Julle moet wedergebore word, deur Abba Vader
MARIETHA NEL

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10.

Hoofstuk 9
Wedergeboorte en die tweede dood
30 Oktober 2007 om 22h48
Wedergeboorte is die lewe, lewe nuut en rein gebore uit MY, julle MEESTER, SKEPPER en VADER. Wedergeboorte is lewe, lig en daar is geen plek vir duisternis. Wedergeboorte is deur en deur bestraal met MY liefdeslig.
Die tweede dood daarenteen, is sterf, is leë en hol gevoel. Dit is die illusie van die slim en wyse mense. Hulle sê mos daar is geen GOD en daarmee verdwyn hulle in die illusie van ’n leë en holle verstand.
Maar julle, MY kinders, wees stil en soek MY lig diep in julleself. EK sal MY son oor julle laat opgaan. EK stuur genade en ruk julle uit die dood. EK breek die bande en bevry julle van sonde. Die wat op MY wag, kry nuwe krag. Weet wat EK gespreek het, is waar, getrou en gewis.
EK is altyd daar vir julle. Sterf julle eie ‘ek’ af en in daardie algehele kragteloosheid, sal EK kom en julle ’n onmeetlike ruimte maak soos wat EK is, omdat julle MY dan sal omhels met julle liefde.
Hoor dit, en wees getrou aan MY woorde.
Luister goed!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205