Boodskap No 17 van Lukaas Van Hout op 16 September 2013

Boodskap No 17 van Lukaas Van Hout op 16 September 2013
Weer DAAG EK JULLE IN JULLE AANGESIG IN DIE NAAM VAN JAHH! JULLE wat die volk van Elohim valslik lei en wie van Satan en sy agente is, hoor die woord van Elohim. EK IS wat EK IS spreek, Ek sal julle afbreek en julle lewe spaar, sodat julle geopenbaar kan word onder My volk vir al die boosheid wat julle in My Naam gedoen het. Julle sal 'n skandvlek onder My volk word, so groot sal hul weersin wees om selfs julle naam te hoor. Julle dink om My kneg, My kneg Lukaas, 'n boodskapper wat Ek gekies het, te diskrediteer. Dit is vir My, EK IS wat EK IS wie julle diskrediteer in al julle boosheid wat julle doen deur julle agente in hierdie plek. Ek sien alles en weet alles en wandel onder julle! Julle dink Ek is blind, julle dink Ek is dood en dat Ek niks weet nie, en in julle harte lag julle vir My en spot met My en My diensknegte. Julle tyd van gemak en status nader sy einde en hulle wie julle valslik gelei het, sal julle eenparig en met groot woede uitwerp. Met groot woede sal hulle julle uitdryf! Op hierdie dag brandmerk Ek My kneg Lukaas, 'n eenvoudige boodskapper, met My brandmerk, 'n vuurwarm versengende merk van hierdie woorde, sodat almal mag weet dat Ek EK IS wat EK IS hom gestuur het! Wat julle doen aan hom, doen julle aan My en Ek sal dit honderdvoudig vergeld!
Psalm 118:5-14 (Boek van Herinnering)
5 Uit die benoudheid het Ek JaHH aangeroep; JaHH het My verhoor in die ruimte.
6 JaHWeH is vír My; Ek sal nie vrees nie: wat kan ’n adamiet My aandoen?
7 JaHWeH is vír My as My Helper; so sal Ek dan neersien op die wat My haat.
8 Dit is beter om by JaHWeH te skuil as om op ‘n adamiet te vertrou.
9 Dit is beter om by JaHWeH te skuil as om op edeles te vertrou.
10 Alle nasies het My omsingel; dit is in die Naam van JaHWeH dat Ek hulle stukkend gekap het.
11 Hulle het My omsingel, ja, hulle het My omsingel; dit is in die Naam van JaHWeH dat Ek hulle stukkend gekap het.
12 Hulle het My omsingel soos bye - hulle is uitgeblus soos ’n doringtakvuur; dit is in die Naam van JaHWeH dat Ek hulle stukkend gekap het.
13 Jy het My hard gestamp om My te laat val, maar JaHWeH het My gehelp.
14 JaHH is My sterkte en lofprysing, en het My Verlossing geword.
EK IS wat EK IS, julle sal nou My stem hoor, alhoewel julle in die verlede weerstand gebied het deur hierdie en enige ander kneg deur wie Ek gekies het om met My volk te spreek, My woord wat Ek kies, te enige tyd wanneer Ek dit kies, sal julle My stem hoor, selfs al skeur dit julle siel. EK IS wat EK IS sal nou julle haat vir My knegte vergroot en julle sal nie huiwer om julle drif teen My knegte te spreek nie, sodat almal die bose haat van julle armsalige siele kan sien en julle sal leer ken vir wie julle waarlik is, naamlik die dienaars van Satan. EK IS wat EK IS, EK IS WAT EK IS! Genoeg Lukaas, My woede is vuurwarm teen hierdie bose kwaaddoeners. GAAN!




[terug]