10-16 Mei 2010 Woord aan Nalize vir die Boerevolk

 Woord aan Nalize – Mei 2010 – 2

 Woord aan Nalize – 10/5/2010

 Jy is die Liefde soos Ek wou skape. Jou ongevormde klomp is bymekaargeroep deur My Lig. Dit het ontstaan deur My Wil en sal vergaan deur My Wil, maar jy sal nie verdwyn, solank soos My Lig in jou bly skyn nie. Onskuldig het jy die wêreld betree, maar soos vir Adam is die keuse aan jou gegee om te kies tussen Goed en sleg. Weer word jy vandag voor die keuse gestel om die appel van verderf te geniet of jou te weerhou tot My Wil geskied. Die appel blink goud in die oggendson, want ‘n nuwe dag breek. Tel die ure tot die son bo jou hoof neerskyn en jy vind die druif wat gloei van My Liefdeswyn. Die appel is maar ‘n troosprys as verleiding vir hongerige rawe wat die Gees minag en terugdeins van skaamte voor hulle Maker, as Hy rekenskap eis.

Hoe definieer Ek dan ‘die appel’ in hierdie Woord? Dis enig in sy soort, ja, daarom wil Ek dit uitwys aan die wat waak teen hom wat wil verlei.

Die appel omvat óók saad en word beskou as ‘n vrug, alhoewel onedel, want die hardheid daarvan dui die liefdeloosheid aan. Die sagte druif se soetheid is soos water vir ‘n dorstige en water dien tog ‘n edele doel in diens van die heelal. Appels is nie hier ter sprake nie. Slegs die appel waarna Ek verwys sal die eienskappe van verleiding dra. Sorgeloos blink hierdie appel van vermenging in die opkomende Lig, want ure van nou af sal dit geëet word deur elkeen wat die hand naby genoeg kan bring. Die appel sal rondgeswaai word voor skares om ongekende dronkheid van sinne te bewerk en hongeriges wat My Wil wil vervreem van My Woord sal genietinge saameet. Waak daarteen, eenvoudige geslag, waak en bid, dat die bloed aan jou deur sal wees wanneer die res My tuin moet verlaat. Hoe kan Ek vermeng met vleeslikheid of soetsappigheid in die orde wat Ek geskape het? Deur gisting veredel die druif, daarom sal die vleeslikheid reiniging moet beleef om helder en diensbaar in My Ryk te word. Erken daarom eerstens die sagtheid as edel, verwyder van jou die hardheid as vrug. Dra in jou die moedigheid om te veredel tot Liefdeswyn. Staak jou waardesisteem van vlees, wat ‘die appel’ van vermenging wellustig sal beskou. Dit dien geen doel, anders as hernieude kluistering. Ek bedoel nie om dit My Wil te maak vir hierdie geslag, maar om ontwaking te seën en hulle so nader te trek aan My Apartheid.

Elkeen staan in die tuin van Eden voor die keuse om weer te besin. Bly jy om die Boom van die Lewe te mag ontvang of lei Lucifer jou die wye wêreld in? Staan sterk, al stroom die waters tot bo jou bors. Ek sal jou aanneem, want Ek ken jou siel en dors. Wat beskou Ek as vermenging , vra ieder kind? Dit is eenvoudig – skandalig sal vermenging van die hart die vlees voed, want deur mee te doen aan dierlike genot, ontwaak die sinne vir vleeslikheid en geestelike eenvoud daal weg in die dieptes van die siel. In die staat van geestelike eenvoud beskou jy die wêreld as ‘n lewende, sentrale ruspunt, ‘n doelmatige instrument, tot verdere ontwikkeling. Indien jy hierdie staat misken, verhoog jy die wêreld tot sentrale son en ewige kwelling vir jou siel. Só sal dit dan vir jou wees, kringend in die bande wat jy om jouself gebind het. Ek maak vry. Neem nie die appel tot ete as ‘seën’ om alles te weet wat Ek weet nie, want anders kan Ek jou dit nie as gawe toevertrou nie. Amein.

Woord aan Nalize – 13/5/2010

Weer is die aarde dor en leeg en herskepping lê voor die deur. Weer sal die Lig die duister oorwin om ruimte te bou vir die nuwe begin. Elke ding rondom jou, Liefling, is reeds in plek en met My Liefdesvonk met asem oordek om ag te slaan op die orde-verwisseling wat spoedig sal breek, soos die tyd aanbreek.

Ja, tyd is nietig by My. Is hierdie profesie dan voortydig geopenbaar? Nee. Elkeen wat weet, sal luister soos maagde wat wag op die bruidegom, met wysheid in die lampe. EK IS die bruidegom en die koms is op talle vlakke voor die deur. Is jy ook gereed voor die deur van ‘tyd’? Kan jy My hand neem en saamloop wanneer Ek verbykom? Ek wag nou op jou, maar die oomblik kom dat Ons saam met tyd sal moet aanstap. Amein.

Voordag is definitief nou ‘n asemteug, soos ‘n droomverlore-oomblik. Werklikheid sal vergestalt word in die gebeure wat volg. Herskepping van harte is tog die rede vir alle verwoesting – om die ellendiges weer te roep tot deemoed. Sugtend sal die gewonde gemoedere weer oë ophef na Bo en dank betuig aan Hom, alleen, Wie dit toekom. Te veel steun die mens op homself en kyk hy op na rolmodelle wat eweneens nie asem kan inblaas. Waarom moet gevallenes meer eer ontvang as die Maker van die draer van so ‘n gees? Niks is meer belangrik in My oë as die gees wat My moet vind uit vrye wil nie. Soek daarom uit jou ellende wat jy nog by My moet vind. Vra My dan dit en jy sal ontvang. Amein.

Woord aan Nalize – 16/5/2010

Wanneer sal My volk die roepstem in hulle harte beantwoord deur hulle weë na My te rig? Vra Ek nou die opgee van alle handelinge buite My orde? Ja. Vra Ek die oorhandiging van geliefdes aan My Sorg? Ja. Vra Ek die beëindiging van hartelose handelinge wat die eie wil voed? Ja. Waarom dan sal Ek wil wag om reaksie te sien?

Die dag het gebreek waarop Verlossing bewerk word deur die harte van regverdiges. Wees deel van My regverdige geslag, want Ek wil hê dat jy moet Lewe. My Waarheid ontvou in jou as jy tree vir tree ag slaan op jou gewete. Waarheid is die ewige Lewe, daarom ontwaak jy dus tot ewige bestaan as jou gewete (My Gees) jou begin lei. Dra dit as ‘n leuse, ‘n begeerte en ‘n vesting in jou rond, naamlik ‘LEWE’ en jy stap die pad tot volmaakte, volkome wedergeboorte in My. Ek is die Suiwere, die Volhoudende Waterstroom wat voed, daarom het Ek hierdie water laat ontspruit. Ek kies die bron, Ek was skoon, Ek reinig deur en deur en klippe breek oop om water te gee. Dienend is hulle dan , tot veredeling, geensins beter as die res. Elke geskapene het egter sy eie veld van diensbaarheid tot veredeling en Ek ken elke siel, soos dit in die palm van My Hande gevorm is. Amein.

Weerloos staan elkeen voor Mý, nie die vyand nie. Ek is die laaste sê in die daaglikse lot van alle bestaan. Dra jy vrug of word jy uitgekap? Die herwinningsgedagte is ook uit My, want dien jy nie jou doel in jou huidige bestaan, herskep Ek jou waar en hoe jy beter sal reageer op My Roepstem. Male sonder tal sal Ek dit doen om jou weer met My te verenig uit vrye wil van jou kant af.

Sterk is die skemer vir dié wat hulle vrugte versteek, weg van die son. Nag sal spoedig vir hulle breek. Amein

 





[terug]