Openbaring 15 aan Judith de Beer

 

Openbaring 15

9 Junie - 05h00

Ek walg in 'n vuil wêreld, deurtrek van sweet en etter, wat soos 'n vloedgolf oor die wêreld gespoel het. En waarin wêreldlinge hulself in hierdie ontlasting baai, asof dit die suiwerste spoelgoud denkbaar is. Lank genoeg het Ek sag gemaan, om nie My pêrels voor hierdie varke van die wêreld in hulle vuil modder te gooi nie. Nou praat Ek hard en duidelik en Ek wil dat My woord slegs aan diegene gebring word, wat My kosbare pêrels soos 'n sieraad om die tafels van hul hart gehang het en daarom die stem van My waarheid daarin kan herken. Die twyfelaar kan homself nou maar die ore toestop met die klank van sy geld, wêreldvermaak, of een van die vele ander hulpmiddele wat sy wêreld hom bied.

Die baie slim skrifgeleerdes kan nou ook nader staan om met hulle talle herrangskikte Bybelversie hulle leuenagtige stem te laat hoor. Die tyd het gekom en gevalle die grote Babilon en stuiptrekkend soos 'n hondsdol hond, wat met skuim op haar bek vir oulaas desperaat probeer om 'n wêreld vol kinders saam met haar af te trek in die diepste put vol van die vuilste drek en dit by monde van Godloënaars wat vuil etter as waarheid die wêreld vol braak. Bring daarom My waarheid slegs na die skape wat die stem van My, hulle goeie herder met die eerste klank daarvan sal kan herken.

 





[terug]