Boek 1 - Wêreldgebeure
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

EINDPROFESIE. - IS U EEN VAN MYNE?
Wie homself as deel van Myne beskou, sal weet dat die tyd van die einde ook aangebreek het, dat die mensdom voor `n geestelike en aardse keerpunt staan. Want die Gees spreek tot Myne en hulle kan innerlik deur die Gees aangespreek word. Hulle verneem dus My stem direk of as gedagte, en hulle neem die woord, wat deur My bodes aan hulle gebring word, ook gelowig aan, omdat dit van My uitgegaan het.
Myne weet dus in welke tyd hulle lewe. Hulle weet dat die laaste uur spoedig op die wêreldklok sal slaan, dat die geestelike nag op hierdie aarde vir tallose mense aangebreek het. Dat egter ook `n nuwe dag aanbreek vir hulle wat aan My trou bly tot aan die einde, wat tot die “kleine kudde” behoort wat EK Myne noem.
Hulle almal moet nog `n taak op aarde vervul. Hulle moet hulle medemense ook vertel wat hulle te wagte staan. Dat sal nie maklik wees nie. Want hoe oortuig Myne ookal van die waarheid van My woorde sal wees, dus ook van die aankondigings oor die einde en die laaste oordeel, hulle medemense sal tog geen geloofwaardigheid aan hulle skenk nie, maar veel eerder hulleself onwillig afwend as hulle gewaarsku word.
Maar u, wat EK kan aanspreek, u sal steeds weer melding maak van die einde, wat sekerlik nie meer lank op homself sal laat wag nie. As bewys daartoe sal u wys op die natuurkatastrofe, wat vir die daaropvolgende einde, die hele wêreld in opskudding sal bring. U moet hulle duidelik maak dat die daaropvolgende einde ook met ewe groot sekerheid verwag kan word. Want deur die natuurgebeure wil EK die mense nog `n laaste vermaning en `n laaste aanwysing gee, sodat hulle makliker kan glo wat u aan hulle in My opdrag gesê het.
Wie dus self die "lig" besit, moet ook "lig" in die duisternis laat straal, wie self in My en My woord glo, moet ook probeer om sy medemense tot geloof te bring. Maar hy moet vol liefde op hulle inwerk sodat hy hulle tot weerstand bring nie.
Daarom sal die natuurkatastrofe ook nie lank op homself laat wag nie en daartoe bydra dat nog mense hulleself teen die einde sal voorberei. Ook van die natuurgebeure - deur My ingrype - waarvan elke mens sal hoor, sal u melding maak, want dit sal van `n ontsaglike omvang wees en nie as `n alledaagse gebeurtenis afgemaak kan word nie. U moet onbevreesd op die gebeure wys en openhartig daaroor spreek, want dit sal plaasvind met onomstootlike sekerheid. En wie deur u daarvan verneem het, sal ook makliker in die einde wat deur My verkondig is, glo.
Myne moet dus vir My bekwame medewerkers wees, al bestaan hulle werk maar slegs daarin om van die komende dinge te spreek. Dan reeds bewys hulle My al `n groot diens, want EK wil dat die mense daarvan weet. EK kan hulle dit egter alleen deur die mond van mense laat weet, wat hulle dan kan glo of ook nie. Maar hulle het dan daarvan gehoor en sal ook daaraan dink wanneer die dag kom waarop die hele wêreld die asem sal inhou. Want die natuurgebeure sal ontsaglike leed bring oor die mense wat dit sal moet beleef. Vrees nie, sodat u misleidende voorspellings versprei nie, maar spreek vry en openlik uit wat EK u Self laat weet het, en dat u My woorde onvoorwaardelik glo. Hulle kan u nie as leuenaars uitmaak nie, omdat hulle die bevestiging daarvan vinniger as wat hulle dink sal ervaar. Hierdie kennis sal die mense daartoe beweeg om hulle twyfel oor die aankondigings oor die einde op te gee, en dan sal baie al bereik wees.
Want dan kan hulle hulleself nog voorberei en by My, hulle Verlosser Jesus die Gesalfde(Christus) hulle toevlug soek - en dan is hulle vir die afgrond gered.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205