BOEK 2 - DIE WYSHEID
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13.

HOOFSTUK 8

BARMHARTIGHEID

1) EK, JAHSHUA-MIRIAM-GEES hou nou hierdie pen in MY HAND om elke WOORD uit WAARHEID op jou hart te graveer. EK IS BARMHARTIGHEID, daarom mag jy niks anders wees of uitleef as jy deel wil wees van MY nie. EK as BARMHARTIGE WESE vul ook elke lewende organisme, alhoewel dit in die jagtende deel van die skepping anders voorkom. Slegs die mens, wat met MY kan verenig, kan BARMHARTIGHEID toepas, daarom is dit die KROON waardig. Keuses gemaak in LIEFDE, toon BARMHARTIGHEID uit WYSHEID, daarom vertoon dit LIG, want dit bring VREDE.

2) BARMHARTIGHEID is net soos LIEFDE, dus `n toestand van bestaan, want as gevolg van die uitleef van LIEFDE is die gevolge of resultate BARMHARTIG.

3) Wees werksaam in LIEFDE en BARMHARTIGHEID om HEILIGHEID uit te straal, want hoe meer jy daarop ag slaan om WYSHEID se raad aan te neem en BARMHARTIG te handel, hoe sterker trek jy MY BARMHARTIGHEID aan om aan jou gawes toe te vertrou. Elke gawe wat sy oorsprong uit MY het, het `n KRAG tot gevolg wat die beërwer nader aan MY KERN trek.

4) Daal nooit terug na waar jy ontwaak en bekeer het nie, maar werk daaraan om BARMHARTIG te handel in elke situasie.

5) Wat beskou EK as BARMHARTIGHEID?

LEWE is heilig. Net in die sin van heerskappy, tot groei of ontwikkeling of onderhouding van plekke, mag iets gedood of vernietig word. Herwinning is goed, maar sieledele hoef nie telkemale ‘herwin’ te word nie. Dit is net een of twee maal moontlik, voor totale dood dit nietig maak. MY WIL sal bepaal wat met sieledele gebeur.

6) Liefdeslaste word deur BARMHARTIGHEID `n offer, wat grootliks beloon sal word in die ewige. Elke kind wat `n las dra vir sy naaste, sal bekroon word.

7) Geeneen kan na MY kom as EK nie BARMHARTIGHEID betoon nie, daarom kan elkeen maar uit dankbaarheid BARMHARTIGHEID probeer beoefen. EK sal elkeen lei om MY BARMHARTIGHEID te besef, soos wat nuwe dinge waargeneem en geleer word, sodat MY KONINKRYK kan kom.

8) Hoe bring GEREGTIGHEID BARMHARTIGHEID mee, want EK is tog nie net LIEFDE nie. Ja, LIEFDE is in GEREGTIGHEID en BARMHARTIGHEID te vind, tog nie net in een en nie die ander nie. `n Ouer wat tug, het steeds lief genoeg om te versorg. So het EK julle lief as MY eiendom en Skepping, maar ook MY vriende en geliefdes. Hieruit spruit die volmaakte huwelik: As julle verenig met MY in alle vlakke om ook WYSHEID deelagtig te wees, sal EK julle met MY GEES van MIRIAM, die WYSHEID, bekroon, waar julle dan MY vroulike wese se rol opneem om MEDE-SKEPPERS te wees uit MY WIL en so MY WESE aanvul in diensbaarheid. Begryp nou dat EK met MY Volk moes skei as gevolg van hulle ontrouheid aan die LIEFDE, maar weer julle hand as `n BRUID neem uit die WIL van BARMHARTIGHEID om julle weer te heilig vir ewige diens. Maak hierdie VERBOND `n werklikheid deur elkeen jou eie hart te suiwer in die LIEFDE en met BARMHARTIGHEID jou kleed af te rond as `n bruilofsgewaad, want EK staan gereed om julle in MY WESE op te neem dat ONS nuwe lewensvorms kan bewerkstellig. Laat MY Lammers wei, Petrus. So spreek EK, JAHSHUA, deur die GEES van MIRIAM as slot van hierdie volume van die NUWE BYBEL. EK spreek weer: Petrus, laat MY Lammers wei. Amein.

 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205