15 April 2010 - BELANGRIK!!! Profetiese Boodskap aan die Boerevolk

Woord aan die Boerevolk – April 2010

 

Woord aan Nalize op 7/4/2010

Ek, Jahshua, spreek met elkeen wat wil hoor : Maak julle gees gereed om baie (fisies) te verloor. Die stryd gaan begin, julle staan op die vooraand daarvan. 60 dae klink ver genoeg, maar Ek spreek - in die hemele was dit skreiend oorgenoeg. Ek sal die basuin wat geblaas het oor My Geloftevolk bloeiend die Lig laat sien, want die uur van verraad het reeds geslaan. My volk sal oorwin deur die Gees in hulle harte te volg, daarom gee Ek die opdrag - laat die stryd begin. Volg die voetpad waar die Gees heen lei en Ek lei julle Kanaän in. Versprei My Woord dag en nag en jy bewerk redding. Bly jy stil, staan jy net en toekyk. Geseënd sal die arbeiders wees, want hierdie oes is groot. Wees oop om in deemoed die weg te baan vir die nageslag om My Woord te ken en dood sal nie jou deel word nie. Amein.

Erken My hierin dat Ek die tyd sal laat aanbreek soos 'n eier wat in My hande breek. Dis tyd. Kom, geroepenes, genooides en uitverkorenes. Amein.

Slaan die slae wat die vyand aanhits met toewyding voor jou weg. Wees nie die aanvoerder nie, maar die linie wat vir My veg. Amein. Met Liefde, Jahshua.

Woord aan Nalize op 7/4/2010

Weer is die kans gegun aan elkeen om te kies. Keuses bring julle nader aan My, verenig met My of verwyder van My. Besonder naby is die Kern van Lig aan elkeen wat in hulle harte in vlug. Die deur is wyd oop in My ruim, maar vele hou hande en daardeur versuim om in My sfeer in te tree, waar Ek onderrig en van Liefde leer. Beskou jouself eerstens as 'n individu van Waarheid, eg aan heiligheid en tweedens as 'n heerser oor die skepping rondom jou. Vind derdens jou gesin as mylpale op 'n liefdesvlak IN My en weet dat jy hulle net deur My Krag kan lei. In die vlietende onweer wat swaar oor julle hang bind Ek laastens tesame - die wat nederig My loof en dank. Kom dan eenheid in die Wit Lig en jy staan met My Lewe in jou as vrug. Amein.

Woord aan Nalize op 8/4/2010

Groot is die oomblik wat aanbreek in hierdie uur. Min sal die spanning met gemak kan verduur. Reeds begin die howe maal en rondom draai, omdat vryheid in gedrang is as verwoesting kwaad saai. Verwoes is die land se eenheid en rus, want een keer te veel wou die barbare verontrus. Nou sal die skeiding van vredeliewendes toon wie berg in hulle hart My hemeltroon. Hemel op aarde is dit in vele lewens waar Ek rig en hulle My Naam bely, maar vele sal hierna ook daardie vlak betree as hulle in nederigheid My Stem en Werke eer gee. EK IS het gespreek en die vorm ontvou waarin die gepastes alleen kop bo water sal hou. Wees blymoedig met 'n danklied vol geloof, want die berg Sion het lank nie geskitter voor My oë, maar nou is die uur van vrybreking in My, sodat elke las moeisaam moet afdraande gly. Is jy deel van die berg Sion wat bo die aarde (in jou) uitrys? Het jy verenig in Wil en Woord met die Een wat verower sonder slag of skoot? Maak gou om My te vind in die uur wat voorlê, want die 60 sekondes (in die gees) is die yslike wat voor jou lê. Niks anders is sterker as die fondasie op My, daarom sal Ek, die Rots, verseker by julle bly. Amein. Glo en oorwin in My. Vir ewig, julle Liefde, Jahshua.

Woord aan Nalize op 8/4/2010

Dit gaan bedroef met almal wat aan die vyand se raad geskaar is, want elkeen moet verskoning soek vir wandade wat neerreën. Die wyse waarop die wandade geregverdig word is die toonbeeld van lig en dus heerskappy wat hulle in hulle dra. Hoe seker is jy van jou saak in jou woord wat uitgaan na andere? Bly liewer ootmoedig en loof My in stilte vir wat Ek bewerk. Ek is tog die Liefde wat Brood gee, soos gevra. Ek is die Liefdevolle Vader wat nie 'n klip gee as My kinders voeding vra nie. Om die nageslag se siel te voed, bied Ek oplossings wat sal volg soos julle dit sien ontvou. Ek is die Leidsman en vra - staan in gebed voor My dat Ek jou kan verseël. Wat is die ware gebed waarna Ek vra? Wat is die Liefde wat Ek van elkeen verlang? Naasteliefde is die sleutel, beslis. Amein.

Kinders is besig om verlig te word in die geloof. Geroepenes is besig om die bruidstabberd van nader te beskou en eensames word van die strate gewerf. Strompel maar nader, want vir siekes en lammes het Ek gekom. Weer is 'n fees besig om in wording te kom, maar eers soek Ek elkeen se verootmoediging. Amein.

Woord aan Nalize op 9/4/2010

Getrou, sal elke reisiger die Woord verneem en beantwoord. Getrou sal elkeen die Waarheid beproef en die Goeie as ontblote Swaard vind. Getrou sal die heiliges verenig in gebed en met ontsag die weke sien loop soos water in My Hand, want TYD is tog nietig in die geestesruim.

Enig aan Waarheid en eg aan opregtheid, sal Barmhartigheid vir Volk en Vaderland begin blom IN My, soos alles bestaan IN My. Ek is die Wese, werktuig, wat jou kan oorneem en lei, as jy My toelaat. Erken dan dat Wedergebore Krag IN jou ontvou as jy My sien vorm aanneem IN jou. Politici sal verbasend vind dat werklike leiers nie krag in ego of kennis vind, maar in die Bron van Woord en Daad. Amein.

Laat wonderwerke nie ophou, solank die weë van Goedheid klowend water voortbring nie. Jahshua het bemin en daarom gespreek. Amein.

Woord aan Nalize op 10/40/2010

Daar is een geringe oorblyfsel se siel waarna Ek smag, aangesien die wêreld verdor daaruit sien. Hierdie oorblyfsel is steeds verstrooi, maar ek sal hulle bymekaar bring om My Geloftevolk te word. Groot het Ek bedoel, moet My volkie wees, maar allermins kon hulle deemoed bemeester in die gees. Eiesinnigheid is aan die orde van elke nuwe dag en Barmhartigheid staan net by familiedeure op wag. Kan die stomme siele dan nie dieper sien, dat eenheid by die liefhê van die naaste in nood begin? Ek gee gehoor aan wurms in die stof, waarom nie ook verseker dat volke groot word en nie optof? Ja, dit is Ek wat teenspoed toelaat om 'n volk te brei in nederigheid voor My, maar nou het die uur gekom om weer seën te bring in vol Son. Ek is hier, getrou aan My Woord en wil die vyand se trots weer uitdoof. Genoeg het My kudde gely, en tesame sal hulle met feesgewaad weer gedy. Sal My kudde hierdie keer begryp dat versorging van siele, die moeilikste taak, 'n volk opwaarts laat neig? Wat behels die siel dan? Brood van 'n fisiese aard kan haar nie verryk, maar wel ontferming en Liefde en 'n sagte gebaar. Dit haal die materiële wese uit 'n mens en voed dit op om 'n Mens, wat heers oor die natuur, te word, soos Noag van ouds. Hê die skepping lief met 'n drang om te versorg en hê jou naaste lief, sonder om oor jou nood te huiwer. Die maat waarmee jy gee sal Ek jou beloon en Ek is getrou. Amein.

Wees suiwer, want Ek is suiwer. In al die bogenoemde handel Ek deurlopend as Eerste, volg My. Met Liefde, Jahshua.

Woord aan Nalize op 11/4/2010

Hiermee dan die voltooiing van die Woord aan My Volk: Ek het gekom, as Spreker, om bymekaar te roep en te verenig. Ek het riglyne gegee om die Volk te veredel. Die Volk waarna Ek verwys, het verstrooides oor die wêreld ingesluit. Die Woord wat in harte praat, is die Woord wat Lewe gee en die Woord wat harte week maak om hierdie Woord aan te neem. Nêrens is Woord te vinde buite My, want besoedelde en verdraaide woord is nie Brood vir Myne nie. Wees deel van Myne, deur jou dade te veredel, soos beskryf en weer die hardheid van die vlees en sintuiglike af, deur die sagtheid van die Liefde in jou te laat groei. MAAK die Liefde teenoor jou naaste eerste prioriteit in jou lewe, met geen onderskeid tussen behoeftige en geliefde naastes nie en Ek sal eerste plek in jou lewe inneem. Die Liefde sal seëvier. Amein.

Woord aan Nalize op 11/4/2010

Met die beëindiging van Woord aan My volk, is My Woord nog lank nie op 'n end nie, want Ek is oneindig en daarom is My Woord soos Ek. Weer sal hierdie kneg skryf oor My soendood wat aan die einde van tye vervolmaak word in My kneg, Johannes. Dit is nie Johannes, My Liefling nie, want My vriendskap het hierdie Johannes nog nie aanvaar nie. Hy glo wel in die vereniging met My en daarom het hy in My wil opgegaan, maar My vriendskap wil Ek hom gee, sodat hy My as 'n kameraad sal ervaar. Ek is ewig en dus sal Ons vriendskap tot in lengte van dae onveranderlik verstewig, sodra dit ontkiem het. Johannes, noem jy My by die Naam? Handel jy met Liefdeswoord wat uit jou binneste vloei? Ek het jou vandag geroep om tot My volk nader te kom. Jou weersin in gemeensaamheid is finaal op 'n end. Word aangedryf deur die Leer van Liefde vir jou naaste DEUR jouself en jy sal spoedig, kennelik, 'n vlam in jou hart sien ontvlam. Die vlam sal spreek en jy sal gehoor gee. Dit is Ek, jou Beminde, maar voortaan jou Vriend, Jahshua, Amein.

Woord aan Nalize op 11/4/2010

Tyd is daar nie meer vir omdraai of herbesin, want in hierdie aand sal die oorlog begin. Oorlog in vlees en bloed om vir wandade en wanvoorstellings te vergoed. Wees verseker dat die skrif aan die muur is en die blom oopvou om stuifmeeldrade vir bevrugting voor te hou, want na die oorlog sal die vrug tot volheid ontwikkel, al is die siele dan steeds in 'n innerlike stryd gewikkel.

Ek is verseker die dryfkrag agter die spel wat meet hoeveel harte My gesoek het voor hierdie leed. Mag jou lamp vol olie gevind word as Ek, jou bruidegom, kom, want vanaand sal die voorskou vorm op 'n dergelike som. Ek is Liefde en bly getrou. Mag jy ook so bevind word, jonkvrou, Johannes. Amein.

Woord aan Nalize op 12/4/2010

Vandag sal die Lig begin skyn uit ootmoediges, wanneer hulle te hore kom wat gaande is onder die vyand. Daar sal aanhitsings heers en die vyand sal nader storm om aan te val, maar 'n Muur sal hulle keer, want die tyd vir oorlog het begin. Wel sal die oorlog sigbaar raak, soos verskeurende diere tande wys, maar die histerie van die oomblik sal hulle laat gryp na die naaste lewende wese om die verlustiging van dood te geniet. Prooi is nie die doel vir moord, daarom sal alles in hulle pad verskeur moet word. Wees op die uitkyk vir swak naastes wat uit die pad van verskeurendes getrek moet word en hou wag oor jou geliefdes met gebed, want net Ek kan ontblotes red. Wie weet hoe lank hierdie stryd sal duur? Net Ek sal die komplot versuur en dan is die voltooiingsuur. Amein. Jahshua in jou, My Vrou. Amein.

Woord aan Nalize op 12/4/2010

Oorwinning in die Naam van Jahweh, dis die stem van Judah. So sal My Volk dit hoor. Erken dan dat Johannes gelei word deur My, Jahshua, en almal sal besef dat Jahshua Jahweh is. EK IS tot in lengte van dae. Ek is die Wyse, die Lewe en die Liefde. Glo in oorwinning deur die Liefde en dit sal jou lei deur My Wese, in MY Wil. Amein.

Johannes is algeheel geroepe om die laste van verwydering te deursien. Eers met volkome begrip kan hy die Liefde laat posvat in die harte van verwyderdes. Diesulkes sal dan kan terugkeer na hulle Eerste Liefde. Amein.

Die Liefde waarvan hulle uitgegaan het, moes verwyder word, sodat hulle hulle weg kon terugvind, sonder die struikelblok van teësinnigheid. Wees wakker en neem in wat Ek verduidelik. Dit is die les in die voleinding. Amein.

Woord aan Nalize op 13/4/2010

Die uur het gekom waarin leiers verkies word in die aanvalsproses. Sekeres is lamlendig en ander bloeddorstig. Dit gaan bepaal wie bly leef.

Ek is daar om Myne te verteenwoordig en daarom sal 'n haar nie van hulle hoof val nie, maar wee die wat hulle hand wou lig, want dit sal hulle duur te staan kom. Lewens is in My Hande en daarom sal Ek nie skroom om te neem nie. Die lewensasem is 'n voorreg vir volke om My te kan vind en erken, maar gebruik hulle dit buite hulle lewensorde, moet Ek ingryp. So 'n tyd het aangebreek in die bestaan van hierdie land. Ek sal die leiding neem om Myne te red uit die kwellings wat haar omvou. Amein.

Johannes staan gereed, want Ek het hom omgordel. Hy is die gekose een om My leiding te vergestalt. Wat staan hom dan verder te doen? Hy sal die hand lig vir die vyand, soos Moses van ouds en die vyand sal vlug en mekaar verpletter. Amein.

Woord aan Nalize op 13/4/2010

Die einde is in sig, want nêrens is daar meer om heen te vlug. Die dode begin uitroep na My - 'stuur 'n leier om die volk uit te lei'. Verleiers is daar oorgenoeg en Boere hef aan dat hulle van geweld gehad het, genoeg. Waarom dan met oorlogsgeroep in stilte veg, as die massas om hulle verdraaid die slag uitroep - Laat ons veg! Die einde het gekom en spoedig bars die bom in die gesig van aktiviste. Amein.

Woord aan Nalize op 14/4/2010

Weer is Ons gereed om te veg, soos Israel van ouds. Weer is die skrif aan die muur, soos met Johannes van ouds. Weer is die dag 'n gewraakte dag, want die Dogter van Sion is die kosbare kleinood waarvoor Ons stry. Voortbestaan van die skepping lê daarin. Verseker is die Weg met dorings besaai. maar die Liefde oorwin alles, beginnende by die self. Amein.

Woord aan Nalize op 15/4/2010

Hier is die Woord vir elkeen wat hulleself kon verloor:Ek, JaHshua, is nou lewend in jou as Johannes, volgens jou Gelofte. Saam sal ons die wingerd bewerk en oneindig is die werk in die mensdom. Ek het in die Gees geboorte gegee aan elke geskapene, maar nou is dit julle werk om die geskapenes hulle herkoms te leer, sodat Ons almal kan verenig in die Liefde. Wees sterk, gevul met My Krag en ontvang die seën waarop almal wag. Laat die seëngroet weer in julle harte opklink en julle sal weet – die stryd tussen hemel en hel het weer begin. Is jy gereed? Ontvang dan nou die Woord wat lewe in jou bou. EK IS. Amein. Liefde beëindig hierdie Woord en oorhandig dit aan harte om openlik te ondersoek. Amein

 

Seëngroet van Jahshua:

(Hierdie seëngroet is alreeds in 2009 aan die Boerevolk gegee. Spreek die seëngroet uit en sien dan hoedat die Vierkleur, sowel as die Transvaalse Wapen, in jou hart ontvou. Spreek hierdie seëngroet daagliks oor u gesin en Volk uit en u sal die Krag en beskerming van die Allerhoogste geniet.)

 

Wees geseënd in die aarde deur My Bloed gekoop.

Wees geseënd terwyl die Leeu aan julle sy loop.

Wees geseënd as in ootmoed die wiel draai

En die arend se gesang uitrys bo die kraai.

Edel is die volk, deur My Hand uitverkies,

Edel is die hart wat Liefde verkies.

Edel is die Man wat hart aan hande bind

En die kind wat opgroei, net deur My Bloed verbind.

Ek, die Begin en Einde hiervan, spreek:

Geseënd is die siel waarin My Brood nou breek.

Amein.





[terug]