OPENBARINGE AAN LOUIS FOURIE

Openbaringe aan Louis Fourie

DEEL 1

23 Januarie 2008 34 om 11h34

EK, julle VADER het julle nou gehoor sing en dit was vir MY uitermatig mooi. MY kinders, soek MY daarom in die stilte van julle harte en vergeet van die wêreld. EK seën julle ja, soos EK gesê het aan MY ander kneg, EK seën julle omdat julle in opregtheid van hart na MY toe gekom het nou. EK is in elkeen van julle se harte en die wat nog nie MY stem kan hoor nie, moet net dieper in homself gaan soek en hy sal MY daar vind. EK, julle liefdevolle ALMAGTIGE VADER spreek nou. EK aanvaar net julle lofgebede en opheffing van jul hand soos julle vir MY sing. Die opregtheid van hart is vir MY soos `n roos se reuk, heerlik en sag vir almal. EK is bly vir julle en julle moet weet dat EK julle MY laat vind het. Want EK het die poging in julle harte gesien om MY, julle VERLOSSER en VRIEND te kom soek. EK seën julle daarom ryklik en wat julle te wagte staan in die lewe hierna, sal julle nie nou verstaan nie. EK sê niks verniet nie en alles het `n doel. EK sal nie sommer iets vir julle sê, net om lekker te laat voel nie. EK weet wat is belangrik en weet wat het swaar betekenis en dit is nie sommer net ligsinnige praatjies nie. EK, julle VADER, is dankbaar vir die lofsang en aanbidding. Dankie MY kinders, vir die eer wat julle MY gee. EK neem dit aan en sal julle loon nie agterweë laat gaan nie. Wees vir MY lief en onthou vanaand, want EK, julle VADER, was nou by julle en is nog steeds, want waar twee of drie in MY Naam vergader, daar sal EK ook wees. MY kinders, julle almal het MY lief, gaan en word meer lief vir MY en EK sal julle almal bevry van julle wêreldse liggame en julle hoef dan nie die vleeslike dood te ondergaan nie. EK, jou VERLOSSER spreek ook met jou Louis, wees MY getrou, MY kneg, EK sal nog vir jou gee wat op die regte tyd na jou toe moet kom. Het MY net lief bo alles, en dan sal jy van MY dinge verkry wat julle mense nie verdien nie. Maar omdat EK genadig is, gee EK dit aan julle. Gaan nou en lees vir jou gesin.

AMEN!!!

24 Januarie 2008 om 07:11

Julle VERLOSSER in alle hemele en op aarde wil baie graag met al SY kinders praat. Waarom luister julle nie, MY kinders. Wanneer EK julle roep, moet julle dadelik gewillig wees en kom na MY toe asof EK jou `n verskriklike belangrike opdrag gaan gee. En MY kinders, alles wat EK sê, is belangrik. Wanneer EK sê julle moet minder slaap, dan bedoel EK dit. Kom nou en gee MY julle harte. EK wil graag met julle spreek, maar as julle so baie slaap, belemmer julle MY werk in julle. Wees vir MY lief, MY kinders EK het julle almal geskape met `n doel en wil dit met julle uitrig, maar EK kan nie altyd nie, want julle verklaar julleself nie altyd so gewillig nie. Dit is vir MY lekker om met MY kinders te kan praat. Maar wanneer julle so twyfel, bring dit julle niks in die sak nie. EK is almagtig en niks is vir MY onmoontlik nie. As EK in die diepste hel in afgedaal het na MY kruisiging, dan kan EK seker maar in julle harte ook ingaan, al is dit bietjie onrein. Kyk, EK maak alles nuut. En EK maak alles rein. Vertrou net op MY en jy sal deel hê aan MY reinigingsproses. Stel nie jou aardse weë bo MY nie. My kinders, julle hoor wat EK vra, maar dit gaan nie in julle harte in nie, alhoewel julle so dink. Gee aandag daarop om soos EK te lewe toe EK op aarde was. En weereens sê EK; MY sleutelwoord was nog altyd, LIEFDE. Niemand kom na MY toe behalwe deur liefde nie en EK sal net na `n persoon toe gaan wat MY ook liefhet. Al is dit net `n greintjie van die liefde, dan sal EK gaan en daardie persoon help en die liefde vir MY laat groei. Gaan nou, MY kinders en doen soos EK sê. EK het julle lief en EK weet julle het MY ook lief. Maar doen MY gebooie deur MY net lief te hê. En EK SAL julle lei.

AMEN, ja, AMEN.

25 Januarie 2008 om 06:06

MY kinders, kom na MY toe so vroeg in die oggend soos nou en EK sal julle gebede en lofsange verhoor. EK, julle VADER, het nou gehoor hoe sing julle en dit behaag MY baie en jy, skryfkneg wat nou skryf, moet oplet, wat EK aan jou sê is niks sonder doel nie. Maar EK seën julle, MY kinders, omdat julle MY kom soek voor die dageraad wakker word. Al die engele staan nou en luister ook hoe sing julle. Dit is vir hulle mooi om te sien hoedat die mens my lof besing, want hulle hou ook daarvan om dit te doen. MY kinders, dwaal vandag nie af van MY weë nie, want die satan hou julle fyn dop en die geringste dingetjie wat julle verkeerd doen, kom sê hy vir MY en dink dan dat EK julle gaan straf en hopelik tot niet maak. Maar hy vergeet elke dag watse dierbare, genadige en ALMAGTIGE VADER ek is vir MY kinders. EK is nie soos hy wat sy kinders dwing en sonder enige liefde na hulle kyk nie. Maar EK is die liefdevolste pa vir MY seuns en MY dogters.

Gaan en doen elke dag so soos julle nou gedoen het en julle lofgesang sal opdring in MY oor.

AMEN, MY kinders, EK het julle lief. Prys MY daarom meer in julle harte en dit sal julle tot seën voordeel wees. EK het gespreek en dit sal geskied.

AMEN.

Gedig

25 Januarie 2008 om 07:00  

Van die moederskoot af het EK julle gevorm.

EK het julle geformeer van kleins af.

Met geen wêreldse begeertes het EK in julle gedagtes gewerk.

En van nou af tot in ewigheid sal EK ook daar wees en EK maak julle sterk.

MY kinders, julle moet glo

In MY genade van bo.

Wanneer EK julle roep, het EK altyd `n doel.

EK gee julle altyd net dit wat julle kan voel.

EK is in julle harte en julle voel dit ook

Glo in MY, want EK maak julle rein.

MY kinders, pasop die satan is listig.

Soos `n slang in die gras seil hy maar nie rustig.

Daarom gee EK julle die geloof in MY

En EK maak julle een met MY

Hoe meer jy MY soek, hoe nader kom EK aan jou.

Hoe meer jy MY soek, hoe meer bevry EK jou.

EK is genadig en gee julle die krag.

Van nou af tot in ewigheid, bestaan MY almag.

EK praat met jou, MY getroue kneg,

Al is jy ook lui, vat EK jou onreinheid weg.

Daarom sê EK weer, wees MY getrou.

En MY liefde vir jou raak al hoe meer.

AMEN vir nou en vir altyd,

AMEN.

Versterkingsbrief

25 Januarie  2008. om 14:41

EK wat julle geskape het, spreek nou weer.

Van die begin van die wêreld af, tot nou toe, was EK nog nooit weg van MY volk af nie en nog altyd het EK hulle werke gesien, goed en sleg. Maar elke keer dat iemand MY kom om vergifnis vra het vir die sonde, het EK hulle gebede verhoor en hulle sonde van hulle af verwyder.

MY kinders, EK is genadig en niemand is MY gelyke nie. EK sal julle more seën. Omdat julle daar sal wees in opregtheid van hart en net MY wil soek. EK sal julle die krag gee om dit te kan doen. Sing tot MY, EK hou daarvan. Julle harte maak vir MY musiek en EK luister nie na die musiek soos dit vir die mens klink nie. Maar soos EK vir MY kneg gesê het, luister na die musiek en die klank van liefde, daar is niks soos die klank van liefde nie, omdat EK liefde is en niks soos EK is nie. EK is Almagtig en wil julle almal met MY Almagtigheid seën en met julle praat in julle harte. Hou MY daarom in julle harte vas. En kyk diep in MY VADEROË. Dit verbly MY hart as EK sien hoedat julle almal op MY vertrou en dan klop die liefde so baie in MY VADERHART. Dit sê EK vir jou, MY kneg, net omdat EK weet jy wil so graag hê dat EK dit moet sê. Kyk, EK verhoor almal van julle se gebede en weet wat is goed vir julle. Wees MY daarom getrou en vertrou blindelings op MY, jul VERLOSSER.

Gaan nou, MY kinders, en wag net al hoe meer op MY. Want in die dag van more sal EK julle verbly. MY woorde sal nie vergaan. Dit wat EK sê, is altyd van belang in julle lewens. EK, julle VADER, SPREEK nou.

AMEN!!

(MY seun, ag jouself gelukkig dat EK met jou praat, want nie een van MY knegte verdien dit nie, maar dit is net uit pure genade van MY. Gee MY daarom ten volle jou hart.

AMEN.)





[terug]