Boek 36 - Die Hemelliggame
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

KOSMIESE STROMINGE
B.D.5321 - 21 Februarie 1952
Die gees in u moet werksaam word, as u duidelikheid wil hê in alle dinge, as u korrek wil dink en verkeer in die goddelike waarheid. Die korrekte begrip kan nie vir u mense gegee word nie, veeleer sal u eers die voorwaardes moet vervul wat u `n volledige begrip waarborg en hierdie voorwaarde is nou eenmaal dat u die gees in u moet laat ontwaak, omdat hy u onderrig, u denke korrek lei en u die begrip gee vir hoëre wysheid, wat u as mens sonder hulp, slegs met u verstandelike denke, nie sal kan begryp nie.
Dit is heeltemal futiel om in die goddelike skeppingsgeheime te wil deurdring, sonder die hulp van die gees, wat as deeltjie van God, alles weet en u mense ook die kennis kan meedeel. Sonder die werksaamheid van die gees sal u dus nooit insig verkry in die goddelike skeppings- en heilsplan nie, of, as die kennis daaroor van buite af vir u gebring word, dit nie kan begryp nie. Wat u egter daaroor deur die Gees uit God verskaf word, is die volle waarheid en sal u insig vergroot, want dit het van God uitgegaan, dit is `n regstreekse oorbring van die waarheid wat sy oorsprong in God het.
Die hele skepping, aards en geestelik, is die tot vorm geworde Wil van God, in Sy liefde gegrondves en deur Sy Wysheid bepaal deur die doel daarvan. Dus is elke skeppingswerk in sy ontstaan en sy doelmatigheid vol wysheid oordink en in die hele skepping ingepas, soos wat God dit van ewigheid af, as in hoë mate heilsaam, ingesien het vir die geestelike wat homself positief moes ontwikkel. Elke skeppingswerk is die vervollediging van `n ander en die hele geestelike en aardse skepping is `n onbegryplike - geestelike saamgestelde geheel, wat wag op sy ontbinding. Die mens is slegs in staat om die kleinste stukkie (daarvan) in sy (menslike) gees op te neem en dus moet hy homself ook tevrede stel met verklarings wat slegs `n swak denkbeeld aan hom gee, wat slegs in growwe trekke die sin en doel daarvan begryplik maak, wat uit God se skeppende hand voortgekom het, wat die diepste geheime deur die mens ook nie kan deurgrond, solank hy nog in (sy) aardse materiële omhulsel op aarde is nie, omdat sy geestelike horison begrens is, omdat hy elke voorstellingsvermoë mis om, skeppings wat buite die aarde bestaan, te kan begryp.
Maar vir sy liggaamlike oë is tallose sterre sigbaar wat dus ook as skeppings van God in die oneindige heelal rondtrek en op oneindige afstand van die mens hulleself beweeg in bane wat wetmatig vasgelê is. Hierdie sterre is wel deur hom te sien, maar nie met sy verstand te ondersoek nie. Dit is wêrelde waar, of `n soort vooropleiding, of die verdere ontwikkeling van menslike siele plaasvind, omdat daar ontelbare sfere is wat die siele, wat tallose verskillende grade van rypheid besit, tot verblyfplek dien. Beskou alle sterre wat deur u oë te sien is, as verblyfplekke vir verdere ontwikkeling van die geestelike, dan is die sin en doel van die sterre al op sy duidelikste vir u verklaar.
Die hele skepping, dus alle hemelliggame van aardse materiële of geestelike aard, word deur `n Wil gelei, en alle skeppingswerke is onderworpe aan die wet van die ewige ordening, waarvan die grondlegger die goddelike Skepper Self is. Buite die wet kan daar in die totale heelal niks gebeur nie, alles moet homself wetmatig voltrek, aangesien God Self die skepping andersins aan die verval sou prysgee, sodra Hy teen Sy wet in sou handel.
Dié insig moet die mens eers besit om dan te kan begryp dat daar self nòg willekeurige gebeurtenisse op aarde, nòg willekeurige gebeurtenisse in die kosmos hom kan voordoen, omdat elke gebeurtenis al in die ewige basiswet ingereken is en homself so openbaar soos wat God dit sedert ewigheid as sinvol vir die geestelike ontwikkeling ingesien het. In tye van op die spits gedrewe verstandelike ondersoeke meen mens wel om `n sekere reël te kan ontdek en ontdek te hê, en nou vir `n kennis te kan instaan wat ook geld vir komende gebeurtenisse. Wel kan mens `n sekere wetmatigheid herken het en homself nou aan hierdie wet onderwerp, maar dan pas die mens homself by die wet aan, maar nie, dat hy meen om die wet te kan beheers nie, deurdat hy wil bereken wat vir hom, volgens die natuurwet, verborge moet bly deurdat hy die lot, die lewensloop van `n mens, in verband bring met hemelliggame, wat rondsirkel volgens `n goddelike wet, en die loop daarvan.
U mense sal uself afvra of dit wel goed sou wees, dat u in u lewensloop, alle gebeurtenisse en besonderhede vooruit sou kan weet - en u sal u nie in die minste afvra hoe u vrye wil dan wel te verdedig sou wees nie, u sal uself afvra of u dan wel van `n lewenstaak sou kan spreek, van `n positiewe geestelike ontwikkeling in vrye wil. Dit alles sou wegval wanneer dit vir u moontlik sou gewees het om aan die loop van die sterre berekeninge op te hang, wat u lewenswandel sou moet bepaal.
Daar is wel goddelike wette, waarvolgens die lewensloop, die lot van die mens, homself ontwikkel, maar nimmer kan die mense insig verkry in hierdie wet nie, nooit is kennis daaroor vir hulle toeganklik nie, omdat God die toekoms vir die mens andersins nie verborge hou nie, juis ook as `n wet wat in Sy Wysheid en liefde gegrondves is. Maar in die hele skepping bestaan daar tussen die afsonderlike skeppingswerke `n onloënbare samehang en ook elke hemelliggaam straal bepaalde kragte uit wat deur ander hemelliggame opgevang word, wat nie sonder invloed bly nie. Dit is kosmiese strominge, juis as gevolg van goddelike wette, veroorsaak deur die natuur. Hierdie strominge werk so nou en dan ook op die mens in, om hom min of meer aan te spoor, maar soms ook verlammend, om welke rede `n suiwer natuurlike invloed van die hemelliggame op die mens nie verloën kan word nie, wat die geestelike ontwikkeling egter op geen enkele manier beïnvloed nie, maar slegs liggaamlik ervaar kan word.
En hierdie kosmiese strominge kan ook 'n opbouende of verwoestende uitwerking hê, maar natuurkatastrofes kan nie met volstrekte sekerheid volgens vaste periodes bereken word nie, aangesien ook sulke voorspellinge, (wat die periodieke terugkeer van die katastrofe vasstel) andersins die grootste verwarring sou aanrig onder die mense en daarom `n hindernis beteken vir die geestelike ontwikkeling in vrye wil. Ook kan die mens so nou en dan aan kosmiese invloede blootgestel word, maar nimmer word hulle daardeur tot `n beslissing gedwing wat bepalend is vir die geestelike ontwikkeling nie.
Maar die verlange om dit wat verborge is, te onthul, kan nie deur die mens bevredig word nie, want wat God verborge hou, sal die mens nie kan blootlê nie, tensy God dit vir hulle laat weet om hulle te help om opwaarts te gaan - as Hy Self toekomstige dinge bekendmaak om die mense teen die gevaar van `n val in die diepte te behoed.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205