Geheime van die Natuur

Die huidige natuurwetenskappe het deur ontdekkings en uitvindings byna by die grens gekom van wat hulle, deur middel van moderne tegnieke, in die natuurgebeure kan ondersoek. Lorber ontvang egter ook (naas ander groot werke met religieuse inhoud) enkele kleinere werke oor die natuurgebeure. In dié boek is stukke opgeneem uit “Himmelsgaben', 'Die Vlieg', 'Der Grossglockner' en 'Naturzeugnisse'. Die daarin vasgelegde natuurwetenskaplike beskrywings kry tegelykertyd `n natuur-geestelike uitleg en lei die leser na die volledig vergeestelike wêreldbeeld, soos die groot werke van Lorber uit `n onuitputlike volheid skets. Die boek sal hopelik `n wegwyser wees na daardie hoog geïnspireerde geestesgoedere, wat die mens, wat na insig en waarheid strewe, die Liefde en Wysheid van God en die wonders van Sy skeppings idees op `n verhelderende wyse openbaar!

Kies asb. die aantal boeke wat u wil bestel (Teen R 50.00 per boek).