Boek 18 - Stryd met die swaard van die mond
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

OPDRAG
B.D.8908 - 9 Januarie 1965
U het nog `n groot opdrag om te vervul, voordat My ingryping plaasvind, waardeur u dan in baie ander omstandighede sal beland, wat u werksaamheid vir My ryk moeiliker sal maak. Maar eers moet die siele bereik word wat hulleself nie afwysend teenoor My Woord opgestel het nie, hulle moet te wete kom wat die mense te wagte staan en al twyfel hulle ook: Die groot gebeure sal hulle baie vinnig oortuig dat u die waarheid gespreek het; Maak dit daarom aan almal bekend, wys die mense op hierdie ingryping, wat steeds vinnig nader kom en dat dit hulle almal sal tref, ofskoon die lande wat getref sal word, nog vir u verborge sal bly.
Ek bind dit op u hart, deur te wys op die geweldige natuurgebeure, om alle mense aan te spreek, wat u My Woord laat toekom Dit sal nodig wees, dat hulle hulleself eers daarmee besig hou, dat hulle ook self daartoe voel om aangespreek te word en na gelang van hulle ingesteldheid, troos en krag kan put in die tyd van die nood wat kom. Oral waar My Woord gebring word, moet daarvan kennis gegee word, oral moet die mense verneem wat hulle te wagte staan, al vind hulle dit ook moeilik om te glo.
Maar dan sal hulle ook glo aan die einde wat spoedig hierna sal volg, wanneer eersgenoemde gebeurtenis werklikheid word, wat van bo, uit die kosmos kom, wat dus nie deur menslike wil veroorsaak is nie. Want deur die gebeure wil Ek nog eenmaal die mense aanspreek, Ek wil hulle wek uit hulle doodslaap en hulle blik op My rig; op Hom wie hulle deur innige gebed (uit die hart) kan bereik; Ek wil met `n luide stem spreek, omdat hulle geen ag op My sagte aanspreking slaan nie Maar Ek wil My ook ontferm oor diegene wat dan nog die weg na My vind. En al is hulle direk slagoffers van die katastrofe, hulle siele is tog gered, wanneer hulle voor die tyd nog tot My roep en My erken as die Mag aan Wie hulle onderworpe is en voor Wie hulle moet buig.
Ek roep u almal op om van hierdie woorde van My melding te maak en om geen vrees te hê dat u die mense sou kan verontrus nie, want dit het geen enkele sin wanneer hulle met hulle oë gesluit die ongeluk tegemoet gaan nie, dat hulle dan verras sal word en hulle vir hulleself geen verklaring daarvoor kan gee nie. Maar wanneer u dit wat Ek daarmee wil bereik, vooraf aan hulle gesê het, wanneer u dit vir hulle as waar aangekondig het, dan sal baie van hulle tog self daardeur aangeraak voel.
En selfs wanneer hulle nie daarin sal glo nie, sal hulle dit nie uit hulle gedagtes verloor nie. En dan weet hulle al dat dit `n gebeurtenis is, wat deur My Wil oor die mense gestuur word en hulle sal weet dat My woord die waarheid is en ook aan die einde glo. Alle pogings moet gedoen word om die mense tot geloof te bring. En ook die geweldige natuurgebeure kan mense nog wakker maak om te glo, wat andersins nie meer aan te spreek is nie en wat Ek tog nog sou wil wen, selfs as daar `n groot onheil daarmee verbonde is.
Maar die gevaar van `n hernieude kluistering lê voor u en wanneer Ek nog siele hiervan sal ontruk, sal hulle My ewig daarvoor bedank, want die lot van `n hernieude kluistering is baie verskrikliker, dit duur ewighede, terwyl die natuurgebeure in `n nag verby sal wees, weliswaar sal daar dan `n onmeetlike ellende begin, wat u egter, elkeen vir homself, tot `n draaglike toestand sal kan verander, as u maar die geloof in My sal opwek. Want Ek is `n Heer oor lewe en dood; Ek kan ook vir u gee wat u nodig het, soos Ek egter ook kan afneem wat u nie vrywillig bereid is om af te gee nie.
En daarom, versuim nie om die medemens in kennis te stel van wat daar gaan gebeur nie, want niemand moet kan sê dat hulle niks daarvan geweet het nie; Die mense glo net nie dat hulle hulleself al so naby die einde bevind nie, omdat hulle andersins ook uit die Skrif die gevolgtrekking sou kon maak dat daar `n rampspoedige gebeurtenis oor die mense gaan losbreek - Maar hulle glo dat die tyd nog nie gekom het waarin vervul sal word wat geskrywe staan nie; Dog eens sal die toekoms teenwoordige tyd word, eenmaal word die aankondiging bewaarheid en hierdie tyd staan vlak voor die deur.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205