Boek 31 - Oorsprong van die Bose
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

VOORTSETTING VAN 8860. (HET GOD DIE VAL VEROORSAAK?)
B.D.8861 - 26 September 1964
Alles is aan u duidelik gemaak met oorgrote Liefde, wat onbegrens is en Haarself aan elke skepsel skenk, ook aan die eens van My afgevalle skepsele, want Liefde kan nie vergaan nie, Sy volg die verlorenes in die diepte en poog om hulle weer te beweeg om terug te keer. Daarom het Ek u ook die skeppingswerk so beskryf, dat Ek ook die eerste wese met grenslose Liefde omvou het, dat Ek My verheug het in sy geluksaligheid en aan wie Ek nimmermeer My Liefde sou onttrek het as hy dit nie vrywillig sou afgewys het nie.
Maar Ek het u ook duidelik gemaak waarin die vrye wil bestaan, dat die wese homself kon verander en uit die ewige ordening kon stap, en dat dit nie verhinder kon word nie, omdat hy `n vrye wil gehad het, om homself uit My wet van die ewige ordening te verwyder. Die uitstap uit My wet was die sonde, waartoe Ek egter nimmer `n wese gebring het nie, aangesien dit in stryd is met My Liefde.
Ek Self is in My diepste Wese goed, in My is daar niks wat teen die wet gerig is nie. Ek kan ook geen enkele wese haat nie, Ek sal hom voortdurend met My Liefde volg, maar Ek kan nie die wese wat teen My gesondig het, die geluksaligheid besorg nie. Ek sou dit ook nie kan beweer dat dit My Wil was dat die eerste wese geval het nie. U ken My nie in My oorgrote Liefde en Barmhartigheid nie, wat geen harde woord spreek nie, ook al is u skuld hoe groot. Ek konstateer slegs wat in ooreenstemming is met die feite, sonder om egter toornig te word, want My Liefde is groter as My "toorn" - en wat Ek doen volgens My heilsplan van die ewigheid, geskied altyd net uit Liefde wat tot in alle ewigheid na u toe uitgaan.
Wie derhalwe van mening is dat Lucifer moes val om dan vir My `n welkome werktuig te wees, om vir My as teenpool te dien, - wat My sedert die ewigheid bekend was met die voorbeskikking van die wese - want hierdie wil was - omdat hy vry was, teen My gerig, sodat Ek gevolglik My heilsplan op hierdie wil kon opbou. Dat `n wese so totaal kon verander wat volmaak geskape was, dat hy `n haat teen My kon opbou wat onmeetlik diep was, dit is nie aan My, wat die LIEFDE Self is, toe te skryf nie. Ek het ook nie die wese aan My Liefde onttrek nie, omdat haat `n nie-goddelike eienskap is, wat nooit `n plek in My kan vind nie, wat as gevolg van die vrye wil, homself eindeloos ver van My kon verwyder - ook tot die diepste haat kon omslaan. Dit beteken dus nie dat die haat in My aanwesig is nie, dat Ek alles, sowel die goeie as die bose in My het nie. Alles wat in My is, bevind homself in die goddelike orde, slegs hy wat homself van My verwyder het, bevind homself ook buite die ewige orde.
U, mense moet begryp dat dit onwaar is om te dink om in My ook maar die geringste verkeerde ordening te kan ontdek, want dan is Ek nie volmaak nie, wat nou eenmaal slegs die goeie in die hoogste volmaaktheid kan wees. Dat met My oneindige Liefde ook die geregtigheid saamgaan, is wel die aanleiding tot allerlei nood en lyding wat u mense aanbetref, wat Ek egter baie graag ver van u verwyderd sou wil hou, wanneer u dit sal toelaat deur die korrekte rig van u wil.
En so ook het die verwydering van My eersgeskape wese mateloos toegeneem en moet sodoende die afstand van My af aan homself toeskryf, wat Ek terwille van die geregtigheid nie na goeddunke kan verminder nie, maar hy sal vir My en My heilsplan die teenpool bly totdat sy uiteindelike verlossing ook kan plaasvind. Daarom het Ek u die skeppingsdaad so verklaar, sodat u nie in `n verkeerde gedagtegang beland nie, wat u sal laat twyfel aan My hoogs volmaakte Wese, wat alles buite Hom geplaas het in die diepste Liefde. En waar liefde is, kan `n slegte gedagte nooit `n wese voorbestem om te val nie, `n gedagte wat nooit van My kon uitgegaan het nie, omdat Ek hoogs volmaak is.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205