Openbaring 32 deur Judith de Beer

Openbaring 32

27 Junie 2007

Uit aardse se stof, uit witgoud het Ek jou gemaak. 

Uit die fynste en edel metaal is jy daargestel. 

Uit leem en Kalk is jy kragtig saamgestel. 

Fyn is die ivoor, wat jou goddelik glimlag so mooi ontbloot. 

Blou die kristal van jou oog,

om My lewenstrale die ruimtes in te kan loots. 

Klein is jy op hierdie aarde geplaas.

Om My jou grote Vader in jou hart te kan dra. 

Wyd soos ‘n Arend’s vlug is jou wysheid vasgestel. 

As ‘n beeldhoustuk het God, Adam se hand,

as wegwyser vir die toekoms gerig. 

Hoe rein Abraham se saad, skoon is Sara se enkle vrug.

Ja uit Isak, deur Jakob, vorm Israel My Oorwinningsbrug. 

 





[terug]