Openbaring 43 deur Judith de Beer

Openbaring 43

8 Julie 2007 die aand

Die swart koningin van die Suide, ja die gees van Afrika, het opgestaan, luid en met `n beskuldigende vinger wys sy reguit na die troon van die wit koningin van Engeland en haar bondgenote, die Verenigde Nasies, wat met `n geslepe strategie, oor `n jarelange tydperk, die ondergang van Zimbabwe bewerkstellig het en nou klaar met `n Mammon verbond gereedstaan om met die hulp van haar ondergeskikte Suid-Afrika dit uit te voer, wat sy beoog. Onkundig soos onmondige kinders was die bewoners van hierdie landstreek nie opgewasse teen hierdie listige en bose aanslag van die parasitiese groot moondhede nie, wat nou ook stelselmatig besig is om die grootste gedeelte van Afrika vir sy persoonlike skatkis in te katrol. Ja, in hierdie tye is dit die ontwaakte gees van die koningin van die Suide wat haar oordeel kom fel.





[terug]