Openbaring 41 deur Judith de Beer

Openbaring 41

6 Julie 2007 om 9h00

In antwoord op jou gebed wat jy so pas aan my gerig het en waar jy pleit vir jou volk wat in die diepste modderpoele van dwelms, homoseksualiteit en vele ander sondes verkeer en jy My beskuldigend aankyk asof Ek die oorsaak van julle ellende is, wil Ek net vir jou die volgende sê: Ek het reg gedoen om hierdie ellende oor julle toe te laat, sodat julle daardeur die oë kan open en julle bewus van julle verkeerde weë kan word en julle sodoende daarvan sal bekeer. Ja, die afgelope dekades het julle volk onder die leiding van julle regeerders, predikante, regters en dies meer, (en met julle skriftelike goedkeuring by die stembusse) nie meer die wet wat deur My aan julle gegee was, onderhou nie. My groot goedheid en die vrugbare land wat Ek julle gegee het, is met minagting onder heidense nasies onderverpand en jul jong maagde is as goedkoop uitruilgoedere aan die heidendom geskenk vir die vuilste verbastering. Daarom is julle en julle kinders vandag slawe in die land wat Ek met liefde aan julle voorvaders gegee het.

Maar nog altyd in My wysheid het Ek trou `n oorblyfsel bewaar en onder julle volk het `n geringe groepie `n nuwe skriftelike ooreenkoms met My aangegaan en in hierdie nuwe skriftelike kontrak lê die hoop en opstaan van julle volk.





[terug]