Die Geestelike Son - Boek 1

Die geestelike son is die ongrypbare ewige lewe, wat steeds nuut uit die Oerbron, die goddelike liefde ontspring en in alle wêreldsfere aan die gedagtes van God vorm en bestendigheid verleen. Dié leerboek oor die omstandighede in die hiernamaals, voer ons as`t ware na tien geestesfere, wat beteken dat ons in die innerlike gesigsveld van tien verskillende geestelike wesens tree, wat eens op hierdie aarde in `n stoflike liggaam geleef het. Hulle insig het gestalte gekry, deur die graad van hulle liefde tot die hemelse Vader. Hierdie geestesfere is weliswaar aan mekaar verwant, maar is desondanks gevorm deur die eie aard van hulle sielswêreld. By die binnetree, deur die leser, in die sfere van hierdie tien geeste, waaronder die apostels Petrus, Markus, die profeet Daniël, die siener Swedenborg en ten slotte Johannes as toonbeeld van liefdeswysheid, ontsluit hulle `n geestelike beeld van oorweldigende grootte en wydheid.

Kies asb. die aantal boeke wat u wil bestel (Teen R 100.00 per boek).