GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 7

Kaapstad

8 Jan. 2008 05. 18

Ek staan saam met Jahshua op ‘n baie hoë berg en daar onder in die mis is ‘n groot stad. Ek sien die stad is teen die see. Ek was nog nooit in Kaapstad nie en Jahshua sê dat dit Kaapstad is en Ek staan saam met HOM op Tafelberg. Ek sien die see daar vêr. Skielik kom die water van die see en oordek die hele stad, totdat die water ‘n paar meter onder die kranse van die berg is. Dit maak my benoud omdat ek dink aan die arme mense wat so skielik onder die diep water verdwyn en EK vra vir Jahshua wat nou met die mense gaan gebeur. HY sê vir my dat dit gaan gebeur tydens die groot aardbewing en EK vra vir HOM wat dan nou gaan gebeur met die wat HOM liefhet. HY sê dat daar uiters min mense in Kaapstad is wat HOM liefhet, maar dat HY hulle sal red en hulle sal deur HOM gehelp word sodat hulle niks kan oorkom nie. Dit was ‘n skielike gebeurtenis. Ek sê vir HOM dat ek dan verstaan het dat Afrika groter gaan word omdat daar ‘n stuk van die kontinent uit die see gaan rys. Hy sê vir my “ Ja, MY kind maar jy weet mos nie op watter plek Afrika verleng gaan word en watter gedeelte onder water gaan wees nie?” Ek het maar gedink dat Afrika daar uit die see gaan rys en daar verleng sal word, maar soos wat ek verstaan sal dit meer Suidwes van Kaapstad gebeur. Alles is in Vader se hand.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205