Boodskap No 8 aan Lukaas op 1 September 2013

Skryf sagkens aan my volk Lukaas, vertel hulle van die belofte, Die Boer Droom, die land wat rus, wingerde wat geplant word, prag en vrede tydens die Sabbat van die aarde en van die 1000 jaar wat nog moet kom vir daardie volke aan wie die belofte en droom gegee is. In eerbied en verwondering sal julle die Vierkleur aanstaar deur daardie vele jare, telkens wanneer julle Pretoria besoek gedurende die Sabbat van die aarde se rus. In eerbied en verwondering sal julle ook plant en oes van die aarde wanneer sy dit in daardie tye aan julle sal lewer, terwyl julle arbeid so lig sal wees. Soos wat 'n moeder haar pasgebore kind voed, so sal die aarde julle voed. Sê vir hulle Lukaas, EK IS wat EK IS soos wat dit voorspel is en bevestig weer en weer dat dit so sal wees! Pretoria, Filadelfia, sal die stad van broederlike liefde word, so vreedsaam sal dit wees. Ek IS wat EK IS wil dit so hê. Daardie name wat julle gedink het verlore gegaan het in julle volke, sal weer herstel word en sal wees soos musiek in julle ore wanneer julle dit spreek. Droom die droom, Boerevolk. En ook van Pretoria en wat dit sal wees in daardie tye; sê net dit vir hulle, Jakaranda, vir eers. Hulle wat waghou en hierdie dinge verstaan weet van die Jakaranda.



[terug]