Openbaring 27 aan Judith de Beer

Openbaring 27

22 Junie 2007 om 12h30

Eens op aarde in `n tyd van nood, met `n baie groot droogte het My profeet gekom. By die spruit van Krit het hy gesit en daar het my woord na hom gekom. Vanuit weduwee`s huis, na Agab`s troon, daarheen sal jy gaan. Met twaalf klippe sal jy weer My altaar bou, voor volk en koning sal jy Baäl verslaan en op jou wenk sal `n droë aarde weer sy dors kan les. Aan die einde van sy aardse pad is Elia in `n stormwind na die hemel opgevat.

Weereens het My engel as profetemens na hierdie aarde toe gekom. My pad het hy gelyk kom maak en vanuit droog woestyn het sy stem luid geklink:

Verbly jou Sion, verfrissend soos die reën, is jou Verlosser aan die kom.

En oorwinnend het die doper se dooie hoof as oordeel vir hoer en leuen in `n koningsaal bly lê.

Nog een maal, dit is nou, sal My profeet na hierdie aarde, vir My, sy ewig Koning kom, In menig raadsaal sal jy seëvierend in My Naam, almal met `n droogte kom vermaan. Met twaalf klippe sal jy weer uit Sion vir my `n altaar bou. Lewend uit die dood sal Ek jou weer op jou voete, op laat staan, om oorwinnend nog een maal, jou weg na My, jou Vader te kan baan.

 





[terug]