Boodskap No 21 aan Lukaas Van Hout op 26 September 2013

Boodskap No 21 aan Lukaas Van Hout op 26 September 2013

EK IS wat EK IS van voor die ewigheid af, voordat daar 'n vantevore was en EK IS wat EK IS is anderkant die ewigheid der ewighede wat julle dink om te ken. Vandat die mens geskep is, deur die eeue heen, was Ek met julle en was Ek met julle deur al die dinge van die mens, al het julle gedink dat Ek nie was nie. Ek spreek met julle op maniere wat julle verstand nie eers kan begin om te peil nie, so groot en kragtig in sy stilte om te spreek, is My vele stemme wat julle bereik. Ek was met julle en het met julle gespreek deur allerlei soorte profete, dié wat Ek gestuur het en diegene wat van hulleself gepraat het en wat gelei was deur hom wat My teenstaan, hy wie se naam My vul met wanhoop, selfs wanneer Ek dit uiter. Ek het julle belowe dat Ek altyd by julle sal wees, Ek het julle belowe dat daar altyd profete sal wees wat deur My gestuur is en Ek het gewaarsku teen diegene wat deur die gevalle engel gestuur is, hy wat die mensdom tot op hierdie dag mislei. Keer op keer het Ek My profete, boodskappers, leraars, dromers en dié van sang na julle gestuur om julle te leer van My liefde en My woorde vir julle en keer op keer was alle opgeteken in geskrewe boeke wat die mensdom sou stig, sodat julle My stem sou ken en vertrou deur almal wie Ek gestuur het, en sodat julle diegene vanaf die bose sou herken en keer op keer het Ek, EK IS wat EK IS julle gewaarsku teen julle hardnekkige opstandigheid! Ek het julle gewaarsku teen die suurdeeg van die Fariseërs toe Ek na julle gekom het deur JaHshua, hierdie suurdeeg van eiegeregtigheid en selfverheerliking en selfsugtigheid en My wet. My wet moes 'n baken van lig van verlossing vir die wêreld wees, 'n lig om gees en liggaam te genees, 'n lig op die pad na verlossing en soveel meer en soveel groter waarheid sou Ek aan julle openbaar, as julle maar net na My stem geluister het deur almal wie deur My gestuur is. Julle het gekies om dit nie te doen nie en het My verraai deur julle selfsugtige onselfsugtigheid en begeertes vir groot aansien in posisie en eer; so verwroge is julle opinie van My as julle dienskneg, dat Ek julle moet dien waar, hoe en wanneer dit julle pas.

Heerlikheid wat Myne was, heerlikheid wat vele sou gered het, heerlikheid wat julle van My, EK IS wat EK IS, gesteel het en veroorsaak het dat baie geval en gestruikel het. Die struikelblok van ouds het nou die struikelblok van nou geword en selfs groter het hierdie struikelblok geword, want julle het My, My woord en diegene wat deur My gestuur is, geweier. En nou het hierdie, die groot aanspraakmakers op die koninkryk, hulle wat hulself opgestel het om te lyk asof hulle die enigste baken van lig en weg na die koninkryk en waarheid is, dieselfde moordenaars van ouds geword wie diegene wat deur My gestuur is, gedood het, hulle met klippe bestook het en diegene deur My gestuur, geslaan en gegesel het, - nou doen julle dit met verskriklike woorde van laster teen My geliefde, My bruid. Julle het die Naam van JaHshua ontheilig, die enigste Naam deur wie die mensdom gered kan word en het hierdie Naam vervang met julle eie, so erg het julle My uitgetart. Julle het nie aggeslaan op die lesse van die verlede nie, lesse waardeur Ek gehoop het dat julle iets daaruit sou leer en hulle ontvang wie Ek so versigtig gekies het om na julle te stuur. Maar julle verwerp dit en ontken dit soos wat julle voorvaders vanouds gedoen het. Soos wat julle aan hulle gedoen het, so sal dit nou aan julle gedoen word. EK IS, ja, EK IS, en Ek sal weer vir julle sê, EK IS wat EK IS wat EK IS, wetende dat dit julle hart verhard, wetende dat dit julle vul met 'n groot toorn teenoor hierdie dienskneg, wie julle openlik en blatant ontken as deur My gestuur, net soos wat julle doen aan ander dienaars wat EK IS wat EK IS wat Ek IS wat EK IS die wêreld deurgesoek het vir julle. Maar tog is julle blind en doof en sal nie My hand op hulle harte sien nie, so blind het julle geword deur julle selfsugtigheid en eiegeregtigheid. Ook sal julle nie die woorde hoor nie, so doof het julle geword in julle ydelheid, My woorde wat gespreek en geskryf is deur hierdie nederige dienaars, wie slegs poog om My wil te doen vir die liefde van My volk soos wat Ek, EK IS wat EK IS hulle wys hoe om dit te doen. My woorde, JA, MY WOORDE. DIE WOORDE VAN EK IS WAT EK IS. Soos wat voorspel is, sal dié wat nie deur My gestuur is nie, voortgaan om in verontwaardiging teenoor My dienaars op te tree en die verontwaardiging sal voortgaan om te groei en te groei en sal boser word in hulle verbeelding, soos wat die bose aksieplanne en woorde teen My dienaars ontwerp word! Die struikelblok van ouds het nou die hoeksteen van julle vernietiging geword. Julle verontwaardiging sal so groot word, dat diegene wat julle eens gesien het en julle met eer en respek behandel het, sal die boosheid van julle weë sien en sonder enige twyfel en met dieselfde verontwaardiging wat julle teen My dienaars opgetree het, so sal hulle julle uitwerp vanuit My volk.

Dogter van Sion, Dogter van Sion, Dogter van Sion, julle sal van baie kante aangeval word gedurende die tye wat kom, deur die erge boosheid en bose intriges in die denke van hierdie mense, deurdat Satan sy gedagtes in hulle s'n sal plaas om sy doel te bereik teen julle. Vrees nie, vrees nie, wees nie bang of verskrik nie. EK IS met julle en het vele gestuur om met julle te spreek en My woorde neer te skryf vir julle deur hierdie tye. Daar is diegene onder julle wie se harte reeds voorberei word vir hierdie take, sowel diegene wat Ek reeds na julle gestuur het. Soos wat julle dit elke oggend gedoen het, sing vir My in vreugde en lof, lees vanuit My boek, My Boek van Herinnering en hou vas aan die geloof, wetende dat EK IS saam met julle is. Dit was reeds aan hom getoon, My dienskneg, JA, MY DIENSKNEG, DIE DIENSKNEG VAN EK IS WAT EK IS WAT EK IS, WIE EK VAN VER GEKIES HET, Lukaas, dat hulle sal probeer om hierdie Dogter van Sion te bespot en hulle sal probeer en probeer en probeer, maar sal niks meer bereik nie, as die woorde wat hul ware aard aan My volk sal openbaar, wie hulle sal uitdryf oor hulle bose dade. Onthou, My bruid onder My bruide, Dogter van Sion onder My Dogters van Sion, Ek IS wat EK IS, ja My, EK IS wat EK IS, altyd EK IS en sooswat Ek met Lukaas was op sy reis om julle te vind, so sal Ek met julle wees deur al hierdie tye van tye. Sy getuie, sy getuienis is daar om aan julle te toon hoe groot My begeerte is om julle te seën, lief te hê en hoe groot My krag is om julle te verlos en aan al diegene wat eenvoudig en in alle nederigheid na My toe sal kom in liefde, My liefde ontvang en aan My, EK IS wat EK IS, sê. “Vader, ek weet dat ek gesondig het, ek weet dat my sondes groot is, Vader vergewe my en op hierdie dag gee ek my oor aan U en gee ek aan U alles terug wat ek is. Vader, hierdie dag ek gee my wil aan U oor soos wat U dit aan ons getoon het toe U met ons was as JaHshua. Laat ek U liefde ontvang, Vader, laat ek U liefde verstaan, Vader en laat ek die wêreld en enigeen en almal wys dat U my hierdie liefde gestuur het op watter wyse U my ookal sal wys om hierdie liefde te deel. Laastens Vader, sal ek alles doen wat U my in hierdie liefde vra om te doen, selfs tot die dood toe.”

Lukaas, jy het My wil gedien bo jou wildste drome, deur die skryf van hierdie woorde wat Ek aan My volk gestuur het en jou wie Ek aan My volk oorgelewer het - hierdie woorde wat Ek aan jou gegee het om te skryf, alhoewel jy nie veel daarvan verstaan het nie, soos wat dit My doel was, vir sommige 'n lig, 'n baken van hoop en van My liefde. Vir ander het hierdie woorde hul harte deurboor, óf vir My of teen My en staan dit soos wat Ek bedoel het, in en gedurende die sifting wat begin het. So sal die wat diegene laster wie Ek gestuur het, nou begin om te val.

Aan My ander dienaars, bekend en onbekend aan jou, Lukaas, skryf aan hulle in hierdie woorde; Nicolaas, Phillip en die ander, ONTVANG MY WOORDE WAT EK IN JULLE HARTE PLAAS EN OPENBAAR DIT AAN MY VOLK SOOS WAT EK JULLE ROEP OM DIT AAN MY VOLK TE OPENBAAR, DAG OF NAG SAL EK JULLE ROEP OM DIT TE VERKONDIG AAN MY VOLK, NOU EN TOT AAN DIE TYD WANNEER EK SOMMIGE VAN JULLE TUIS SAL BRING NA MY IN MY KONINKRYK! Die tyd het aangebreek! Die tyd het aangebreek! Die tyd het aangebreek!





[terug]