DIE LORBER-PROFESIEË BEVESTIG DIE WETENSKAP

`n Tyd gelede stuur `n vriend die volgende aan my waarin die aarde se grootte vergelyk word met die verskillende sonne in ons sterrestelsel. Ongelukkig kon ek nie die bron opspoor nie, maar het dit baie interessant gevind, aangesien ons Vader hierdie presiese data alreeds in 1825 aan Sy skryfkneg, Jakob Lorber gedikteer het. Ek plaas die diagramme in volgorde met die korresponderende gedeeltes uit die Lorber-profesieë.

DIAGRAM I & 2: Hier word die groottes van die aarde in verband gebring met die groottes van die ander planete in ons stelsel. stelsel. Soos gesien kan word, is ons Aarde werklik piepklein tee die ander planete in ons stelsel.

Aanhalings uit "Van die Hel tot die Hemel Boek 2".
(Verskeie van ons Vader se kinders bevind hulle in die Nuwe Jerusalem, en kyk met hulle geestelike oë, vanuit `n kamer, na die ontsaglike groot skeppingsruimte voor hulle. Elke son wat hulle sien, is onmeetlik groter as die vorige. Ook is die ligintensiteit onmeetlik hoër as elke vorige een. Ons Vader neem hulle vanaf die kleinste son (ons eie son) tot die by die grootste, naamlik die hoofmiddeloerson. Kyk verder hoe pragtig kom hierdie gegewens ooreen met dit wat ons in die diagramme kan sien en wat die wetenskap nou al kan bereken.)
HOOFSTUK 295:
Blik op die aarde en maan;
[2] Robert open die eerste van die drie deure en deins letterlik terug van groot verbasing. Na `n rukkie sê hy: "O Heer, o vriende, dit is werklik vir die oog van `n geskape gees te veel op `n slag! Ek sien die maan van die aarde soos hy beweeg en seil aan die hoë uitspansel. Sy staan vol in die lig en lyk buitengewoon lieflik. En ver op die agtergrond sien ek nog `n groot aantal baie helder skitterende sterre. Die Plejaden, Orion en die Groot Hond herken ek dadelik. Ook die Melkweg is duidelik te siene, maar nie as `n glansende newel nie, maar as `n breë strook vol skitterende sterrebeelde. O vriende, om van hieruit so-iets te aanskou, gee my so `n onbeskryflike geluksgevoel, veral met die oog op U gerig, o Heer, U, wat die oneindigheid so skitterend gevul het met die stralende werk van U liefde, wysheid en mag!
[3] Die groot, oneindige ruimtes tussen die hemelliggame is egter nie leeg nie. Ek sien geeste wat met groot snelheid heen en weer swewe, waarvan enkeles baie naby aan my kom en my hartlik groet. Ag, dit lyk werklik in `n hoë mate bedrywig! En dit is nou juis my lus en my lewe, om bedrywigheid te sien en self na die beste van my vermoë bedrywig te wees.
Blik op ons son:
[16] Maar nou `n blik deur die tweede deur. Sy staan al oop en dus gaan ons na buite! Nou staan ons op die tweede balkon. Wat sien julle hier?"
[17] Almal is buitengewoon verbaas, want hulle sien nou die wondermooi land van die middelgordel van die son en kon hulle nie genoeg verwonder oor sy prag nie. Hulle sien ook mense, maar tans nog op so `n groot afstand dat hulle hulle uiterlike vorm nie goed kon waarneem nie, want daarvoor het hulle oor die algemeen nog te min vastigheid in hulle hart.

DIAGRAM 3: Die geweldige grootte van ons son teenoor die Aarde en die ander planete in ons stelsel.

Hoofstuk 296
Blik op `n middelson:
[3] Nou gaan ons in die deuropening staan en voor die oë van die nuwe bewoners van die hemelse Jerusalem strek hom onafsienbare landerye uit. Groot riviere deurstroom hierdie onmeetlik uitgestrekte lande en hulle water straal sterker as al die lig van die son van ons aarde as dit op `n punt saamgebondel sou word. Groot, pragtig aangelegde tuine word by die wen aan die sterk lig van die riviere geleidelik aan sigbaar en in die middel skitter indrukwekkende, pragtige geboue, waarin die mense van hierdie ligwêreld gewoonlik woon. Bokant die ligriviere sien mens sterkstralende mensegedaantes swewe, wat onbeskryflik mooi gevorm is. Robert en nog enkele ander hou hulle hande voor hulle oë omdat hulle die sterk ligglans nie kan verdra nie, en hulle vra My, wat se wêreld dit tog kan wees.
[4]
Ek sê: "Dit is `n middelson, waaromheen in wye bane miljoene kleiner planetêre sonne sirkel. Haar aantrekkingskrag is so groot, dat sy al die miljoene planetêre sonne met hulle planete in die afgebakende bane hou. Maar wat beteken al dié krag teenoor die krag van een van My geringste kinders! Ek sê vir julle: Middesonne is speelgoed in die hande van My kinders! Nou weet julle wat julle hier sien, en daarom sal ons die balkon weer verlaat en verder gaan na die tweede deur van die avondlike, westelike wand."
Hoofstuk 297
Blik op `n gebiedsmiddelson:
Almal gaan nou deur hierdie tweede deur in die avondlike wand en sien daar `n tweede middelson van `n hoër orde, waar hele songebiede in enorme groot bane omheen sirkel, soos die planete rondom hulle planetêre son.
[2] Nou hef
almal hulle hande omhoog en roep: "O Heer, o Heer, terug met ons! Dit is nie meer te verdra nie! Dit is tog `n lig, wat die van die vorige middelson triljoenvoudig moet oortref. Ons sien hier geen einde nie en kan ook geen vorms meer onderskei nie. O God, almagtige Heer van die oneindigheid! Wat `n enorme hoeveelheid lig! Wat `n ligintensiteit!"

DIAGRAM 4: In hierdie voorstelling sien u hoe geweldig klein ons son vertoon teenoor die volgende groter sonne in ons sfeer

[3] Ek sê: "Kyk maar `n rukkie daarin, dan sal julle jong oë wel daaraan gewoond word en julle sal dan ook vorms ontdek." Robert sê: "Alles goed en wel, as ons dit maar kan uithou! Dit is immers so `n intense ligsterkte dat hy die aarde in `n minimum van tyd tot `n volkome niks sou moet oplos. Ons oë is tog al taamlik aan lig van die sterkste kaliber gewoond, maar hier is dit vir my totaal onmoontlik om ook maar `n sekonde lank daarin te kyk. As U ons oë nie sal afskerm nie, sal ons nie in staat wees om die verskriklike sterk lig ooit te aanskou nie."
HOOFSTUK 298:
Blik op `n hoër middelson:
[2] Robert en verskeie ander sê: "O Heer, o God, o Vader! Ons oë wat die lig van die vorige son nou reeds baie goed kan verdra, kan

dié onbeskryflike fel lig nie meer uithou nie. Die lig van die vorige son was immers rustig, hoewel in die begin ook onverdraaglik sterk. Maar dié lig lyk soos sterk golwende vlamme en steek verskriklik in die oë! Wat se lig is dit eintlik? Is dit dalk ook weer `n middelson?"
[3]
Ek sê: "Inderdaad, en weer een van `n hoër orde; maar sodat julle dit goed begryp, moet julle die ordening van die sonsisteme vir julleself as volg voorstel:
[4] Die baie miljoene planetêre sonne, waaromheen planete soos julle aarde hulle beweeg, vorm met hulle gemeenskaplike middelson `n sonnegebied. Hulle middelson is altyd so groot dat haar inhoud die van die om haar sirkelende sonne met hulle planete dikwels honderdvoudig of selfs duisendvoudig, ja dalk ook miljoenvoudig oortref; want daar is groter en kleiner gebiede. Hoe groter `n songebied naamlik is, soveel groter moet, ook in elke opsig, sy middelson wees, ten opsigte van die gesamentlike inhoud van haar newesonne, om hulle, ondanks die groter afstande, in die korrekte bane te hou. Hoe groter die aantal en die afstand van die newesonne word, soveel groter moet ook die volume van so `n middelson wees om meester van al haar omsirkelende planetêre sonne te wees.
[5] Baie van sulke nou van naderby omskrewe sonnegebiede het dan egter weer `n gemeenskaplike gebieds-middelson en beweeg hom, in nie te vergelykbare groter sirkels om hierdie gemeenskaplike hoër middelson, wat natuurlik in verhouding weer baie kere groter moet wees as al haar sonnegebiede bymekaar. Dikwels sirkel daar baie duisende van sulke sonnegebiede om so `n tweede middelson, soos wat ons een vanuit die tweede westelike deur gesien het. Al die sonnegebiede saam met hulle middelson vorm dan `n sonne-al.
[6] En weer het baie duisende van sulke sonne-alle as gesamentlike middelpunt `n nog hoër middelson, wat natuurlik, wat haar inhoud betref, na verhouding dikwels weer baie duisende kere groter is as al haar omsirkelende sonne-alle. En juis dit, wat ons nou hier sien, is so `n al-middelson.
[7] Na gelang die grootte van sulke middesonne egter toeneem, neem ook hulle ligsterkte toe. Julle kan ongeveer van die volgende verhouding uitgaan: Is byvoorbeeld `n planetêre middeson so groot dat haar deursnee `n biljoen aardse myle bedra, dan is die deursnee van `n sonnegebieds-middelson die 3miljoenvoudige van die deursnee van `n planetêre middelson, dus `n triljoen aardse myle. En

so `n al-middelson, soos ons nou vanuit hierdie derde deur sien, groei dan weer na gelang hulle `n groter, of minder groot aantal sonne-alle beheers, miljoenvoudig, dalk selfs biljoenvoudig na verhouding van die noodsaaklike grootte, en eweredig ontwikkel sy haar ligsterkte. Sy kan dan wel `n quadriljoen, dalk selfs `n quintiljoen aardse myle in deursnee tel.
[8] Die soort sonne het reeds `n eie vuurlig en haar, vir julle onmeetlike oppervlakte, is nie vir bewoning deur materiële wesens geskik nie. In plaas daarvan woon daar egter des te meer van die vuurgeeste baie behaaglik in so `n onmeetlik uitgestrekte vuursee en het daar hulle wonings en gebiede om te bestuur. Wel bewoon ook mense met `n liggaam so `n son, maar nie die buitenste oppervlakte nie, maar `n meer innerlik geleë sfeer. Want alle sonne bestaan uit verskeie sonne wat hulle binne die buitenste son ongeveer so bevind soos die planeet Saturnus binne sy ringe.
Hoofstuk 299
[7] .......... Hoe groot moet hierdie son dan wees en wat `n groot doel mag haar reusagtige bestaan wel hê?"
[8]
Ek sê: "Dit is `n hoof- en oermiddelson waaromheen presies sewe miljoen sonne-al-alle draai en beweeg. Sy is ook presies `n miljoenmaal groter as al die sewe miljoen bymekaar. Haar deursnee bedra so `n twee oktiljoen aardse myle. Die lig met sy grootste elektromagnetiese snelheid - veertigduisend Duitse myl per sekonde - sou baie duisend triljoene aardse jare nodig hê om van die een pool van hierdie son na die ander te kom!" (Einde van aanhaling)
(LEES GERUS VERDER IN "HEL TOT HEMEL 2" INDIEN U MEER WIL WEET)






[terug]