WOORD van VADER deur Louise Snyders

DEEL 2

27 Okt 2007   00:16

Deur te dink aan die dood

Sou julle noop

Om met liefde na MY toe te gaan

Daarom wees bly

MY hand is naby

Om jul uit die stof te kom haal

Vertel ook aan ander

Daar’s redding uit die brander

Waar MY hand julle uit kom haal

 

Wees daarom bly

Redding is naby, want

MY hand kom julle uithaal

29 Okt 2007  01:32

Soos ‘n dissipel in nood

Die brood van die lewe uitdeel

Sal EK kom op die wolke om MY erfdeel

in MY Vaderarms die hemele in te dra

 

Wees bly en juig

Jy sal van MY getuig

as ander die wedloop volbring.

Vrees nie die tyding van die dood

Ek het jou klaar losgekoop

En juig in jou hart

Daar is nie meer smart

Daar waar Ek MY liefde bring.

29 Okt. 2007 om 4:43 AM

Juig en wees bly

‘n Nuwe dag is naby

‘n Dag waarop al MY skepsele vir MY sal sing

‘n Dag waarop almal MY lof toebring

‘n Dag waarop almal groot en klein

Blydskap uit hulle harte laat skyn.

So, dink aan MY, want

Vreugdevure is naby.

Verheug julle in jul hart, want

Waar EK is, is geen smart

En jy, MY liewe Mart

Kom uit jou sagte hart

Vir MY ‘n Sionslied weer sing

En sonder dat jy weet,

Het EK jou nooit vergeet.

Hef ‘n loflied op na Bo

Almal sing tesaam

Loof MY stem en prys MY naam.

‘n Loflied is gepas,

EK het julle skoon gewas.

Dink vir altyd aan MY,

Julle moet julle hart verbly.

Want EK kom weer op die wolke

Om julle te kom haal.

In prag en praal sal julle almal weggevoer word.

 

(NOTA: Mart is Louise se liewe moeder)





[terug]