Openbaring 42 deur Judith de Beer

Openbaring 42

7 Julie 2007 om namiddag.

In die nabye toekoms gaan`n soortgelyke tragedie homself afspeel, soos die een wat by Tsjernobyl plaasgevind het. Die mens waag homself op terreine waarvoor hy nog nie in die minste bevoeg voor is nie en wat verreikende nadelige gevolge vir die hele aarde en sy bewoners gaan inhou.

Alle natuurlike ordes is huidiglik besig om heeltemal versteur te raak.

Vanuit Suid-Afrika met sy verhoogde lewering van steenkool, word daar veral in die omgewing van Witbank, massas giftige onsuiwer rookwolke, saans wanneer dit nie so opsigtelik is nie, in die atmosfeer ingepomp, wat `n geweldige nadelige invloed op weerpatrone wêreldwyd het. Die sogenaamde beheerliggame en bewakers van hierdie tipe besoedeling is om "winsbejag redes", heeltemal blind hiervoor. Ondenkbaar baie mikroskopiese afval beland in die atmosfeer en aktiveer in `n kettingreaksie die delikate prosesse van atome se protone en neutrone wat geweldige weerkataklismes tot gevolg gaan hê.

Daar is uitstekende alternatiewe energie opwekkende uitvindsels, wat plaasvervangend vir natuurlike energiebronne soos steenkool en olie is.

Maar dit word summier onder die mat gevee, omdat dit weereens nie in die wêreldorde se raamwerk van wins en wêreldmag pas nie.

Huidiglik word die lippe wêreldwyd met smaak afgelek oor dit wat onder die bodem van Suid-Afrika lê. Maar deur middel van natuurrampe wat Ek gaan toelaat, gaan Ek die verdere vergryp en verkragting van hierdie reeds vernielde stukkie Eden Stuit.





[terug]