7 Mei 2010 Woord aan Nalize vir die Boerevolk

Woord aan Nalize – Mei 2010

Woord aan Nalize – 6/5/2010

Elke bloeisel sal ontwikkel tot volmaakte vrug – die tyd daarvoor word toegelaat en bestem. Bloei jy? Bloei jy vir jou Maker? Bloei jy as eersteling?

Bring jou offer, want Ek sal jou beloon om die gawe van vrugte met ander te deel. Die tyd is ryp en jy? Hoe bepaal jy jou rypheid in My? Deur te let op die toewyding wat jou omskep tot volmaaktheid. Het jy ‘n WIL, volg jy My Weg –  is jy bereid om jou eie ek te verloor? Dít, My Liefling, is die mylpale om te ywer in My, nie bloot om goed te doen aan jou naaste, maar om te WIL om hulle te hanteer met sorg, begrip, bedagsame Wysheid, sagmoedigheid, geduld en Liefde. Wat help dit jou om stiptelik elke naaste wat op jou pad kom met geskenke toe te gooi as hulle méér van My Wysheid en Barmhartigheid nodig gehad het? Wees ‘n Samaritaan op die woeste weë van hierdie tyd en jou loon is groter. Ek ag dit My Vriendskap werd, as My Maaksel mekaar binne My vind, dus in dieselfde Lig beskou as waarin Ek hulle geskape het en beskou. Sál jy jou moeite inspan om My te nader deur jou naaste? Dit beteken – sal jy na jou naaste kyk deur My oë, wurmpie Israel? Elke mossie en wurmpie is My volmaakte sorg werd, ook jy en jou naaste, onthou dit! Werk dag en nag vir My, al is jy doelbewus besig om die kortste ent te trek. Dit is Ek wat die wiel draai. Amein.

Woord aan Nalize – 6/5/2010

Waarheid, Wysheid, Werksaamheid en Weldade is die Ware Wil na die Goeie, se sleutels. Indien jy Wil sonder enige van die bogenoemde, WIL jy nie in die Goeie nie – net EK IS Goed. EK WIL vir elke geskapene om te verenig met My (met die orde en die Wil van die Goeie). Goed is dus ‘om te dien’, want sorg en heerskappy is dienste. Daardeur kom ook die VERdienstelikheid wat vir jou die ewigheidsdeure by My open. Jy is net soos EK is, ‘n wese sonder einde, alhoewel met ‘n begin, want Ek was jou begin. Jy kan aanhou ontwikkel tot in oneindigheid, want Ek WIL nie om te vernietig wat Ek in die Lewe geroep het nie. Ek wil om te suiwer, ja. Daarom kan jy net aanhou groei na die Goeie AS jy wil suiwer wees. Suiwer en rein verwys in Geestelike terme na LIG. Dra Lig in jou en jy ontwikkel in My. Jy kan totaal omvorm tot Lig, omdat Ek jou dit toelaat. Dán omvorm jy jouself mét My goedkeuring tot My Wese. Dit behels toetrede tot die Krag deur die Gees wat woon in jou. Verenig met die eie wil en die vlees, en die Gees se werking vervaag. Draai dit egter om, om te verenig met die Gees se werking, en die Krag uit My help jou afstand doen van die materiële begrippe. Amein.

Wat jy in materie vind is die weg tot die Doel. Die Doel is gemeensaamheid met My. Jy kan nie beide dien nie, maar jy kan beide doen, soos wat Ek jou geskape het om te heers. Heers eerstens oor jouself, jou eie vleeslikheid en hoogmoed en Ek sal jou met meer toevertrou. Amein.

Ek het arbeiders nodig in My oesland, getroues.

Met Liefde –  Jahweshua in Elohim.
 
 


Woord aan Nalize – 7/5/2010

Liefling Israel, wurmpie uit die stof, jou weg is bepaal deur My, maar ewig hou jy aan gly, omdat ongeloof en wantroue jou weghou van My. Breek jou bande met die vlees, sodat jy My kan vind in die Gees wat in jou hart leef. Verseker sal Ek antwoord op jou roepstem, EK is vir jou ‘n Vesting en ware Vriend. Neem My uitgestrekte Hand, sodat Ek jou kan lei, want dan stap jy weer die pad waarop Ek jou kan verheerlik. Om Kanaän te beërf IS ‘n verheerliking. Om in Liefde met jou naaste om te gaan IS ‘n verheerliking. Om Wysheid en insig in elke situasie te beleef IS ‘n verheerliking, want die Lewe in jou huidige bestaan word lasloos. Ek sal elke las vir jou dra uit My Barmhartigheid en Liefde, soos beloof. Oefen in jou take wat Ek jou oplê, sodat jy jou vaardighede as geestelike gawes kan verbreed. Ek het jou lief. Amein.

Wees versterk in die geloof, deur vas te hou aan My Beloftes, soos uiteengesit in die Skrifte. Die Belofte van ‘n Geloftevolk is van toepassing op jou, Suid-Afrika. Haal jou moed uit en stof dit af om soos ‘n oorlogskleed aan te trek. Dit is die Groot EK IS wat dit vra. Moed is die versamelwoord vir geloof en vertroue in My Krag. Nee, dit beteken nie niksdoen nie. Ek arbei op natuurlike maniere en  vra dus van jou om My werktuig te wees. Deur gebed en nederigheid sal My Wil aan jou bekend gemaak word. Handel daarvolgens en jy sal Lewe. Amein

Woord aan Nalize – 7/5/2010

Deure open vir elkeen wat op die uitkyk is daarvoor. Maak oop jou hart se deur omdat Ek, jou Maker, klop. Nooi My in deur jou naaste lief te hê en Ek maak deure oop vir jou wat ongekende seën sal meebring.

In die tyd wat voorlê  sal jou naasteliefde bepaal waarmee jy uit die stryd sal tree. Sal jy kaalgestroop alleen voor moet begin of sal jy alles in My hande vind om elke nood te kan beantwoord vir almal rondom jou? Met hoe min sal jy tevrede wees as Ek sê neem en gee? Ek gee, vir almal, ja, deur jou. Wil jy steeds vir My jou deur open? Doen dit dan gou, sodat die uitruilings kan begin. Een vir jou, tien vir My. So sal dit aanhou uitkring as jy ootmoedig bly. Word die Lig waarom ander wil wentel, dan ontvang jy ‘n kosmos (sonnestelsel) om na om te sien. Onthou die gawes van die Gees ontvou wanneer jy jou vleeslike begeertes begin opvou. Pak dit maar weg, want die waarde daarvan as vergete simbole is baie meer as die ontluiking daarvan tot jou eie voordeel. Ek gee, onmeetbaar, as jy wil ontvang. Die voorwaardes en reaksie is egter voor My oë ontbloot. Dank jy My of staan jy eerder hierdie keer opsy? Naasteliefde laat jou ewig gedy, My vrou. Amein.





[terug]