WAT VAN DIE UITVERKIESING?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 9.
21 Desember 2007 om 00h30
Voordat Ek verder gaan en aansluit by die vorige hoofstuk, wil Ek net terugkom na wat Ek gesê het in verband met die aanname van My. Veronderstel Ek sou aan julle almal ‘n aanbod of belofte maak en sê: “Ek gee aan julle almal verlof om ‘n sekere ding te doen – vir elkeen wat ‘n verlofbrief kom haal.” Mag Ek die beloofde brief dan vir enigeen wat dit kom haal, weier? Nee, dan sal Ek ‘n leuenaar wees. Net so het Ek kindskap belowe aan almal wat My aanneem. Julle mag egter hier nie Johannes 1:13 uit die oog verloor nie: Die wat uit My gebore is, die neem Ek aan. Dan tog, vra julle: Mag Ek dit aan enigeen van julle wat My aanneem, weier? Nee, dan is Ek ‘n leuenaar, en wie sal My hiervan beskuldig?
Ek kan julle dan vergelyk met ‘n persoon na wie julle op pad is. Solank as wat julle nog nie by My is nie, is julle verlore – van alle ewigheid af verlore – omdat julle dan nog buite My is en My nog nie aangeneem het as jou persoonlike Verlosser nie. Julle is dus van alle ewigheid af buite My verdoem, net soos julle van alle ewigheid af in My uitverkies is. Die moment dat julle by My kom, My vind as julle Verlosser, dan is julle nou van alle ewigheid af gered of uitverkies, omdat julle nou in My gekom het in wie julle van alle ewigheid af uitverkies is, dit wil sê Ek is die voorwerp van My uitverkiesende liefde en so ook almal wat in My kom. Hierdie ewige waarheid en werklikheid in My word dus die teenwoordige tyd deur My en dit weer wanneer die sondaar My as jou Verlosser aanneem.
Dit is ook so dat Ek, nog voordat die kinders gebore was, vir Jakob liefgehad en vir Esau gehaat het, en dit omdat Ek van alle ewigheid bestaan, en so ook hierdie ewige Raad, en omdat Ek nie kan verander nie. Omdat Ek louter aksie is, tree Ek op in die teenwoordige tyd, maar omdat Ek ewig is, staan My werke van voor die grondlegging van die wêreld af onveranderlik vas. Hierdie haat teen die “buite Ek” het nie maar gekom eers toe die mens die genade van My verwerp het nie, maar was daar nog voor die mens gebore was, en net so ook is dit met die liefde van My vir die wat in My kom; voordat hulle gebore is, het Ek hulle liefgehad. Daar is dus ‘n moment in die lewe van die mens dat hy ongered is, en die volgende moment kan hy gered wees – tot in ewigheid gered. By die mens is daar hierdie verandering, maar nie by My nie.
Dink altyddeur aan My.
Amen.
 

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205