Boodskap No 19 van Lukaas Van Hout op 18 September 2013

Boodskap No 19 van Lukaas Van Hout op 18 September 2013

Veragtelike adder saadlyn van die mensdom, veragtelike Edomiete, kinders van Kain, EK IS, skryf Lukaas; EK IS wat EK IS. Het julle gedink dat toe julle Lukaas van My af weggeneem het as 'n klein kindjie, dat Ek hom onkundig sou gelaat het? Ek het hom aan julle gegee en julle het hom geteister met elke denkbare boosheid, weer en weer het julle My kneg Lukaas geteister. Met elke soort dood en ellende het julle hom verdruk en elke keer het hy na My teruggekom. Julle het gedink dat julle hom verswak het, julle het gedink dat sy gees en sy bereidwilligheid om My te dien, vernietig is, julle het gedink om sy gedagtes te vul met valse leerstellings van julle duiwels en `n vals begrip van My wil vir die mensdom en tog het Ek hom elke keer gehoor wanneer hy “ABBA VADER” uitgeroep het en elke keer het Ek hom terug ontvang, want Ek het sy hart geken, die hart wat EK IS wat EK IS vir hom gegee het om te volhard, ten spyte van alles wat julle aan hom gedoen het, en toe dit blyk dat sy lewe beëindig is, het Ek, EK IS wat EK IS na hom geroep en ten spyte van alles wat aan hom gedoen is, het hy geantwoord: “Vader, alles wat U My vra om te doen, sal Ek doen.”
Deur al die jare wat julle hom geteister het met elke denkbare boosheid, het hy MY WIL gedoen. Lukaas, My seun, uit 'n mens gebore, is vervolmaak deur al hierdie boosheid wat julle aan hom gedoen het en vrees niemand of enige gees nie! Hy ken julle nou deeglik, want in julle arrogansie, soos wat julle hom geteister het, het julle meer van julle armsalige boosheid geopenbaar as wat julle ooit aan enige persoon openbaar het en soos wat Ek julle ken, so ken hy julle ook. Lukaas ken reeds die dood en nie net `n vreedsame dood nie, maar `n verskriklike dood en hy vrees dit nie, want hy weet hy wandel saam met My, nou en in die koninkryk wat kom. Lukaas sal teen julle saadlyn van adders en teen julle Edomiete getuig, hy sal in My Naam teen julle getuig en julle aan baie openbaar. Ek het hom met My woorde verseël, met 'n versengende warm yster het Ek hom verseël om My woorde te spreek. EK IS wat EK IS, Ek sal hom neem wanneer EK IS gereed is om hom te neem, en geen hand sal die weg wat Ek vir hom uitgelê het, aanraak nie, tot op daardie dag wanneer Ek hom sal neem.

Ontvang jy nou hierdie warm versengende yster van My woord op jou hart, al ken jy die groot beproewing wat na jou sal kom, Lukaas.

“Ek sal Vader, selfs tot die dood toe sal Ek alles doen wat U van my verwag en in die teenwoordigheid van al hierdie getuies, aanvaar ek U wil in My lewe.”

Psalm 118:5-14 (Boek van Herinnering)
5 Uit die benoudheid het Ek JaHH aangeroep; JaHH het My verhoor in die ruimte.
6 JaHWeH is vír My; Ek sal nie vrees nie: wat kan ’n adamiet My aandoen?
7 JaHWeH is vír My as My Helper; so sal Ek dan neersien op die wat My haat.
8 Dit is beter om by JaHWeH te skuil as om op ‘n adamiet te vertrou.
9 Dit is beter om by JaHWeH te skuil as om op edeles te vertrou.
10 Alle nasies het My omsingel; dit is in die Naam van JaHWeH dat Ek hulle stukkend gekap het.
11 Hulle het My omsingel, ja, hulle het My omsingel; dit is in die Naam van JaHWeH dat Ek hulle stukkend gekap het.
12 Hulle het My omsingel soos bye - hulle is uitgeblus soos ’n doringtakvuur; dit is in die Naam van JaHWeH dat Ek hulle stukkend gekap het.
13 Jy het My hard gestamp om My te laat val, maar JaHWeH het My gehelp.
14 JaHH is My sterkte en lofprysing, en het My Verlossing geword.





[terug]