GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 3

24 Des. 2007 07:30

Ek is by Jahshua op ‘n pragtige groen plek en dit lyk soos vroeg in die oggend as die son op is. Alles is verlig en pragtig. Ek praat met HOM oor allerhande dinge en HY verduidelik aan my ‘n paar goed. Die liefde wat uit HOM uit straal is so pragtig en SY hare blink. Die volgende oomblik besef ek dat dit donker word soos tydens ‘n groot donderweer en storm, maar die donker wolke kom nie van bo nie, dit is asof die donker wolke my en Jahshua omring. Dit gebeur baie skielik. Vader sê dat ons moeilikheid net so vinnig gaan gebeur. HY sê dat ek my kinders by HOM in die laer sal moet los om ander te gaan help. HY sal na hulle kyk en ek sien dat HY met hulle op ‘n grasheuwel sit en gesels. HY staan weer voor my en sê dat ek deur die swaar wat voorlê, met HOM een sal word. Net soos SY dissipels in Boek 11 Johannes evangelie in afsondering gelaaf het en tog baie geleer het, is ek nou ook in afsondering en leer nou baie. Terwyl ons so praat, besef ek dat die sonlig nou weer op SY hare blink en dat alles weer verlig is. Ek weet nie wanneer dit gebeur het nie, dit is net asof ek nou eers weer daarna opgelet het. HY sê toe vir MY dat dit is omdat ek my oog op HOM gehou het, dat ek nie eers die storm om my beleef het nie en dat die moeilikheid weer gou verby sal wees. Ons moet net ons oë op HOM gerig hou en dan sal alles baie gou verby wees en ons sal nie eers die storm beleef nie, al gaan dit ons slaan. HY sê ook dat mense baie lief vir diamante is en daarom moet jy deur SY lig wat op jou skyn, reflekteer in die mooiste kleure, sodat ander dit kan sien en aangetrek word. HY sê ook dat satan die diamant in jou hart wil steel, net soos vandag se diewe mense van hulle aardse diamante beroof.

 

24 Des. 2007 12:00

Ek staan saam met Jahshua op die aardbol en ek sien die kontinente en oseane soos vanuit die ruimte. Die aarde begin te bewe en ruk soos iemand wat koud kry. Ek sien die see wat baie woes raak. Die water spat sommer so hoog tot in die binneland. Dit is baie erger as groot golwe. Bergtoppe breek af en val in die see. Daar kom ‘n baie groot skeur in die Afrika-kontinent en die noordelike gedeelte val ook in die see. Baie gedeeltes van Europa is ook onder die water. Eilande is ook onder water. Die aarde lyk nie meer dieselfde nie.

 

21:00

Ek loop saam met Jahshua in ‘n grasveld en in die gras lê ‘n blou bal met rooi “zig-zag” strepe op. Jahshua sê dat ek dit van naderby moet bekyk. Ek sien dat daar geel kolle op die rooi is en groen kolle op die blou gedeeltes is. Ek moet nog nader kyk en sien toe dat die geel kolle oë is en die groen kolle ore is. Die bal verander toe in ‘n reuse rooi mond wat met my praat. Daar volg toe ‘n lang gedig waarin die aarde haar lot bekla en die mense waarsku dat die tyd min is: Luister, luister, ek roep nie, ek fluister. Die tye is baie duister. Elke liewe myn, verskaf my ingewande pyn…. . ek kan nie alles wat gesê is onthou nie, maar na die gedig verander die bal in ‘n huilende gesig. Vader sê dat die aarde weet dat haar tyd min geword het en dat sy ook bang is, maar bly omdat sy daarna weer deur Vader pragtig gemaak gaan word. Die aarde voel ook dat SY reiniging, pyniging is.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205