.
Verder weet julle dat sommige meen dat Ek net vir sommiges gesterf het, anders sou dit beteken dat Ek dan tevergeefs gesterf het. Die Skrif is duidelik op hierdie punt dat Ek wel vir almal gesterf het: “Omdat julle van oordeel is dat, as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Ek het vir almal gesterwe. Op ‘n ander plek staan dit weer geskryf asof julle die genade van My kan verwerp: “Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook Ek wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring.” Dit wil sê dat hierdie koop vir hulle dan tevergeefs was.
Ek sê weer aan julle, wees lief vir My.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205