pic_bertha.jpgBERTHA DUDDE
Kommentaar van Irmgard Kuhlmann


INLEIDING
Bertha Dudde het meer as 9000 (nege duisend) openbaringe ontvang deur die "innerlike woord" vanaf 15 Junie 1937 tot met haar liggaamlike dood op 18 September 1965. Die openbaringe van die HEER wat Bertha Dudde ontvang het word gegee in `n taal wat vir elke mens verstaanbaar is. Dit is dus aangepas vir die begripsvermoë van die mense in die huidige tyd.

In die monoloogvorm gee die HEER ons deur Bertha Dudde vele openbaringe oor ons verhouding tot HOM, en oor die geweldige gebeurtenisse wat in ons tyd moet gebeur. Daarom mag ek ook uit oortuiging oor Bertha Dudde spreek as die profetes van die eindtyd. Wie Bertha Dudde was en hoe sy geleef het, staan in `n kort biografie vermeld.

OUTOBIOGRAFIE VAN BERTHA DUDDE

Sedert 15 Junie 1937 skryf ek, deur die "innerlike woord" ontvang, boodskappe neer.- Om aan `n herhaalde versoek van vriende gehoor te gee aangaande die nuwe openbaringe, wil ek `n kort verklaring gee oor die ontvangs van die openbaringe asook `n beskrywing van My lewensweg en persoonlike omstandighede.

Op 1 April 1891, gebore as `n tweede oudste dogter van `n kunsskilder te Liegnits, Silezie, het ek met My ses broers en sussies `n harmonieuse jeug in ons ouerhuis gehad.- Baie vroeg het ek die sorge rakende die daaglikse bestaan leer ken, en My begeerte om My ouers daarmee te help, het My daartoe gebring om My voorliefde om klere te maak in praktyk te bring en om geld te verdien daarmee.- En omdat die geldnood van My ouers aangehelp het en daarmee ook die versorging, het ek My tot op die laaste nuttig vir die familie gemaak.

My ouers behoort elkeen aan `n ander kerkgenootskap. My vader was Protestant, My moeder Katoliek. As kinders was ons as katoliek opgevoed sonder dwang of strengheid betreffende die uitoefening van kerklike pligte, waardeur elke kind vir homself later in volledige vryheid `n selfgekose geloofsrigting kon inslaan.- Self was ek wel godsdienstig, maar kon My nie ten volle onderwerp aan die leerstellings van die katolieke kerk nie, alhoewel ek die kerk geag het.- Tog was dit nie vir My moontlik om dit na buite uit te dra waarmee ek innerlik nie geheel van oortuig was nie.- Ek het dus nie meer na die kerk gegaan nie, na geen preek geluister nie en het niks van die Bybel af geweet nie.- Ook het ek geen godsdienstige of wetenskaplike boeke gelees nie en ek het My nie geroepe gevoel om My by enige sekte of geestesinrigting aan te sluit nie.- Wie bekend is met die katolieke geloofsleer verstaan in welke gewetensnood iemand kan raak, wat homself van haar wil losmaak.- Hierdie probleme was My dan ook nie gespaar gebly nie, maar ondanks alles bly in My die vraag oor en oor; waar is die suiwere waarheid te vinde?

By die bid van die Onse Vader het ek dikwels gesmeek dat Ek tog die ryk van die HEER moes vind, en hierdie gebed is verhoor.- Dit was op 15 Junie 1937.- EK het gebid en op My innerlike gelet en ek het heeltemal stilgebly.- Dikwels het ek in hierdie toestand verkeer en dan het `n wonderlike vrede oor My gekom en dan het daar in die omgewing van My hart gedagtes na bowe gekom.- Nie in die verstand nie, maar in die hart het ek troos en krag ontvang.

Maar nog het ek nie besef dat die gedagtes vir My "gegee" was nie.- Tot `n vreemde belewenis in `n droom, wat later op waarheid blyk te berus het, my aanleiding gegee het om hierdie gedagtes op te skrywe.- En so luister ek ook op hierdie gedenkwaardige dag in My binnenste en toe kom daar heel helder en duidelik `n ry woorde wat ek opgeskryf het.- Dit was die eerste hoofstuk wat aan My gegee was en het begin met die woorde: "In die begin was die Woord.- `n Tema van die Skepper van Hemel en aarde!".

Daarna het die twyfel gekom: Het ek dit uit Myself geskrywe? - Daaroor het ek geworstel, gebede en baie innerlike stryd beleef, maar steeds opnuut het die woorde gekom as `n groot stroom en as `n wysheid waarvoor ek gehuiwer het.- God het Self die twyfel van My af weggeneem, HY het My antwoord gegee en ek het HOM in Sy woord as onse Vader herken.- My geloof het toegeneem en die twyfel het verminder, en ek het daagliks ontvang en geskryf.

Die inhoud van die boodskappe gaan bo My begripsvermoë uit.- Nog nooit gehoorde of gelese uitdrukkings, anderstalige- of wetenskaplike benaminge en aanwysings vloei onophoudelik na My toe.- En dan nog die tot nog toe nooit verneemde liefdesbetuigings van die Hemelse Vader; dit vorm `n toevlug en verduideliking van alle vrae van die lewens.

Die woord wat na My toe kom van Hom geskied by My as volg:
Na innige gebed en `n korte konsentrasie luister ek na My innerlike en dan volg die helder geformuleerde gedagte.- Afsonderlik en duidelik vloei die woorde één vir één, steeds met die doel om dit op te skrywe, drie of vier keer agtermekaar, vergelykbaar met die gee van die weerberig oor die radio.- Langsaam, sodat ek dit maklik met skryf kan byhou, vorm sinsdeel na sinsdeel homself. Ek skryf die woorde stenografies op soos by `n diktaat, sonder om ingedagte te wees of konstruktief daarby betrokke te wees.- Ek is daarby nie in `n soort trans toestand nie en maak ook nie self die sinne nie.- Ek ontvang die woorde agtermekaar sonder om tydens die skrywe hul samehang te verstaan.

Na dae, ja meer eers na weke, vertaal ek die stenogram in netjiese skrif sonder om dit vooraf deur te gelees het, sonder om iets daaraan te verander of toe te voeg.- In geen geval probeer ek die sin van die boodskap uit te werk of te stylleer nie.- Die tydsduur van so `n diktaat bedra ongeveer `n halfuur. Met nadruk wil ek daarop wys dat die proses geen dwang verdra, of in ekstase gebeur nie.- Alles voltrek homself nugter en eenvoudig sonder `n inbring of beïnvloeding van die eie wil.- Steeds kan ek die diktaat onderbreek en na ure of selfs na dae, midde in die afgebroke openbaring, weer verder skrywe.

Sonder dat ek My vroeër gegewe woorde deurgelees het word die boodskap dan vloeiend verder vir My gedikteer, en My wil staan los van elke dwang. Wat ek wil is om God te dien en te mag doen wat volgens Sy heilige wil is.- Ek mag sê dat ek as `n beginner in die Goddelike waarheid ingelei was, met begrippe wat in elke opsig vir My vreemd was of vreemd voorgekom het.