Boek 23 - Die Geregtigheid en Barmhartigheid van God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

VERGEWING DEUR JESUS CHRISTUS. VERHOGING VAN DIE GRAAD VAN LIEFDE
B.D 8647 - 17 Oktober 1963
Bely My openlik in Jesus, dan behoort u ook tot Myne, oor wie Ek waak en wie Ek beskerm op al hul weë. As u Jesus as goddelike Verlosser aangeneem het, dan het u uself, deur middel van u wil, ook weer na My Self gekeer, Wie in Jesus mens geword het. En omdat Jesus deur Sy kruisdood u oersonde gedelg het en u My weer erken as u God en Skepper, keer u nou ook weer na My toe terug, u vrye wil, wat haar geheel en al aan My oorgegee het, het werksaam geword en het haar aan Myne onderwerp. En u behoort aan My - die losmaking van My teenstander is voltrek, omdat Jesus Christus u van hom vrygekoop het met Sy lewe, omdat Hy u sondeskuld tot niet gemaak het met Sy bloed.
En wie Myne geword het, kan nou ook sy aardse lewe sonder vrees volbring, hy sal nie meer aan My teenstander ten prooi val nie, want sy mag is gebreek deur die kruisdood van Jesus. Ek Self het hom oorwin in `n mens, wat so van Liefde vervul was, dat Hy die oormag behaal het oor die teenstander, wat teen die Liefde magteloos is. Wat die mens nou op aarde hoef te verdra, is maar net middele om sy siel te louter, wat haarsel van haar slakke moet bevry, sodat sy in hoë mate met lig deurstraal kan word, wanneer sy in die ryk hierna binnegaan. Die oerskuld is dus gedelg deur die erkenning van Jesus en die vraag om vergewing.
Maar die siel moet nog aan haarself werk om tot die hoogste vervolmaking te kom, want deur die eindelose lang skeiding van My, haar God en Skepper, het sy uit haar toestand van volmaaktheid getree, sy het `n geheel liefdelose wese geword, wat weliswaar weer, deur te dien, in die "jy moet" toestand, tot `n sekere graad van rypheid kan raak, maar in die aardse lewe weer bewustelik die aanstraling van My Liefde moet verwerf, wat bewustelik haar graad van liefde moet verhoog deur self werksaam te wees in liefde. En hierdie graad van liefde kan nog gering wees, en dit is die arbeid van `n mens aan sy siel, wat hierdie graad verhoog, waardeur die siel kristalhelder word en nou steeds met sterker ligstrale vervul kan word.
Dus sal u `n onderskeid moet maak tussen: "Vergewing van u sondeskuld" en "vervolmaking van u siel", wat `n mens op aarde self kan bereik, juis deur bewustelik werksaam te wees in liefde. Die vergifnis van die sondes word u geskenk deur die werking van erbarming van Jesus, maar die liefde moet die mens self ontsteek en tot helderste vlam laat oplaai, en daarom kan `n siel, wat die weg na Jesus gevind het, wel in die ryk van die lig binnegaan, omdat Hy haar sondeskuld tot niet gedoen het, maar die graad van lig kan heeltemal verskillend wees. En daarom moet die mens sy aardse lewe goed benut met die doen van liefdeswerke, om die graad van sy liefde te verhoog en des te geluksaliger sal hy wees na sy liggaamlike dood;
Liefde en leed bring die loutering van `n siel tot stand, liefde en leed lewer haar `n steeds hoër graad van lig op en daarom moet u ook die leed seën, omdat dit `n doeltreffende hulpmiddel is, wat u bring tot volle ontwikkeling. Mense wat Jesus nog nie gevind het nie, moet ook dikwels ly en dan moet hul blik gerig word op Hom Wie die grootste lyding op Hom geneem het, vrywillig en uit liefde vir die mense, van wie Hy geweet het dat hulle in die grootste geestelike nood was en wie Hy wou help. Want eens sal die gedagte aan Hom in ieder mens opduik wie van Hom gehoor of gelees het, in die besonder in groot leed, maar of die gedagtes aangeneem sal word, bepaal weer die vrye wil van die mens en daarom kan sulke gedagtegolwe ook afgewys word.
En die siel bly verder in die grootste nood. En wederom sal mense wat die goddelike Verlosser Jesus Christus afwys, ook weinig werke van liefde verrig, omdat die liefde hul al `n helderder graad van insig sou opgelewer het en hulle dan geen openlike teenstander van die goddelike Verlosser sou wees nie. Want die teenstander beïnvloed sulke mense en verhinder hulle ook om werke van liefde te doen. En tog word daar aan almal genoeg geleentheid gebied waarin hulle die liefde sou kan beoefen. Maar die erkenning van Jesus en daardeur ook die erkenning van My Self verskaf elke mens vergrote krag, want Ek neem al diegene aan wat na My wil terugkeer, wat getoon word deur die erkenning van My SELF in Jesus.
Ek laat waarlik geen mens sonder hulp, sonder beskerming en sonder krag nie, want daar is vir My oneindig veel geleë aan die terugkeer van iedere siel afsonderlik, en wat gedoen kan word om haar te red uit die boeie van die duistere mag, word waarlik nie nagelaat nie. Want My Liefde hou al My skepsele wat eens vrywillig van My weggegaan het, in die oog en My Liefde was vir My die rede, dat Ek Self in die mens Jesus die verlossingswerk volbring het, want hierdie Liefde was in die mens Jesus beliggaam.
Die ewige Godheid Self het na die aarde gekom, Hy vervul die mens Jesus geheel en al en volbring in Hom die grootste werk van erbarming, terwille van die mense, die wat in die kluistering van die teenstander smag en hulle nie van hom kon bevry nie. Hy het hierdie kluistering verbreek, Hy het Sy lewe gegee om aan die gevallenes, hulle wat (geestelik) doodgegaan het – weer die lewe terug te gee. Hy het die groot skuld tot niet gemaak wat die rede was (en is) van u bestaan op hierdie aarde. En Hy het vir u die weg weer vrygemaak na u God en Skepper, na u Vader van ewigheid.
Amen

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205