Openbaring 40 deur Judith de Beer

Openbaring 40

5 Julie 2007 om 9h00

Graag deel Ek die volgende geestige stukkie met julle, My kinders. Die teenwoordigheid van die baie klein Boervolkie in Suid-Afrika, is soos ‘n lastige klein vlooi in die kooigoed van ‘n reusagtige wêreldorde. Ja, baie slapelose nagte word daar aan hierdie reus, deur hierdie oënskynlike, onbeduidende klein diertjie besorg. En op lastige plekke, waar daar nie in die openbaar gekrap kan word nie, daar jeuk dit onophoudelik.

Graag sou hierdie reus hierdie klein “onding” tussen sy duimnaels wou vermorsel. Maar die voordeel van hierdie vlooi lê juis in sy onopsigtelike grote en omdat die wêreldorde hom kwansuis “vredevol” in sy “oorkoepelende beddegoed” geakkommodeer het, het dit vir hulle onmoontlik geraak om van hierdie klein “gas” ontslae te raak, sonder om hulself onberekenbare skade te berokken. Daar is ‘n spreekwoord wat op vrate van toepassing is en dit lui as volg: Dit wat jy op jou bord geskep het, dit sal jy eet. Daarom sê Ek met ‘n glimlag aan julle, My liewe kinders, ‘n goeie begryper het net ‘n halwe woord nodig.





[terug]