Boek 23 - Die Geregtigheid en Barmhartigheid van God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

AFLOSSING VAN DIE SKULD TOT OP `N SENT
B.D. 6220 - 26/27 Maart
My Geregtigheid eis aflossing van alle skuld; want dit is die wet van die goddelike ordening, dat elke oorsaak haar uitwerking tot gevolg het. Alle skuld is `n vergryping teen die ewige ordening, dit is `n daad wat op die een of ander manier hom moet laat voel en wat altyd maar net `n slegte uitwerking sal hê, omdat dit `n vergryping was teen My ordening van ewigheid. Die bose sal steeds kwaad voortbring en geen enkele slegte daad bly sonder uitwerking nie.
U, mense sal dus, wanneer u met `n skuld belas is, nooit in vryheid en geluksaligheid in die geestelike ryk kan lewe nie, omdat hierdie skuld daarom `n belasting is vir die siel: Omdat die slegte uitwerking voortdurend die siel sou aanmaan tot `n regverdige vereffening, omdat skuld eenvoudig nie die bewussyn van `n "geluksalige vryheid" toelaat nie - want die siel het uit die goddelike ordening getree en moet onvoorwaardelik hierdie goddelike ordening weer herstel, voordat sy kan geniet van haar vryheid. Dit is geensins `n bestraffing van My kant nie, maar `n gewone wet, omdat daar in My ryk geregtigheid en liefde heers en omdat beide onvereffende skuld nie kan verdra nie.
Alleen `n wese sonder skuld kan geluksalig wees, `n wese wat die kleinste liefdeloosheid weer met liefde goedgemaak het, `n wese wat nou heeltemal in die ewige ordening binnegegaan het - `n wese wat alle skuld betaal het, wat alle skuld met liefde goedgemaak het. En daartoe is nouliks `n wese in staat wat as mens op aarde leef en op veelvuldige maniere skuldig geword het, omdat hy die weg op aarde afgelê het in `n onvolmaakte toestand; omdat die wese deur hierdie onvolmaakte toestand nie in `n goddelike ordening verkeer nie, omdat hy nog nie die liefde in homself tot ontplooiing gebring het nie, dus het vir hom deur die liefdeloosheid `n mate van skuld opgehoop, waarvoor die lewe op aarde te kort is om dit te delg, selfs wanneer die wese hom hierin verander tot liefde, juis omdat My Geregtigheid `n vereffening moet eis wat ooreenstem met sy skuld.
Ek kan nie geluksaligheid skenk in My ryk voordat die skuld tot op die sent betaal is nie. Maar Ek kan `n boetedoening aanneem wat vir die skuldig geworde siel betaal word, maar ook slegs dan, wanneer liefde hierdie boetedoening verrig - omdat alleen dan aan My Geregtigheid voldoen word.
En nou sal u ook die werk van Liefde en Barmhartigheid van die mens Jesus begryp, Hy wat ingesien het in welke nood die mens verstrik geraak het en hulle gedurende die lewe op aarde nie daarvan kon vrymaak, en ook nie die geestelike ryk, belaai met sy skuld, kon betree nie. Hy het geweet dat My Geregtigheid nie `n skuld kon skrap wat nog nie vereffen was nie, en daarom het Hy Homself as soenoffer aan die kruis aangebied, om die mense in `n staat van vryheid oor te plaas, wat `n geluksalige toestand in die geestelike ryk eers toelaat. Hy het dus die skuld tot op `n sent betaal vir diegene wat Sy verlossingswerk aanneem, wat hulself skuldig voel en Jesus Christus vra om vir hulle die skuld af te los deur Sy vergote bloed aan die kruis.
In My ryk sou daar geen geluksalige wese gewees het sonder die verlossingswerk van die mens Jesus nie. Maar die seën van die verlossingswerk kan alleen oor diegene kom wat sy skuld insien as skeiding tussen homself en God, wat die insig gekry het, as gevolg van sy wil wat op My gerig is, in wie die vonk van die liefde ontvlam is, omdat hy hom andersins nooit skuldig sou gevoel het nie; en die bewussyn van sy skuld dryf hom nou na My in Jesus Christus en hy vra My om vergewing terwille van Jesus Christus. En sy skuld word tot niet gemaak, dit word totaal gedelg en hy kan as vry wese die ryk van die lig binnegaan, waarin dit nou weer sy taak is om deel te hê aan die verlossingswerk.
As self verloste, kan die siel nou ten volle werksaam wees, sodat sy nou ook kan trag om, die siele in die goddelike ordening terug te lei, wat ongelukkig is omdat hulle nie verlos is nie. En hierdie werksaamheid is dikwels moeilik en vereis baie geduld en volharding, maar haar liefde gee haar krag en sy gebruik hierdie krag vir My diens en My Ryk. Sy dien My en betaal met haar dienste van liefde `n skuld wat Ek wel tot niet gemaak het, dus deurgeskrap het, maar so `n vereffening tog graag aanneem, omdat die liefde dit My aanbied. Die deur Jesus se bloed verloste siele in die geestelike ryk is onafgebroke besig om die nog ontroue siele na My terug te voer; maar hulle vervul hierdie werksaamheid nie meer vanuit `n bewussyn van skuld nie, maar in volledige vryheid en word daarom nie alleen as My knegte beskou nie, maar as My medewerkers, wat sonder die geringste eiebelang slegs bydra tot die geluksaligheid van die bewoners van die geestelike ryk - uit liefde vir My en vir al die geestelikes wat Ek skep.
Die siele wat nou nog onverlos in die diepte smag, is dus nog met hul skuld belaai en daarom boet hulle in hul smartlike toestand dit gedeeltelik uit - maar hulle sal hulle nooit alleen deur hierdie kwellinge kan vrykoop nie, hulle sal nooit met die aflossing van hul skuld gereed raak, sonder die verlossing deur Jesus Christus nie. Op aarde het hulle die geleentheid versuim om hulle skuld aan Hom oor te dra, Hy wat vir hulle boete gedoen het deur Sy dood aan die kruis. Maar eens moet hulle dit doen, omdat hulle andersins vir ewig nie hulle skuld sal kwytraak nie.
En Ek is tevrede wanneer hulle maar uit die diepte tot My roep om hulle skuld in die sand te skryf, om hulle op te hef na ligter sfere, waar hulle nou weliswaar erg moet worstel, maar hulle tog ook eens kan aanbied vir die verlossingswerk en wat nou van hul kant weer baie skuld afwentel; juis deur hul verlossingswerk, wat hulle egter steeds eers dan kan verwesenlik, wanneer hulle hulleself aan Jesus Christus oorgegee het, dat Hy hulle sal verlos uit die mag van hul gevangenskap bewaarder (Satan). Hulle los dus vrywillig en uit liefde hul skuld af, want dit is al voorheen tot niet gemaak deur die verlossingswerk van Jesus. Maar hul dankbaarheid en geluksaligheid oor hul bevryding kan hulle nie anders kenbaar maak as deur mee te doen aan die werk van verlossing nie, omdat hulle self op die hoogte is van die nood van die siele in die duisternis en in hul liefde nou almal wil help om in vryheid gelukkig te word. Maar sonder Jesus Christus sou geen wese in staat wees, nóg op aarde nóg in die hiernamaals, om die sondeskuld self af te los nie. Maar terwille van die Geregtigheid moet elke skuld goedgemaak word en die boetewerk volbring Jesus, en u mense sal kan vry word van elke skuld, op aarde of ook in die ryk hierna.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205