BOODSKAP 18 EN 19 VAN ABBA VADER AAN BERTUS HANEKOM

BOODSKAP 18

21 SEPTEMBER 2013 om 02H00 SABBATDAG

Die tyd van afsluiting

Julle leef nou in die tyd waarin alles afgesluit word, ‘n tyd waar daar oral ‘n gewaarwording is dat die einde op hande is.  Dit is dan ook die rede waarom Ek, Elohey so dringend deur My Woord en My boodskappers met julle praat.  My liewe kinders, tyd is besig om vinnig ten einde te loop.  Luister na My stem, daar is ‘n rede waarom dinge plaasvind soos wat julle dit nou sal ervaar (‘n geestelike rede).

Die rede is: “EK KOM TERUG!”

Die werk wat julle vir My moet doen, is geweldig groot, met net genoeg tyd oor om die beste daarvan te maak.  Wat van belang is wanneer dit gaan plaasvind, sal wees of julle besig is met My opdragte en dit gaan gehoorsaam.  Om in hierdie eindtye te leef, het julle ‘n verantwoordlikheid om na te kom, doen dit dan met groot ywer.

Julle is die laaste getuienisse van hierdie uur – en Ek het aan julle alles gegee wat julle nodig het om die werk gedoen te kry.  Om saam met My julle Elohey, te beweeg, moet julle bereidwillig wees om die moeilike deel van die nuwe pad ook saam met My te loop.

Ja, daar sal mense wees wat hierdie aktiwiteit van verandering sal beveg, omdat hulle onkundig,jaloers of bevrees is.  Dit kan baie maklik jul aandag van die taak wat voorlê aftrek, maar julle kan nie bekostig om kosbare tyd en energie te vermors op mense wat nie die erns van die eindtye besef nie.  Die oomblik wanneer julle julle oë van My afhaal en op die negatiewe en lewensomstandighede begin konsentreer, kan julle baie maklik, soos Petrus, ook in die diep waters wegsink. 

Kyk, My volk is reg deur My Woord as ‘n uitverkore geslag genoem: “As julle dan nou terdeë na My Stem luister en My Verbond hou sal julle My persoonlike eiedom uit al die volke wees, want die hele Aarde is Myne”. (Exodus 19:5)

“Want jy is ‘n volk apart gestel aan Jahweh jou Elohey, en jou het Jahweh uitverkies om Sy Eiendomsvolk te wees uit al die volke wat op die aangesig van die Adamah (adamiet se Aarde) is.” (Deuteronomium 14:2)

“Maar julle is ‘n uitverkore saadlyn, ‘n koninklike priesterdom, ‘n apartgestelde nasie.  ‘n Volk as eiendom verkry, om te verkondig die voortreflikheid van Hom wat julle uit die Duisternis geroep het tot Sy wonderbare Lig.’ 1 Petrus 2:9)

Ja, vir My is julle afgesonder van die wêreld en baie spesiaal; ‘n skat wat in My hart verborge is.  Vir die sekulêre wêreld, en ook vir sommige in die geestelike wêreld, sal julle vreemd en anders wees.  Uitverkore mense van My doen dinge op My manier, al lyk dit vir die wêreld en ander mense snaaks.

My liewe kinders, wanneer Ek dinge in die geestelike realm begin verander, word alles wat geskud kan word, deurmekaar geskud en het tot gevolg dat die veranderinge wat Ek verlang, plaasvind. (Lees Hebr 12:26-27)

My liewe kinders, dit is daarom noodsaaklik dat julle bly oor hierdie veranderinge moet word, omdat dit beteken dat julle al hoe nader na die einde begin beweeg.  Besluit daarom nou in jou hart om nie bekommerd te wees nie.  Ja, laat julle dan nie bevrees wees nie, maar die eindtyd se geleenthede en avontuur aangryp en beleer.

Maak nou ‘n keuse om, ten spyte van jou omstandighede, in hierdie eindtye betrokke te raak in My teenwooordigheid en die van jou naaste.

Kyk, Ek sê weer: “Tyd is besig om vinnig ten einde te loop!”

Amen.

BOODSKAP 19

21 SEPTEMBER 2013 OM 03H30 SABBATDAG

Ons is in ‘n oorlog betrokke.

Met al die nuwe aanslae wat die vyand nou in hierdie eindtye op My,  jul Elohey se werk loots, moet julle gereed wees om geestelik oorlog te voer.

Julle moet die oorlog betree met die vasberadenheid om te veg tot die einde toe.  Daar is mense wat net praat oor die vernietigingswerk van die Duiwel in mense se lewens, maar self nooit in die oorlog wil betrokke raak nie.  Hulle onbetrokkenheid veroorsaak dat die vyand al hoe meer grond wen.

Kyk, Ek Elohey wou, en wil nog steeds hê dat My kinders geskool in oorlogsvoering moet wees.  Ja, mense verkeer onder wanindruk dat ons in vredestye leef. ‘n Suksesvolle geestelike oorlog is een waar hulle die oorlog wen.  Migael het teen die engele van Satan geveg en die eerste oorlog ooit, gewen.  Die tweede oorlog het plaasgevind in die Tuin van Eden.  Hier het die stryd gegaan om die mens se wil en die uitslag sou bepaal wie mag het oor die mens se eindbestemming.  Ja, dit mag voorkom of die Duiwel die stryd gewen het, maar hierdie geveg het voorgegaan totdat Ek, Jahshua teen Satan geveg – en gewen het!

Hoe pak julle hierdie stryd aan?

Kyk, Ek Jahweh het julle gekies om My sondate te wees.  Daar is geen vrywillige veermag nie – elke gelowige is opgeroep om in hierdie oorlog gewikkel te raak.

Sonder wapens kan ‘n stryd ook nie aangesê word nie.  In My Woord is ‘n duidelike omskrywing van julle wapens en hoe dit gebruik moet word.  (Lees Efesiërs 6:13-18).  Elke ware soldaat moet gesalf wees met die Apartgestelde Geeskrag, want die vyand en sy onderdrukkende manier van dinge doen, kan nie met vleeslike mag beveg word, nie.  Hy word slegs oorwin deur die wapens wat Ek, Elohey tot julle beskikking gestel het en met behulp van die salwing van die Apartgestelde Gees.

Kyk, die vyand se aanvalle is daarop gerig om My werk te vernietig, maar julle het nie nodig om in vrees weg te kruip nie, want Ek, Elohey het julle toegerus met al die wapens wat julle nodig mag hê, julle moet net leer hoe om die wapens te hanteer.  As julle dit nie doen nie, sal julle ten gronde gaan weens ‘n gebrek aan kennis.

Geestelike oorlogvoering druk My liefde op ‘n kragtige manier uit.  Sterk liefde wat daarna streef om verandering in mense se lewens te sien, dan sal julle nie handdoek ingooi as dinge moeilik raak nie.  Onthou egter dat julle stryd nie teen vlees en bloed is nie, maar teen die owerhede en die magte in die lug – julle veg nie teen mense nie, maar teen die duiwels agter hulle.

Kyk, Ek gebruik My mense – My soldate – om die volk te verander.  My weermag moet in beweging kom!

Amen.





[terug]