GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 42

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

Deel 42

9 Maart 2008 07:42

Jahshua tel my in SY arms op en hou my vas en HY vra of ek HOM sal vertrou met alles. Ek en my man het hierdie afgelope twee weke deur baie dinge gegaan en my siel is vreeslik bewerig omdat ek bang is dat daar nog dinge gaan kom wat vir my swaar is om te dra. Jahshua het ons met dit alles gehelp, maar ons is nogtans bangerig dat daar iets erger op ons wag. Ek weet die vrees is ongegrond maar kan dit nie help nie. HY tel my op en dra my tot by ‘n baie groot afgrond wat soos die “Grand Canyon” lyk. Daar is ‘n lang smal brug oor. Die brug is van soliede yster en hout gemaak. ‘n Baie stewige brug. Jahshua sê die afgrond is die vrees wat ons het en ons moet dit oorbrug. Dan vra HY my of ek oor die brug sal gaan en ek sê dat ek dit net sal doen met SY hulp. HY is binne my en Ons loop oor. Alles gaan goed en toe ek by die einde kom en die kranse hier by my sien, kry begin ek ewe skielik vrees, maar Jahshua sê dat ek net moet verder gaan en alles gaan goed tot ek oor is. Toe is dit my man se beurt en Jahshua wys my dat hy alleen oor stap. Hy kan nie vir Jahshua hoor of sien nie en moet dit alles alleen doen, maar Jahshua stuur my om hom te gaan help. Ek staan voor hom en loop agteruit tot op die punt van die brug. Daar staan hy ook stil toe hy die kranse hier reg voor hom sien en vra net die hele tyd vir hulp. Ek probeer hom oorhelp maar kry dit nie reg nie en ek sien dat Jahshua skielik ‘n ent van ons af staan en ek vra HOM vir hulp. Skielik kom Jahshua in beweging en ongelooflik vinnig, gryp HY my man en bring hom op die gras. My man sit op SY skoot en maak nie sy oë oop nie al praat Jahshua sag met hom. Jahshua sê dat ek vir hom water uit my kalbassie moet gee en hy maak sy oë oop en sien vir Jahshua. Hy is baie bly en buig voor HOM neer. Jahshua vra hom of hy dors is en hy sê ja. Uit Jahshua se hand kom ‘n fontein en hy drink met oorgawe. Ook word daar brood aan hom gegee wat hy baie vinnig eet. Hy word skielik baie groot, soos ‘n engel en Jahshua vra of hy HOM sal dien en hy sê dat hy dit met die grootste vreugde sal doen. Toe stuur Jahshua hom om mense na HOM te bring en hy doen dit ontsettend vinnig.

 

Jahsua dikteer:

Kyk maar na julleself. Julle het almal baie onnodige vrese in julle binneste. MY kinders, Ek is altyd in beheer en niks sal met julle gebeur wat julle nie sal kan dra nie. Gaan na MY knegte en vra hulle waarom hulle vrees. Hulle is almal bang dat EK hulle nie sal lei soos wat EK gesê het nie. Julle moet onwrikbaar in MY vertrou en julle sal almal van die brug afkom en veilig in MY arms sal julle dan wees. MY kind, van wie hier gepraat word, het haar man gelei omdat EK in haar was. Hy moes na haar kyk en MY in haar sien, maar die vrees was te groot toe hy die probleem sien. EK sal julle nooit bo julle kragte versoek nie en niks sal gebeur wat julle geestelik sal benadeel nie. Nie eers die dinge wat fisies met julle gebeur sal julle benadeel nie want EK sal julle nooit in die hande van die bose gee nie. Luister nou na MY en weet dat Ek ten volle in beheer is en niemand kan julle uit MY hand uitruk nie. Die wat wel uit MY hande uitgaan, doen dit self en dit is nie EK wat hulle daar laat uitgaan nie. MY kinders, die tyd is baie naby dat die boodskapper uitgaan en EK weet alleen waarom hy nog nie uit kon gaan nie. Julle moet weet dat die regte tyd al hier is en dat julle hom moet verwag want sy uur het gekom. MY skryfkneg sit nou hier en dink dat EK dit al baie gesê het en dat dit nog nie gebeur het nie, maar julle weet nie wat in die geesteswêreld gebeur het nie. EK het hom al uitgestuur en hy het al gedoen wat hy moes, maar nou is dit egter die beurt vir sy fisiese verskyning. Wees hom te wagte want die tyd is hier. Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205