(121 Kb)
BERTHA DUDDE
Boek 1 - Wêreldgebeure
Hier gee ons Hemelse Vader wonderlike insig aan Sy profeet, Bertha Dudde oor gebeure wat in die afgelope 40 jaar plaasgevind het en wat nog moet plaasvind. Ook waarsku Hy aanhoudend dat ons ons sake moet gereedkry, want die tyd van die einde is hier.


(882 Kb)
BERTHA DUDDE
BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
“Uitermate ryk is die mens wat `n
kennis besit oor homself, sy oorsprong,
sy bestemming, sy lewensdoel op aarde
en sy samehang met My as sy God en
Skepper van ewigheid. Die kennis kan deur
niks vervang word nie, omdat dit goddelike
kennis is, `n geestelike rykdom wat
onverganklik is.”
Dit alles sal hierdie boek u gee:
Die uitgewer


(2523 Kb)
BERTHA DUDDE
BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
�Uitermate ryk is die mens wat `n kennis besit oor homself, sy oorsprong, sy bestemming, sy lewensdoel op aarde en sy samehang met My as sy God en Skepper van ewigheid. Die kennis kan deur niks vervang word nie, omdat dit goddelike kennis is, `n geestelike rykdom wat onverganklik is.�


(186 Kb)
BERTHA DUDDE
Boek 2 – Bertha Dudde - Die profetes van die eindtyd
Hierdie boek handel oor die profetes self, en hoe haar werke as opvolgend gesien kan word tot die belangrike groot werk van Jakob Lorber.
Hierdie moderne profeet het meer as 9000 profesieë neergepen vanaf 1937 tot 1965. Die deemed en liefde waarmee hierdie diktaat gegee is, is die mees onteenseglikste bewys dat die Gewer Self slegs uit liefde bestaan, en Hy hierdie liefdesboodskap aan ons wil oordra, omdat Hy oneindig lief is vir ons.


(121 Kb)
BERTHA DUDDE
Boek 3- Katastrofe
Profesieë oor die komende wêreld katastrofe wat op ons wag.


(163 Kb)
BERTHA DUDDE
Boek 4 - Die Antichris
In ons dae word nou deur die Heer aan Bertha Dudde duidelik gemaak dat daar;
`n persoonlike wêreldse maghebber as Antichris sal optree, want hy beloof aan die mense om die lewenstandaard terug te gee wat deur die groot natuurkatastrofe verlore geraak het.
Alle volke sal hom toejuig en die meeste mense kies hom as heer en Heer, aangesien hy hulle wense skynbaar vervul.


(120 Kb)
BERTHA DUDDE
Boek 5 - Tekens van die Eindtyd
Elke groot katastrofe sal ook deur waarskuwings van God voorafgegaan word en Hy sal die mense vermaan deur sieners en profete.
Slaan ag op die tekens van die tye, dan sal u weet dat u al midde in die tyd leef wat die einde voorafgaan, dat dit egter vir u geen einde van verskrikking hoef te wees nie, as u maar van goeie wil is.


(128 Kb)
BERTHA DUDDE
Boek 6 - Wat die wêreld te wagte staan
Die einde van `n verlossingstydperk is naby. Die mensdom, wat hulleself in hierdie tyd positief moes ontwikkel het, dit wil sê, dat jy jouself weer na God moes keer, bevind hulleself egter op die einde van hierdie tydperk op `n lae geestelike vlak, waardeur ook die einde van die tydperk sal beantwoord aan die lae vlak, `n vlak waarin mense nouliks aan `n God en liefdevolle VADER sal glo, inteendeel, veel meer die Heer van die duisternis sal aanhang deur die ‘ek’ - en hebsug, liefdeloosheid en aggressie.
Maar Jesus, die Aanvoerder en Leidsman van hulle wat Sy Naam hooghou en wat glo in en vol liefde vertrou op Sy verlossingswerk, sal as oorwinnaar in die wolke na ons toe kom.


(134 Kb)
BERTHA DUDDE
Boek 7 - Die Voorloper
Die Voorloper van die Christus is `n stryder vir die Heer en Sy Ryk. Hy sal van Hom getuig, want sy stem is die stem van die Heer en wie hom aanhoor, hoor die Heer aan. Die Voorloper sal predik van die liefde, maar die mense sal met haat na hom luister. Wanneer hy optree, is daar nie veel tyd meer oor nie, want hy is `n "spreekbuis" van die Heer, deur hom wil die Heer Homself nog eenmaal duidelik uitspreek.


(136 Kb)
BERTHA DUDDE
Boek 8 - Tekens van die Tye
Die teenwerping dat die aarde nog steeds bestaan, ondanks dat in kwade of slegte tye `n einde gevrees of voorspel was, en dat daar maar altyd rampe, oorloë, katastrofes en tekens aan die hemel was en dat die gesindheid van die mens vroeër ook nie beter was as nou nie, lei natuurlik ook daartoe dat geen geloof aan die aankondigings oor `n naby synde einde geskenk word nie.
God gaan harder "spreek", sodat die mensdom Hom wel sal moet hoor, sodat sommige Hom nog kan herken en Sy hulp inroep. Die tyd wat aan die mense gegee word om opwaarts te beweeg en hulleself positief te ontwikkel, is byna verstreke. En geseënd is die mens wat aan God toebehoort en Hom getrou bly tot die einde.


(131 Kb)
BERTHA DUDDE
Boek 9 - Die wederkoms van Christus
Eens het Hy as Verlosser van die mensdom na die aarde toe gekom, waar hulle sonder Sy hulp in geestelike duisternis versonke sou gewees het. Nou is die gevaar egter veel groter, omdat die mensdom geen lang tyd vir verandering meer gegee is nie.
Weer sal Hy kom as Redder in geestelike nood. Maar die wat Hom nog steeds nie sal herken nie, vir hulle het Hy vergeefs aan die kruis gesterf. Hulle het nie Sy verlossingswerk aangeneem nie en bly daarom ook gebind in die boeie van die teenstander.
Laat u uself dus nie mislei deur verkeerde leerstellings en valse profete nie, want die dag sal aanbreek waarop Hy sal kom in die wolke - en met hierdie dag ook die laaste gerig.


(2282 Kb)
BERTHA DUDDE
BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
Bertha Dudde het deur die �innerlike woord� meer as 9000 openbaringe ontvang vanaf 15 Junie 1937 tot by haar heengaan op 18 September 1965. Die openbaringe wat Bertha Dudde van God ontvang het, is gegee in `n taal wat vir elke mens verstaanbaar is. God gee ons deur Bertha Dudde vele openbaringe oor dinge wat ons nie weet nie en oor die geweldige gebeurtenisse wat in ons tyd moet plaasvind. Daarom mag ons ook uit oortuiging oor Bertha Dudde praat as die skryfkneg van die Aller Hoogste van die eindtyd. Wie Bertha Dudde was en hoe sy geleef het, word in `n kort biografie vermeld.


(99 Kb)
BERTHA DUDDE
Boek 11 - Die Drie-eenheid
Vir die eerste keer word hierdie netelige saak volledig deur ons Vader aan Sy profetes gedikteer. U sal nooit weer hierna `n probleem met die Drie-Eenheid hê nie. Die boekie is duidelik en op die Man af.


(149 Kb)
BERTHA DUDDE
Boek 19 – GOLGOTA
Die leed wat oor die aarde kom is te gering om te noem in vergelyking met die lyding aan die ander kant van hulle wat, sonder die geloof in Jesus Christus, sterwe, wat Sy verlossingswerk nie erken het nie. Sy lyding en sterwe aan die kruis was die soenoffer vir die sonde van die mensdom. Maar wie homself afwend van die verlossingswerk, moet self boet vir hulle sondeskuld en hulleself gelukkig ag, wanneer hulle dit nog tydens hulle lewe op aarde mag doen.


(101 Kb)
BERTHA DUDDE
Boek 18 - Stryd met die swaard van die mond
Saam met die geloofstryd aan die einde, sal dit `n stryd wees met die swaard van die mond. Ons sal tot verantwoording geroep word, dwalings moet regstel en heftige besprekings voer met sataniese kragte Tydens onmenslike vervolginge teen die volgelinge van Jesus, en ons sal moet standhou, maar God sal hierdie tyd verkort terwille van Syne. Dit alles, steeds met as basis: die openlike belydenis van Jesus Christus en die verkondiging van die evangelie van die liefde om te red wat hulleself nog wil laat red.


(98 Kb)
BERTHA DUDDE
Boek 17 - God skenk Sy barmhartigheid aan die deemoedige
Alles word aan ons geskenk: om met ons lewe, met ons talente en die krag van God se Liefde, opwaarts te gaan: Vanweë die insig is dit nie moeilik om ons steeds nederig te laat voel nie en in diepe deemoed, in liefde, tot ons Vader te gaan nie.


(137 Kb)
BERTHA DUDDE
Boek 16 - Die Waarheid is uit God
Die Christelike geestesrigtings, wat almal beweer die waarheid besit, wil die mense die weg wys wat hulle moet volg. Maar in werklikheid is hier ook baie eie gedagtes en sienswyses, of interpretasies van die waarheid wat uitgedra word.
Ondanks al hierdie pogings ken ons hieruit nóg die weg, nóg die einddoel, en nóg die suiwer waarheid.
Daar is slegs één weg, één waarheid, wat na die een Lewe voer: Jesus Christus.
Hy is die Deur van die skape. (Johannes 10-9)


(165 Kb)
BERTHA DUDDE
Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
"Kyk, Ek maak alles nuut".
Hierdie woorde van God weerklink deur die oneindigheid, dit roep die wêreldmens op om na Hom te gaan, dit stel die einde van hierdie aardtyd vas. Ook roep dit Sy dissipels van die eindtyd op om, in God se Krag, pal te staan vir Jesus se Naam en Sy leer, om deur Sy Gees die waarheid te bly verkondig, om God se Liefde deur te gee aan hulle wat nog gered kan word.
Dit is Sy klein kudde, wie hulle heeltemal aan die Heer toevertrou en Hom bo alles bemin. Hulle moet één wees en bly en mekaar bystaan in `n tyd wat, menslik gesien, onmoontlik sal wees om te deurstaan.
Maar, - "Wie oorwin sal Ek laat eet van die Boom van die Lewe, wat staan in die paradys van God".


(147 Kb)
BERTHA DUDDE
Boek 10 - `n Tyd van Ellende
Niks is meer ondankbaar as om openbarings te publiseer waarin die mense op onvermydelike gebeurtenisse, katastrofes en tye van nood gewys moet word nie. Die ontvangers van hierdie openbarings, die uitgewers en die verspreiders moet almal op verwerping bedag wees. - Hulle word geminag en bespot, ja selfs bedreigings word teen hulle uitgespreek. Hulle kry reeds nou `n voorsmaak van die komende geloofstryd.


(142 Kb)
BERTHA DUDDE
Boek 12 - Die hernieude kluistering
AlIe siele wat as mens beliggaamd, volledig gefaal het in hierdie verlossingsperiode, word opnuut gekluister in die hardste materie van die nuwe aarde.
Die siel is nou, vanuit haar toestand van vryheid, verban na die "jy moet toestand" in die materie en oorgelewer aan die wette wat God aan Sy stoflike skeppings gestel het.


(104 Kb)
BERTHA DUDDE
Boek 15 - Die stryd teen Jesus Christus
Alle kragte word ingespan om die Goddelikheid van ons Heer Jesus Christus te verloën, wat uiteindelik `n bevestiging van die Christelike geloof is en tegelykertyd is dit `n erkenning van vrees van die hele sataniese sektor vir Hom Wat die dood en die hel oorwin het.
Ons kan getroos wees: Jesus bly die Oorwinnaar. Hoe meer die duisternis Sy Naam, met dit wat by haarself hoort, besoedel, soveel stralender sal Sy Suiwerheid te voorskyn kom wanneer die tyd van die beproewing afgeloop het en die groot "halt" weerklink.


(153 Kb)
BERTHA DUDDE
Boek 13 - Die nuwe aarde
So spreek JaHWeH: "Kyk, Ek maak alles nuut...!"
Die meeste mense glo nie aan `n totale verandering van die aarde nie en ook nie aan die laaste oordeel nie, omdat hulle gees nog nie ontwaak het nie. En daarom verstaan hulle ook nie wat hierdie woorde van JaHWeH beteken nie. Lees hierin wat die nuwe aarde alles behels.


(86 Kb)
BERTHA DUDDE
Boek 27 - Die Onse Vader
As u bid, gebruik dan nie `n stortvloed van woorde, soos die heidene dit doen nie; want hulle meen dat hulle deur hulle baie woorde verhoor word. Doen nie soos hulle nie, want u Vader weet wat u nodig het voordat u Hom daarom gevra het.
So moet u bid:


(192 Kb)
BERTHA DUDDE
Boek 29 - God self openbaar die geheim van GOLGOTHA aan ons
"Niemand kom na die Vader toe, behalwe deur My nie"
Hierdie belangrike woorde van Jesus maak duidelik dat slegs Hy die poort is tot die Vader, wat onvermoeid besig is om die gedagtes van die mense op Hom te rig, in Wie Hy Homself beliggaam het om hulle te verlos en te red.


(98 Kb)
BERTHA DUDDE
Boek 26 - Geestelike Nood
Ware liefde word, in verhouding tot die totale mensdom, weinig beoefen, waardeur dit hier op aarde geestelik maar `n erger duistere toestand geword het. Want dat die mens hier op aarde die taak het om sy siel te vervolmaak, kom daardeur nou ook by byna niemand meer op nie. En so bly die groot geestelike nood bestaan.