27 FEBRUARIE Woord aan Nalize Roets

Woord van Bo aan Nalize – 26/2/2011

Dit is die dag van lyding waarvan Ek spreek: hou jou by die Geregtigheid as jy gered wil word. Hou jou by die Liefde as jy met jou naaste te doen het. Hou jou by Barmhartigheid om te groei in die ewige sin. Hou jou by Nederigheid om My Krag te ontvang. Amein.

Waarom sal die dag 'n goeie uitwerking hê? Omdat elke lewende asem vra vir uitkoms? Nee, omdat Ek die weë van die goddelose wil wend na My deur nog 'n kans – 'n kans op voor begin in veranderde vasgevangde lot. Dit sal wees soos in die dae van Noag – net grootser, sonder water, soos geloof. Elke druppel sleg sal opgerol en weggepak word, sodat Myne die aarde kan sien blom in Vrede en vreugde. Amein.

Ek leer julle nou van daardie tyd en as jy My glo sal jy in daardie tyd lering uit My Hand ontvang, want jou naaste se oor sal ook net op My gerig wees. Gaan julle mekaar ophou leer? Ja, want getuienisse is nie lering nie, maar Ek spreek só tot die hart, Amein.

 

Stuk 9 – 26/2/2011

Waarheen moet die ergste sondaar reis om uit My Volk se pad te bly? Moet Ek hom of haar stuur na die uithoeke van die aardbodem of dalk na buite die aarde se oppervlak? Moet Ek die sondaar deur geregtigheid en 'n donderstaf gebied tot geknelde diens en 'n verbeterde lewensuitkyk, of moet Ek hom net 'n nuwe lot gee met geen besef van 'n hoë stem of magtigheid wat hom oordeel nie. Moet hy self tot daardie besef kom?

Ja, My kinders en geliefdes, die magtigste oordeel is soos in die dae van Israel, toe die oortreders se gesin met tent en al in die aardkors weggesink het. Net Ek hoef te weet van die lot van die verkeerde. Nie die verkeerde self nie. Hulle moet eers besef dat daar 'n Godheid is, sonder dwang, voordat hulle mag weet dat Sy Krag 'n invloed het op hulle ewige bestaan. As dit anders gebeur, sal die sondaar nooit uit sy berouvolle toestand kan opkyk nie en nooit vir My 'n kind kan wees nie. Maak jou kind groot om te verstaan wat hy of sy deur dade veroorsaak, nie om heeltyd oor die skouer te loer uit vrees daarvoor dat hy of sy weer iets verkeerd gedoen het nie. Amein.

Ek is Liefde, wat wil hê dat elke kind ook só moet word, want die Liefde oorwin alles. Amein.

 

Stuk 10 – 26/2/2011

Niks is moeite in die ewigheid nie, want dit is die werklike wat aanhou al hou dag en lewe op in die onwerklike. Geen afstand is te groot, geen las te swaar nie, want die tyd wat dit neem om gewysig te word, is die tyd wat Liefde toegelaat is om in te tree. Bedink 'n lewe waar gejaagdheid liefdeloosheid is en waar die teendeel van stadige handelinge, nie 'n toets vir geduld is nie, maar die verwelkoming van Liefde is. Laat My Liefde toe om deur jou te vloei.

Dit beteken nie – wees laks of lui wanneer jy werk nie, want Liefde is net van toepassing wanneer dit jou naaste tot diens strek. As jy dus met jou naaste te doen kry – hou jou by die Liefde (die Verdraagsaamheid, Geduld en Vrede), want dit bring Lig. Amein.

Wees verder nie 'n gejaagde reisiger op aarde nie, want dit bring verstrooidheid en foute mee, maar lei 'n lewe waar jou krag spreek van Goddelikheid deur die wyse waarop jy sake benader. Soek na maniere om jou naaste te dien in enige besluit en jy sal My Krag deur jou ervaar. Wees egter gewaarsku – as jy dit doen met 'n gesindheid van eie gewin vir die ewigheid, werk jy jouself eerder dieper die duisternis in en sal jou kragte faal om Liefde, Lig en Lewe voort te bring. Amein.

Ek laat My nie bespotlik maak nie en daarom het Ek die eerste maal aarde toe gekom, ook om die Volk te toon dat Ek nederigheid self is en nie die waansinnige beeld wat die fariseërs van My as selfgesentreerde Heerser voorgehou het nie. Die fokus mag nooit vir enige een wat soos Ek wil wees die self wees nie, maar eerstens die voortbestaan van als in harmonie deur die Goddelike sorg en dan die Lewendes self uit ontferming. Amein.

 

Stuk 11 – 26/2/2011

Werkers van Geregtigheid kyk een ding mis – naamlik Myself. Hulle kyk net na My as Woord vol feite en oordeel. Die Liefde leef egter in en agter die Woord en daarby kom hulle nie uit nie. Sodoende kan hulle ook nie met My verenig nie, nie met My aan tafel sit nie en nie as 'n kind na 'n Vader keer nie. Soveel tekorte bestaan daar dan in hulle uitkyk op die lewe dat Ons nog vir 'n lang tyd van mekaar geskei sal bly.

Daarom moes die wet nie op papier, maar op die hart geskryf gewees het, dat hulle minstens op die regte plek kon gaan soek vir My. As hulle eers die weg na hul hart gevind het, waar die eienskappe van die Liefde die wet moes onderrig, sou die eerste mylpaal gehaal gewees het. Nou verloop dit so anders, want sonder enige liefdeseienskap tel die vlees die wet op papier op en druk die vleeslike vinger die woorde raak wyl die vleeslike mond die oordeel fel oor die vleeslike oortreder. Skepping van die Almagtige, beskou eers die oortreder in die Gees – dus jouself as martelaar en dan die oortreder as martelaar van julle eie gebreke. Daarna wend jy jou tot die Liefde en bid  vir julle albei en dán mag jy spreek uit die wet, naamlik die Woorde wat in jou hart geplaas word wat die Liefde opwek in beide. Ek is só teenwoordig en nie die bespotlike Vader wat almal gebruik vir selfregverdiging nie. Ek is die Liefde in die sagte briesie wat oral waai. Amein.

 

Stuk 12 – 27/2/2011

Ek is die Eerste en die enigste wat jou, geskapene, mag nader in die Gees. Deur jou bereidwilligheid om My te gehoorsaam en enigiets en alles prys te gee laat jy My toe om jou te bereik. Deur jou liefde jeens My as Ewige Godheid, Skepper en Vader maak jy die kanale oop en deur jou hartgesindheid om jou naaste se behoeftes bo joune te stel, laat jy strome van seën van Bo deur jou vloei tot jou naaste. Amein.

Ek wil betrokke wees op elke vlak en jou bereidwilligheid bly My deur, toegang en sleutel. As jy eerder met jou eie weë en take voortgaan, en My Wil buite beplanning laat in jou lewe, sal jy maar die lang, moeisame pad moet stap van selfontdekking van Wie en Wat Ek as God werklik is. As Ek kon binnetree as Raadgewer, Toesighouer en Loongewer, sou jy My Barmhartigheid eerste leer ken en vandaar die Lig ontvang op My Wese. Amein.

Ek is lief vir jou, My skepsel. Jy is Myne van jou eerste belewing van Lig af in die ewigheid, MAAR, jy IS geskape met 'n WIL om keuses te maak en daarom is ons nie Een nie. Jy moet eers kies om Een te wees met die Bron wat jou ontwikkel het van 'n skeppingsgedagte tot 'n lewende wese. Dié Bron het gehoop jy sou die wonderwerk van die Lewe as n skepping in die ewige orde van oneindigheid besef, benut en deel in die uitbreiding daarvan, maar in plaas van besef, laat jy die tyd en liefde na om dankbaar te wees en die saak te ontgin.

Deurdat die vyand as nog 'n skepsel in 'n hoë  orde, uit My Hand ook besluit het hy sluit sy oë vir enige iets hoër en groter as hyself, het hy vir hom die kluistering van oogklappe gekies, waar hy nou net kan sien en beleef wat op sy eie vlak en laer in die skepping gaande is. Hy kan invloed uitoefen deur die skepping te laat neig na sy vasgevangde idees en wil en sodoende almal beperk om net hulle eie vlak en laer in die skeppingsordes te besef en te begryp. Dit veroorsaak uiterste mag, want die wil oor die self is die eerste reg wat EK My skepping gegee het. As jy die wil oor die self bemeester, soos My vyand, in selfsug, kan jy ander beïnvloed om ook só te handel, want dit is aanloklik om te dink jy kan jou eie sukses en vooruitgang bewerk. As jy egter besef die wil oor die self moet bemeester word, in nederigheid, betree jy 'n hoër orde, want jy laat die Lig jou self omvorm deur altyd laaste na die self om te sien en eerste na die skepping om jou. Dit is en bly die verskil tussen Lig en duister –  selfgesentreerdheid in die duister en omvangryke ontferming in die Lig. Bly in die Lig en jy sal groter en sterker word as die vyand, om uiteindelik vir hom en sy gebruiksdienare te kan bid.

Ek het in die vlees kom toon hoe 'n mens alles kan opoffer vir die vyand se plesier, omdat dit uiteindelik sal lei tot sy redding. Moenie 'n ander tipe lewe verwag nie, want die tyd vir verbetering van die vyand se uitkyk is nog lank nie hier nie, maar vind vreugde daarin dat jy nou deel word van die hoër orde waaruit die vyand gekies het om te val en dat dit Liefde, Lig en Lewe bly bewerk. Amein.

My Liefde vir jou is soet, daarom laat Ek jou smaak wat die ewige voedsel omvat. Amein.

Jy is welkom om aan My tafel te sit en sal altyd soos 'n eregas behandel word, want dít is Liefde. Amein.

Doen ook só en jy sal lewe en nooit die dood sien nie. Ek, Jahshua, Amein.





[terug]