Boek 6 - Die Voorloper in jou
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10.

 

Hoofstuk 5

Barmhartigheidstyd en die redenaar van die Meester

BD 3276 - 30 September 1944

Verneem wat God se gees u verkondig! Daar het `n tyd van barmhar­tigheid aangebreek en u kan die seën daarvan bespeur, as u bereid­willig is om te strewe na die Ryk van God. Voortdurend is die werk van die wesens herkenbaar in die barmhartigheidsgawes uit die gees­telike Ryk wat tot die mense gebring word, want daar is wesens op aarde beliggaam wat die mense in die laaste tyd as geestelike leiers behulpsaam is. Die denke van die mense wat na God strewe sal verlig word en daardeur sal hulle die waarheid beter kan sien. En die liefde van God sal hulle openbaar in tye van aardse nood, deurdat hulle hulp sal bring waar daarvoor gebid word. Die gelowige mense sal buiten­gewone dinge volbring en die krag van die geloof sal tasbaar word. Dus sal barmhartigheid op barmhartigheid duidelik te bemerk wees, omdat die teenparty ewe-eens alle middele aanwend om die mense geestelik in die noute te bring, waarby God Syne egter duidelik te hulp sal kom.

In die tyd sal daar `n man opstaan, wie se gees van bo is. Sy siel sal heeltemal verbonde wees met sy gees en hy sal daarom ook spreek wat die gees hom onthul, naamlik die volste waarheid in die mees begryplikste vorm. God Self sal deur hom spreek en hy sal die mense vermaan om vol te hou, en hulle daarteen waarsku om Hom nie op te gee nie. Hierdie redenaar is die Voorloper van die Meester, en wanneer hy verskyn, is die Koms van die Meester nie meer ver nie.

Deur dié man word die maat van die barmhartigheid aansienlik verhoog, want hy sal vir die gelowiges `n groot steun beteken en die ongelowiges sal deur hom die kans kry om tot geloof te kom. Want hy sal groot invloed uitoefen op die mense wat na hom luister, omdat hy oor Mag en Krag sal beskik. Sy woorde sal inslaan en soos `n lopende vuur deur die land brand waarin hy werksaam sal wees. Hy sal sonder vrees of skroom spreek en die mense wys op die Koms van die Meester in die wolke en op die laaste oordeel.

Maar hy sal weinig geloof vind, omdat die meerderheid van die mense niks van God en die geestelike af wil weet nie, en hulle daarom in `n volledig verkeerde denke ronddool. Daarom erken hulle nie die buitengewone barmhartigheidsgawes nie en gebruik dit dus ook nie. En sodoende is die einde onafwendbaar en die afgrond open homself om iedereen te verslind wat God nie erken nie en Sy Woord afwys. God gee onophoudelik en wat Hy gee is `n onverdiende gawe en is bestem om die mense te help om in die tye van nood tot rypheid te kom. Of dit leed is of vreugde, steeds dien dit die mens daarvoor om sy siel tot God te verhef, steeds is dit `n verwysing na Hom, `n weglokking om op die korrekte weg te bly - altyd is dit barmhartigheid.

Wanneer hierdie man sal verskyn, word die hoeveelheid barmhartig­heid ook vir die mense vermeerder, want hy is deur lig omstraal en die lig wat hy uit die geestelike Ryk ontvang, straal van hom af. Hy versprei kennis en sy taal is vol wysheid en krag. En sy woord is maklik aanvaarbaar, omdat dit vol oortuiging aangebied word, en is ook vir die mense begryplik wat hom opmerksaam aanhoor.

Want God maak dit deur Sy liefde vir die mens maklik om te kan glo, deurdat Hy hulle Sy bode stuur wat oor buitengewone krag beskik en daaraan al as bode van die hemel herken sou kan word. Maar hy word van alle kante bestry en weiniges is van sy missie oortuig en laat hom nie los nie, slegs weiniges versterk hulself aan sy woorde. - Hulle ontvang egter krag en barmhartigheid in oorvloed en bly standvastig teen alle aanvegtinge van die wêreld, en teen alle vyandighede wat nou openlik aan die lig kom. Die laaste tyd sal buitengewoon swaar, maar ook buitengewoon barmhartig wees, want God sal Homself oral bekend maak waar daar maar `n hart in nood is wat haarself sal open vir barmhartigheid.

Dus sal dit ook moontlik wees om die laaste stryd op aarde suksesvol te kan deurstaan, sodat die siel veilig daaruit te voorskyn kan kom. Hulle sal die Ewige Lewe wen as hulle voortydig heengaan van die aarde af. Of, hulle hou vol op die wêreld tot aan die einde en word deur die Meester Self weggeneem in lewende lywe, om `n nuwe lewe te begin op die Nuwe Aarde.

Amein

Hoofstuk 6

Die Voorloper as `n helder lig

BD 6554 - 24 Mei 1956

Die positiewe ontwikkeling van die siel is die hoofdoel van die mens op aarde. Dog slegs weiniges, soos uself, is daarvan bewus; slegs weiniges stel hulself die vraag oor die redes en die doel van menswees. Die meerderheid streef slegs na aardse welstand en na alles wat die liggaam welbehae verskaf. Maar alle mense is in staat om hulle verstand te gebruik, alle mense sou hulself die vraag kan stel wat die sin en die doel van die aardse lewe is. En alle mense sou die vraag ook beantwoord kry, want dit is die eerste trappie omhoog.

Maar omdat die mense nie verder as tot by hulle liggaamlike dood kyk nie, omdat hulle selde aan `n voortlewe van die siel glo; is hulle vraag na hulle aardse welsyn belangriker en hulle beskou die besig wees in aardse dinge veel dringender. Die geloof ontbreek by hulle, want sou hulle maar `n swak geloof hê - dan sou hulle innerlik geen rus vind nie, ondanks aardse welvaart.

Hoe nader dit na die einde loop, des te minder geloof sal daar onder die mense te vinde wees. Daarom tree daar in die eindtyd mense op, wat op `n buitengewone wyse met God verbonde is, wat daarom ook buitengewoon kan werk en die opmerksaamheid van die medemens na hulleself toe trek. Want God probeer waarlik nog alles om diegene te help wat net so 'n aansporing nodig het, om hulleself van die aardse doelwit bewus te maak.

Sulke mense is hier met die doel om `n missie te vervul op aarde, beliggaamde ligwesens. Hulle wil die nood van die medemens versag en vir die doel liggaamlik op aarde wandel, sonder dat hulleself van hulle herkoms bewus is. Die sterk verbinding met God, wat hulle egter uit vrye wil as mens tot stand bring, wat al hulle medemense ook sou kon doen, gee hulle ongewone krag. Hulle wese bestaan uit liefde en daarom het hulle so `n lewende geloof, wat uiting vind in ongewone liefdadigheid. In die lewendige verkondiging van JaHshua die Messias en kragdadige hulp aan liggaam en siel in Sy Naam.

Deur sulke mense kan baie nog tot die geloof kom, omdat hulle duidelik van `n krag blyke gee wat nie aards verklaar kan word nie. Die mense moet tot geloof gebring word en hulle moet tewens die weg na God toe gewys word, waartoe by die volledig ongelowige mensdom ongewone middele aangewend moet word, wat hulle desondanks nie tot geloof sal dwing nie. En daar sal steeds meer opgestane mense die krag van hulle geloof laat blyk, hoe nader die einde kom.

Tot daar plotseling `n groot lig sal straal, tot daar iemand sal kom wat die naderende koms van die Meester sal aankondig en weer vir Hom die weg sal berei. Sy lig sal helder in die wye omtrek skyn, want sy verskyning sal vinnig bekend word. En ofskoon hy vir baie mense `n bron van krag en troos sal wees, sal hy tog baie vyandig bejeën word deur hulle wat voor die einde in die meerderheid sal wees, wat tot die teenstander van God behoort en in sy opdrag ook sal handel teen al die Goddelike geestelikes. Hulle sal in die besonder diegene vervolg wat in die Naam van JaHshua spreek en die nabye einde verkondig.

Maar juis omdat God se teëstander met ongewone brutaliteit optree in die laaste stryd op die aarde, word daar ook `n buitengewone "lig" na die aarde gestuur. Weer sal hy homself as `n liggees op aarde belig­gaam soos wat dit geskrywe staan, weer sal hy vir die Meester uitgaan en Sy koms verkondig.

En weer sal hy homself as “roepende in die woestyn” bekend maak.

Hy weet wie hy is en gaan tog in alle onopvallendheid sy aardse weg, wat ook weer met sy dood verseël sal word. Maar al God se getroue mense sal krag by hom ontvang en altyd weer opgerig word wanneer die nood van die tyd blyk om hulle neer te werp, want hy sal in opdrag van God spreek en deur hom sal God die mense Self aanspreek. En hulle sal dan ook die belangrike missie van die Voorloper van JaHshua, die Messias begryp en hulle sal daarom ook die koms van die Meester bewustelik verwag, en sal nie twyfel dat hulle verlos sal word uit die grootste benoudheid nie.

Wanneer die Voorloper sal optree, het die tyd gekom wat telkens aangekondig was deur sieners en profete, want wanneer hy sal verskyn, sal die aktiwiteit van die Antichris ook duidelik herkenbaar wees - want hy sal die gelowiges so kwel dat hulle buitengewone hulp nodig sal hê. Die Voorloper sal sy "lig" laat skyn en dit sal in die wye omtrek uitstraal.

Waar hy ook sal wees, die mense sal met sekerheid van hom gehoor het en die gelowiges sal weet wie agter die "lig" skuil en ook nou sal hulle weet hoe laat dit is. Die Voorloper van JaHshua, die Messias, sal egter vasberade sy weg gaan, ondanks vyandigheid en spraakverbod. Hy sal in die opdrag van God spreek en hy sal geen ander Meester erken as slegs die Een wat hy dien nie.

Sy taal sal inslag vind en sal die swakkes krag gee tot verset, want daardeur sal die mense ook die moed hê om vir hulle geloof te sterf. En tog lê die lewe van elke mens in die Hande van God en slegs Hy weet wanneer die uur van redding sal slaan, wanneer Sy koms na die aarde en die wegneming van Syne sal plaasvind.

Ook die Voorloper weet van sy einde, maar hy dien sy Meester ook nog deur sy dood. Want daardeur sal hy die werk van die verheer­liking volbring; deur sy dood sal God se mag en heerlikheid geopen­baar word, want slegs Een gebied oor lewe en dood en die Een sal Hom laat ken as Meester en as Oorwinnaar oor Sy teenstanders, as die laaste dag gekom het. Hy sal diegene wat in Hom glo, lewe gee, en almal wat Sy teëstander onderhorig is, aan die dood oorgee.

Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205