Openbaring 28 deur Judith de Beer

Openbaring 28

22 Junie 2007 om 16h30

Geseënd was Mirjam as `n jonge maagd

In vlees het sy My kom baar

Klein en rein was sy gekies

Sodat God`s wil deur haar kon geskied

In kindernood het sy My gebaar

Om haar heen was My hele engeleskaar

 

Geseënd is Sion as `n kleine skaar

In My Wysheid kom hul My woord nou baar

Klein en plein is hul gekies

Sodat God se spraak deur hulle kan geskied

In eindtydnood word Ek uit hul hart gebaar

Om hul heen sal wees My grote engleskaar

 





[terug]