Boodskap No 16 van Lukaas Van Hout op 16 September 2013

Boodskap No 16 van Lukaas Van Hout op 16 September 2013
Skryf Lukaas, jy sal skryf, al sal daar baie wees wat hierdie woorde sal weerstaan, skryf, want die goeie kinders van Gam moet weet van My liefde vir hulle. Goeie kinders van Gam, nie My liewe kinders nie, My goeie kinders van Gam, luister na hierdie woorde van My boodskapper Lukaas, wat My gehoorsaam as My boodskapper in alles wat Ek hom vra om te doen, want dit word direk aan julle geskryf deur hierdie nederige dienaar, sodat julle kan weet en glo Ek, EK IS wat EK IS, Hy wat is, was en ewig sal wees, Skepper van alle dinge, julle hemelse Vader van Vaders, is ook saam met julle in hierdie moeilike tye! Selfs nou stuur Ek My Heilige Gees aan julle en soos wat julle hierdie woorde lees, kan julle weet dit is Ek, EK IS wat EK IS wat spreek tot julle harte. Goeie kinders van Gam, waarom twyfel julle aan My liefde vir julle? Waarom dink julle dat Ek julle sou vergeet? Ek weet van julle vrees en bewing. Ek weet dat julle bose broers en susters julle wil verlei met verskriklike woede en bedreigings. Vrees nie en Ek sê weer: VREES NIE. EK IS met julle! In hierdie tye wat kom, sal Ek die vrees vir julle plaas in die harte van hierdie bose kinders en hulle sal julle vrees wanneer hulle My in julle sien! Ek sal ook My engele stuur om julle te beskerm. Baie van julle is gekies om hierdie lewe te verlaat deur hulle hand. Dit is My wil en nie om julle te straf nie. Dit is vir My doeleindes en My planne vir hierdie tye. Diegene van julle wat Ek uit hierdie lewe neem, sal sit aan die tafel van Abraham, deur My genooi vir daardie werke wat julle gedoen het en sal doen om My volk te help gedurende hierdie tye. VREES NIE! EK IS WAT EK IS sê aan julle op hierdie dag, VREES NIE en gee oor aan My wil en liefde, sodat Ek julle kan lei gedurende hierdie tye wat voorlê om die werk te doen waarvoor Ek julle voorberei het om te doen, want dit is 'n magtige werk, 'n magtige werk wat julle sal doen vir My volk in hulle uur van nood. Verneder julle nou voor My en laat vaar al julle woede en bitterheid, want Ek het ook groot seëninge vir julle berei na hierdie tye en julle sal in vrede en veiligheid woon in julle lande, soos wat julle nog nooit tevore geken het nie. Soos wat Ek vir julle gesê het in die ander woorde, is Ek selfs nou besig om My boodskappers in julle eie volk op te rig, wat hierdie woorde sal bevestig vir julle en julle sal weet dat dit van My gestuur is. My lig, My lig van waarheid en My Heilige Gees sal skyn van hul aangesigte en so groot sal hulle liefde wees, dat julle sal ween van blydskap om My woorde te hoor soos wat Ek dit sal spreek deur hierdie boodskappers wat Ek na julle sal stuur. Wanneer hierdie bose en Ek sê dit weer vir julle vanuit My eie Mond, BOSE KINDERS die opdrag gee om My volk uit te roei, LUISTER NIE NA HULLE NIE EN DRAAI WEG VAN HUL WEË, sonder julle af van hulle af en gaan julle eie weg waarop Ek julle sal lei en wys. Julle mag niks te doen hê met hulle werke, wat kom uit die hand van Satan nie, anders sal julle onder die oordele kom wat Ek, EK IS wat EK IS selfs nou voorberei vir hierdie bose kinders. Wanneer hierdie doodsbevel teen My volk kom vanuit die monde van hierdie bose kinders, is dit ook My woord wat julle vertel om My kinders by te staan en om aan hulle hulp te verleen op watter wyse julle ookal kan. Goeie kinders van Gam, in daardie tye sal julle sien wat baie van julle voorouers by Bloedrivier gesien het. Julle sal My engele sien staan onder My volk, VREES NIE, hulle is nie daar om julle seer te maak nie, hulle is aangestel om My volk te beskerm. Julle mag nie naby hulle gaan nie, hulle is aangestel om hul opgelegde take te doen. Ek sal julle oë open om hierdie dinge te sien, as nog 'n bevestiging dat EK IS wat EK IS met julle is. Gaan in vrede, verkondig die goeie nuus onder julle volk, die Vader van die Vaders, die Voorvader van die Voorvaders is ook met julle en is lief vir julle!




[terug]