Boek 41 - God spreek ook nog vandag
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14.

IS DIE BYBEL AFGESLUIT?
B.D. 8054 - 3 Desember 1961
Hoe verkeerd is dit van u om aan te neem dat met die skrif, (die boek van die vaders/die Bybel) My woord afgesluit is. Dat Ek self `n grens gestel het in so verre, dat Ek My Self nie meer sal openbaar en tot die mense sal spreek nie.
Wie gee u die reg tot so `n veronderstelling? Wie kan My teëhou wanneer Ek as Vader steeds weer tot My kinders spreek? - Wie gee u die reg om die bewering aan te voer dat die Bybel alleen voldoende is, en dat u mense verder geen woord meer nodig het nie?
U, wat elke nuwe openbaring afwys, bevind uself nog in `n diepe geestelike duisternis, en in hierdie donkerheid van gees sal u ook nie die Bybel verstaan nie en sy is dus ook nog `n geslote boek vir u. Want u verstaan die geestelike sin van die letters nie, anders sou u in die boek ook My aanwysinge na My voortdurende openbaringe gevind het, en dan sou die "werke van My gees" ook vir u begryplik wees. Maar solank u nog `n onontwaakte gees het, sal u ook nie die betekenis begryp van hierdie woord wat Ek Self tot My dissipels gespreek het toe Ek op die aarde was.
Hoe arm sou u mense nie wees as u uself sou moes tevrede stel met `n boek, waarvan u self nie meer kan bewys dat die inhoud onveranderd is nie. As u nie steeds weer die reine "waarheid van bo" gegee sou word nie; welke maatstaf kan u dan aanlê of u wandel in die waarheid?
U, wat alleen die boek van die vaders laat geld, u is self nog nie deurdronge in die woord nie. U wat dit slegs met u verstand lees, maar nie die "gees in u" laat spreek, wat u onderrig en oor die betekenis van die woord opheldering gee nie. U hang nog steeds aan die 'dooie letter' en verstaan nie die geestelike betekenis nie.
En as Ek u self in die waarheid wil lei, dan verloën u My werke en verdink My dienaars van omgang met My teenstander. U ontken dat Ek die wil en die mag het om tot hulle te spreek wat hulleself in volle geloof hulle dienste vir My aanbied, en daarom ook bekwaam is om My stem in hulleself te verneem. U hou koppig vas aan u mening dat My woord met die skrif afgesluit is, wat u as die enigste boek aanvaar waardeur Ek My geopenbaar het. En dit is tot u skade, want u bewys deur die afwysing van My woord uit die Hoë, dat u maar "dooie Christene" is.
Want `n lewende Christendom is een wat besig is in die liefde, en dit sou ook die verligting van die gees by u bewerkstellig het. En u sou dan ook die woorde in die Bybel verstaan, netsoos die belofte wat Ek Self u gegee het, naamlik dat Ek My self sal openbaar aan hulle wat My gebooie onderhou. (Johannes 14.21)
Hoe wil u dan My belofte verklaar as u elke nuwe openbaring verloën? - Wil u My self teëspreek dat Ek My "Trooster" vir u beloof het, wat u sal lei in alle waarheid. Hoe verstaan u dan hierdie woorde wat ook moet uitkom, omdat elke belofte wat Ek die mense gegee het toe Ek op aarde was, vervul sal word.
En waarom wil u nie glo nie? - Omdat u geestelik arrogant is en dit u ontbreek aan innerlike lewendigheid en `n ontwaakte gees. En daarom dink u om My werke te kan bepaal en te kan begrens net soos dit u pas.
Maar u vergis uself. En as u dink dat u die bevoegdheid tot die afwysing van My woord uit studie uit die Hoogte verkry het, dan is u gees aanmatigend en kan in geen geval `n openbaring van My ontvang nie. Want slegs aan die ootmoedige skenk Ek My barmhartigheid, en hierdie nederigheid ontbreek by u. En juis daarom leef u nog in geestelike duisternis en sal dit ook nie oopbreek nie, want u ontwyk die "lig" wat u insig kon skenk as u `n verlange sou hê om in sy skynsel te tree.
Nooit sal My liefde tot die geskapene ophou nie, en daarom sal Ek ook nooit versuim om u mense aan te spreek wanneer slegs die voorwaardes daarvoor aanwesig is nie. Steeds sal My woord weerklink vir hulle wat van goeie wil is en tot wie Ek as `n "Vader tot Sy kinders" kan spreek, omdat hulle lewendig in My glo. Aan hulle sal Ek My ook te kenne gee en hulle sal ook My stem herken. Want by hulle kan Ek teenwoordig wees en My self aan hulle openbaar, net soos wat Ek dit steeds weer beloof het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205