WOORD AAN NALIZE OOR NUWE BYBEL OP 04.09.2012

Gee ag op My Woord, Volk van weleer. Julle het gevra wat Ek in die Nuwe Bybel bedoel met die volk en rasse-kwessie. Waarom is dit anders as hoe Ek met julle gepraat het deur ander skryfknegte? Julle is ‘n volk, die Boerevolk, nageslag van die ou Israelvolk. Julle bestaan nie meer as Israel nie en so te sê ook nie meer as Boere nie. Julle Leidsman vra net dat die tempel wat in die Volk in julle harte opgerig moes word, nou lewend sal word voor die duister gebeure neerdaal waaruit die NUWE DAG saam met My sal vorm aanneem. Wees bly dat Ek al MY KINDERS VAN MY LIEFDE roep om as EEN VOLK, ‘n NUWE VOLK, te versamel. Met My as LEIER en KONING is dit ‘n eenparige, NUWE VOLK wat sal opstaan uit die as en puinhope van wêreldse afval (Satána). Julle vraag oor die uitnodiging aan alle rasse, volke en kulture het een maklike antwoord en elkeen wat in sy hart wou soek, sou dit reeds gevind het. Ek is regverdig en vol LIEFDE vir MY SKEPPING. Alles wat EK geskape het, dra LEWE en dus EWIGHEID daarin. EK gee alles ‘n gelyke kans om MY te vind en lief te hê, al is die siel se kans hoe swak. Die loon is in gelyke mate met die liefde en berou of bekering van die siel. Is daar nie opgeteken dat dit nie goed is om aan die honde die krummels van die tafel te voer nie, maar dat hulle dit wel eet nie? Dít is met betrekking tot hierdie laaste dae neergeskryf, sê Ek, julle ELOHIM. Die honde sal ook die krummels eet, want MY VOLK van ouds wou nie die Brood hê nie. Die krummels het net soveel waarde as die Brood, dit is net nie meer ‘n VERBOND, soos van ouds nie, almal kan dit optel en eet. Waarom sou EK dan voorheen van barbare praat en hulle nou uitnooi om die anker in geloof te neem? Ek sê vir julle dat elkeen sy plek het in My Skepping en dat hulle nie een plek meer of minder sal beklee as wat hulle toegelaat word nie. Ek bevestig egter ook dat alle LEWE (iets met ‘n lewende siel) deur My toegelaat is om te lewe vir welke doel ookal. Die Skeppingsproses van elke lewende wese was dalk nie in My orde van Apartheid nie, maar steeds toegelaat tot redding van siele wat nog opwaarts neig. Elke lewe vir ‘n siel op hierdie aarde is ‘n genadegawe wat lei tot Kindskap. Kindskap is die voltooiing van ‘n siel se pad op aarde en die smeltkroes van gebeure wat gaan volg, mag selfs barbare se leerproses verkort. Ek bly egter in beheer en aangesien net dié wat My in hulle harte aangeneem het, sal oorbly, sal Apartheid van rasse en volke steeds geld, maar EK as Koning, sal slaaf, sowel as edele seën as KINDERS VAN MY LIEFDE. Berus daarom dat EK die mag van die Duister (Satána), nie langer in MY LIG sal laat gedy nie en dat alle lewe alleen uit MY GENADE ‘n kans het op bestaan. EK, die SKEPPER van HEMELE en AARDE, het gespreek deur hierdie skryfkneg van weleer. Dit sal haar rol bly in lang tye wat gaan volg. Bid om My ook só te ken, soos wat EK My aan haar gaan openbaar. Julle Liefde is almal daartoe in staat. Amein.



[terug]