WAT VAN DIE UITVERKIESING?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 5.
19 Desember 2007 om 02h00
In die mense se verhouding met My het daar kwaaivriendskap ontwikkel. Julle het alle reëls van vertroue verbreek en die skuld keer op keer vir My gegee. Toe kom maak Ek vrede met julle. Ek neem die inisiatief en kom sluit vrede. Ek bring toe sommer die vredesoffer saam en versoen julle met My. Ek word die soenoffer waarmee julle met My versoen is. Skuldenaars – maar kwytgeskeld. Julle het ook gesê dat julle kinders en erfgename is. Julle was ver van My – vreemdelinge – en toe kom maak Ek julle My kinders. Julle het in vyandskap met My gelewe en Ek het kom vrede maak. Julle was slawe, maar nou vrygekoop tot dankbare diens.
Aan die Efesiërs skryf Paulus dat julle in My geseën is met al die seëninge wat daar in die hemel is. En dit is voorwaar so. Julle redding is die allerbelangrikste gawe uit My hand.
Julle is uitverkies op grond van My liefde. Julle vryspraak, aanneming tot kinders – julle ganse redding, is gebou en staan verseker vas op die feit dat Ek julle uit vrye genade gered het. Ek het verkies om julle lief te hê, daarom hierdie hemelse weldaad aan julle. Julle is verlos, vrygekoop tot heilige en onberispelike diens aan My. Noudat julle nie meer slawe van sonde is nie, is julle afgesonder tot denkbare toewyding aan My.
Julle is gered tot eer van My.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205