Woord aan Nalize, 14/11/2011

Woord aan Nalize, 14/11/2011
Ek is die Rots, die Sterkte en die Krag van My Volk. Ek sal hulle deur hierdie komende gevare lei, sodat niemand wat vir My moet werk hulle lewens sal verloor nie. Maak gereed om ook jou amp te beklee in My linies, deur in nederigheid jou naaste meer en meer lief te hê.
As jy dit kan regkry om jou naaste se las te verlig op jou lewenspad, is jy gereed om in My oorlogslyne te staan. Ek sal jou opdrag om veg en verdediging in jou oor fluister op die regte tyd. Waak nou egter eers teen alles wat die vyand jou vertel. Wees nie gesus dat die stryd `n storie is nie; dit is juis NOU in jou binneste aan die gang om te glo dat die vyand jou met rus wil oorweldig en trek om deel van elke sisteem van hom te word. Maak los uit Mammon deur in gebed My hulp te vra met die bereiking van jou aardse doelwitte. As jy in nederigheid vir My vra wat jy benodig en geduldig daarop wag, sal jy vinnig jou doel bereik, sonder die las van die vyand se sisteme op jou skouers. Amein.
Wees bly dat Ek jou die antwoorde gee op jou daaglikse probleme en berus by die kwaliteit lewe wat Ek vir jou bewerk. Onthou, jou geestelike loon op dit wat jy uitdeel is veel groter as die fisiese vooruitgang wat dit bring. Wees bereid en oop vir My seën om die pad van `n vegter in My skare te stap. Dit word bewerk deur naasteliefde in selfverloëning en die hoër doel IS om My Skeppingskrag in jou te dra, want SO brei My Ryk uit. Amein.
Ek, die Liefde, rig hierdie brief aan jou, Volksgenoot, om jouself gereed te maak om vry te wees van aardse laste. Amein.
 
Woord aan Nalize, 15/11/2011
Lewe is die ware weg. Wat is Lewe? Ek, Jahshua, is die Lewe. Wie nie deur My, die Lewe, gaan nie, sal die Koninkryk nooit sien nie. Ek het die Koninkryk in jou hart reeds lewend gemaak as jy begin lewe het in My. Al hierdie kom voor soos raaisels en die een is gelyk aan die ander in sirkels, maar dit is nie so moeilik en onverstaanbaar nie, mensekind. As jy kan glo dat Ek die vonk is wat alles in stand hou en laat groei en jy kan glo dat jy ook daardie vonk in jou hart dra, sal jy verstaan hoe Ek en jy lewe skep en jy deur geloof lewe voortbring en Ek daarom jou weg is tot die lewe. As jy in staat is daartoe om in geloof te handel, het jy die lewe in My verwerf. Dan kan jy saam met My groei tot hoër en nuwe vlakke van geloof. Wat dan van Satan en sy weë? Handel hy in geloof? Nee, hy weet waartoe hy in staat is en handel daarvolgens. Daar is geen onsekerheid vir hom om te wil oorbrug met geloof nie, daarom het hy sy rug op My gekeer. Hy reik nie na Liefde nie, net na oorheersing en daarom is daar geen hoop betrokke nie, net `n WIL. Wees nie soos hy nie, hoop op die Liefde, handel in geloof en word versterk deur die wonder van bekeerlinge. Eer My vir alles, want dit is My vonk van Liefde wat dit bewerk, ook deur jou. Amein



[terug]